Geert Hofstede

Geert Hofstede (3 Oktober 1928 te Haarlem, Nederland) is ’n invloedryke Nederlandse navorser in die studieareas van organisatoriese studies en meer konkreet organisasiekultuur asook kulturele ekonomie en bestuur.

Hy is welbekend in sy navorsing van kruis-kulturele groepe en organisasies en het ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van ’n sistematiese raamwerk vir die assessering en differensiëring van nasionale kulture en organisasiekulture. Sy studies het aangetoon dat daar nasionale en streekskultuurgroepe is wat die gedrag van gemeenskappe en organisasies beïnvloed. Sy belangrikste werk was die ontwikkeling van die teorie van kulturele dimensies. Hy is bekend vir sy boeke Die gevolge van kultuur en Kulture en organisasies: sagteware van die brein, wat hy saam met sy seun, Gert Jan Hofstede geskryf het.

Geert Hofstede
Geboortenaam Gerard Hendrik Hofstede
Gebore 3 Oktober 1928 (1928-10-03) (95 jaar oud)
Haarlem, Nederland
Burgerskap Nederlands
Nasionaliteit Nederlands
Vakgebied Kommunikasie
Instelling(s) Universiteit van Maastricht
Tilburg-universiteit
Alma mater Delft Tegniese Universiteit
Bekend vir Organisasiekultuur, Kulturele ekonomieen bestuur
Toekennings Orde van die Nederlandse Leeu

Met sy aftrede in 1993 het Hofstede baie universiteite regoor die wêreld besoek om studente op te lei in sy teoretiese benaderings en om sy navorsing in hierdie studiearea voort te sit. Hy is tans emeritus professor in organisatoriese antropologie en internasionale bestuur aan die Universiteit van Maastricht in Nederland en dien ook as buitemuurse genoot aan die Sentrum vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit van Tilburg in Tilburg, Nederland.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

HaarlemNederland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KleinkolmuskeljaatkatKinkhoesBela-BelaBreinAntoniemCorlia FourieMarita NapierNederlandsNG gemeente MoreletaparkPikkewynWes-AfrikaKarretjiemenseGroenlandsOorkruipersPous Pius XSpysverteringstelselWaldemar SchultzRJ-telefoonpropAstanaWiki CommonsKrieketwêreldbeker 1983RolprentHeilige SaterdagMusieksimboleAbrahamitiese geloweLetterlike en figuurlike taalgebruikAarverkalkingWikiSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Thabo MbekiBynierWladimir PoetinKoekie (rekenaarwetenskap)AtheneJacques LootsPampoentjiesEuropese UnieKunsmusiekProstaatklierPotchefstroomWelkomKolonoskopiePenisverlengingAnale kankerOnderhandelinge om apartheid te beëindigNabye OosteVratAdolf HitlerAnilingusArbitrasiePornografieBratislavaErektiele disfunksieDuitse nasionale rugbyspanArmenië1991Klem-in-die-kaakWortelLourierblaarLitaueSeekoeiAntieke RomeJapanGeboortePort SaidKalenderKragonderbreking van 2003 in Noordoos-AmerikaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989SpanjeBobby AngelKameeldoringFrankryk🡆 More