Weichai Group

Weichai Holding Group Co., Ltd.

Die onderneming het belange in ses verskillende sektore - enjins en voertuie, boumasjinerie, aandryflyne, luukse motorjagte, intelligente logistiek en finansiële en onderhouddienste.

Weichai Holding Group Co., Ltd.
Weichai Group
Tipe Onderneming in staatsbesit
Gestig 1946 in Weihai
Hoofkantoor Provinsie Shandong, Volksrepubliek China
SleutelpersoneTan Xuguang (voorsitter)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMotorbedryf, skeepsbou, intelligente logistiek
ProdukteDieselenjins
Aandryflyne
Oorbringwerk
Asse
Motorkomponente en -onderdele
Kragopwekking
Voertuie
Motorjagte
Hidrouliese produkte
Inkomste$12,88 miljard (2014)
Netto inkomste$812 miljoen (2014)
Werknemers80 000+ (2019)
MoedermaatskappyShandong Heavy Industry
Webwerfweichai.com
Weichai Group
'n Vragmotor in Kamsar, Guinee, gebou deur Shaanxi Heavy-duty Motor Co. Ltd (of te wel SHACMAN), 'n filiaal van Weichai-groep

Vanuit sy hoofkwartier in Weifang in die provinsie Shandong bestuur Weichai Group meer as 80 dogtermaatskappye in China en in oorsese lande. Die groep vervaardig produkte en verskaf dienste asook tegnologieë vir kommersiële voertuie, boumasjinerie, mariene kragopwekking, landboumasjinerie en landgebonde kragopwekking. Deur middel van dogterondernemings is die groep se portefeulje verder uitgebrei om vervoertourusting, busse, luukse motorjagte en hidrouliese produkte in te sluit. Daarnaas word ook finansiële en onderhouddienste aan klante verskaf.

Weichai Group se afsetmarkte in sowat 110 lande word deur meer as 35 kantore en 245 geoutoriseerde diensstasies bedien.

Waterstofaangedrewe voertuie

Die Chinese regering het besluit om grootskaals in die ontwikkeling en vervaardiging van waterstofaangedrewe voertuie en die uitbou van die bestaande netwerk van waterstof-vulstasies te belê. In 2018 is beleggings ter waarde van €10,9 miljard gemaak. Die doelwit is om die wêreldmarkleier in hierdie sektor word - 'n posisie wat China reeds in die batterysegment behaal het. Chinese ondernemings, wat tot nuwe sektore toetree, trek voordeel uit staatssubsidies sodat hulle van begin af 'n wins in dié bedrywe kan maak.

Kommersiële voertuie soos busse en vragwaens, wat tot dusver hoofsaaklik deur dieselenjins aangedryf word, sal in plaas daarvan ook maklik van brandstofselle voorsien kan word. So het Weichai Power in 2018 19,9 persent van die aandele aan Ballard Power Systems, 'n Kanadese vervaardiger van brandstofselle, en 20 persent van die aandele aan die Britse onderneming Ceres Power, wat eweneens in die brandstofselbedryf werksaam is, oorgeneem. Hierdie beleggings sal die stigting van gemeenskaplike ondernemings, wat groter winsgewendheid en verminderde afhanklikheid van staatssubsidies verseker, maar ook die oordrag van tegnologie na China bevorder.

Die eerste gemeenskaplike onderneming met Ballard Power sal tot 2021 jaarliks sowat 2 000 brandstofselle vervaardig waarmee aanvanklik veral busse aangedryf word.

Verwysings

Tags:

ChineesDieselenjinJag (plesierboot)Volksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrtopedieDoziProstaatkankerKindersiektesFiela se kindAngolese BurgeroorlogBesnydenisNatriumtiosulfaatOlimpiese SpeleDroogteNederlandsLys van Afrikaanse televisiereekseLys van Suid-Afrikaanse skrywersFinale OplossingOopbroninhoudLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)BateNarsismeRuimteSamestellende afleidingAfrikaanse woordelys en spelreëlsSinoniemKrimpvarkieToekoms van die AardePuberteitRivierLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaLionel MessiWaterpokkiesSomerFranse RewolusieTaalLewerVaalrivierKankerUitwerking van klimaatsveranderingBesoedelingKlimaatsverandering in AfrikaPolitieke partyErosietipesWet op NaturellengrondAdolf HitlerHematurieRenaissanceKlimaatsverandering in Suid-AfrikaRob HersovGrondwet van Suid-AfrikaVergelykings (taalkunde)20ste eeuPenisSonkragPlastiekAfrikaansWiki CommonsMantisWet op Bantoe-onderwysHerpes simplexOrgasmeNG gemeente TheunissenAngina pectorisEkologieNoord-KaapLaeveldSwangerskapIrma SternDeelteken en umlautKlein-KarooToringKweekhuiseffekOntwikkelende landDonderstormPretoriaSwitserlandSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeSwartbewussynsbewegingGalblaas🡆 More