'n Middeljare krisis is 'n emosionele toestand wat gekenmerk word deur twyfel en angs waar 'n mens ongemaklik voel oor die gewaarwording dat sy lewe al halfpad verby is.
Dit word tipies gekenmerk deur 'n nabetragting deur die individu oor wat hy gedoen en bereik het tot en met daardie tydstip in sy lewe. Daar word gewoonlik deur die individu betrokke gevoel dat hy nie genoeg bereik het nie. Die individu ondervind dikwels verveeldheid met sy lewe, werk en lewensmaat en mag selfs 'n sterk begeerte ontwikkel om veranderinge in een of elkeen van hierdie aspekte van sy lewe te maak. Die toestand word ook die begin van individualisering genoem, 'n proses van self-aktualisering wat gewoonlik voortduur tot en met die dood. Die toestand kom meestal voor in mense in hulle 30s tot 40s en is geneig om meer intens by mans as vrouens voor te kom.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Middeljarekrisis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.