Egiptiese Gebou

Die Egiptiese Gebou (Eng.

Egyptian Building) is die tuiste van die Universiteit van Kaapstad se Michaelis-kunsskool op die instelling se kampus in Oranjestraat, Kaapstad.

Egiptiese Gebou
Die Egiptiese Gebou in Oranjestraat, Kaapstad, ingewy in 1841.
Egiptiese Gebou
Die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede het die gebou in 1978 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
Egiptiese Gebou
Die gebou se voorhof.
Egiptiese Gebou
Louis Thibault en Anton Anreith was verantwoordelik vir die Leeuepoorte, dié een met wyfies wat toegang bied tot die Hiddinghkampus en die een oorkant die Goewermentslaan met mannetjies.

Ná sy stigting op 1 Oktober 1829 is die Zuid-Afrikaansch Athenæum (ook genoem Zuid-Afrikaansche College), die voorloper van sowel die UK as die hoër- en laerskole SACS, in beknopte omstandighede in die weeshuis aan die bopunt van Langstraat gehuisves. Hierdie onbevredigende situasie het tot laat in die 1830's voortgeduur toe goewerneur sir Benjamin D'Urban ’n perseel waar vroeër ’n dieretuin aan die bopunt van Goewermentslaan in die Kompanjiestuin gestaan het, aan die kollege toestaan vir die oprigting van 'n nuwe gebou. Die toegang na dié perseel vanuit Goewermentslaan was deur die Leeuepoort, opgerig deur Louis Thibault en Anton Anreith.

Die kollege se Engelsprofessor, James Adamson, het ’n rowwe skets gemaak vir die nuwe gebou in die destyds gewilde Neo-Egiptiese of Egiptiese herlewingstyl. Kol. G.G. Lewis van die Koninklike Ingenieurs het op dié tema voortborduur en die plan vergroot nadat hy pas die ou militêre hospitaal voltooi het. Toe bouwerk aan die kollege se nuwe gebou begin, was die perseel nog omring van die verlate hokke waarin eens wilde diere vir Kapenaars se vermaak aangehou is. Dit is blykbaar wel afgebreek teen die tyd dat prof. Adamson die kollege op 13 April 1841 ingewy het. Dit het £3 000 gekos. Die nuwe skoolgebou was ’n reuseverbetering op die beknopte omstandighede in Langstraat.

Bronne

  • (nl) Dreyer, eerw. Andries. 1910. Historisch Album van de Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Kaapstad: Cape Times Beperkt.
  • (af) Hopkins, dr. H.C. 1965. Die Moeder van ons Almal. Geskiedenis van die Gemeente Kaapstad, 1665–1965. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-Uitgewers en -Boekhandel.
  • (en) Picton-Seymour, Désirée. 1989. Historical buildings in South Africa. Cape Town: Struikhof Publishers.
  • (en) Whiteford, R. in Peacock, M.A. 1972. Some famous South African Schools. Volume One. English-medium boys' high schools. Cape Town: Longman Southern Africa.

18°24′50″O / 33.93028°S 18.41389°O / -33.93028; 18.41389

Tags:

Universiteit van Kaapstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rusty SchwimmerLewerKolorektale kankerNiersteenGewone breukeHentaiLetterkundeLys van Afrikaanse rolprenteAarverkalkingSuid-AfrikaHenry CavendishTuisbladChirurgieNoorweëSuid-Afrikaanse WeermagMielieWurmSokkerSuid-Afrikaanse randJohn PankowAKatastrofiese beseringBritse algemene verkiesing van 2010NierversakingEkonomiese sektorKenny EverettOu TestamentMaselsVoorsetselTaalEerste WêreldoorlogDikdermKwaggaKommunikasieInternasionale Fonetiese AlfabetNepotismeSamestellende afleidingEdelsteenBesproeiingGqeberhaWerkwoordArgentiniëGeelslangWoordsoortGezina, PretoriaMiltTropiese sikloonAfrikaanse gesegdes uit die MiddeleeueWamelSamestellingAnemieRobbeneilandGeweldJaco JacobsDoopWalvisEpilepsieDobbelHendrik WitbooiBloemhofdamBambi WoodsKameeldoringLys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaarsYstervarkHartMicrosoftMiddelburg-broodboomSwedeAlkoholDonkieOrale seksVangueriopsis longifloraFormule EenHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalCatherine DeneuveOekraïne🡆 More