Glansende Erdslangetjie

Die glansende erdslangetjie (Leptotyphlops scutifrons) is die algemeenste van die nege spesies erdslangetjies wat in Suider-Afrika voorkom.

Glansende erdslangetjie
Glansende Erdslangetjie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Leptotyphlopidae
Genus:
Leptotyphlops
Spesie:
L. scutifrons
Binomiale naam
Leptotyphlops scutifrons
Sinonieme
Leptotyphlops scutifrons scutifrons

'n Glansende erdslangetjie is 'n baie klein, baie dun slangetjie met 'n grys-swart kleur; daar word ook soms na die slangetjie as die "draadslang" verwys. Net soos die erdslange, het die glansende erdslangetjie onderontwikkelde oë, wat as swart vlekkies op sy stomp kop vertoon. Die slang het 'n glansende, silindriese lyf (vandaar die naam), wat met klein, gladde, oorvleulende skubbe aan die rug- en onderkant bedek is. Dit het 'n lang stert met 'n stekelpunt. Glansende erdslangetjies se lengte wissel van 18 tot 24 cm.

Die glansende erdslangetjie word in die noordelike dele van Suider-Afrika aangetref, behalwe in die Namibwoestyn. Dit is 'n grawende slang, maar kan ook waargeneem word in termietneste of onder blaarafval en tussen verrottende plantmateriaal (insluitende verrotte boomstamme), waar dit klein insekte jag.

Die slang se dieet bestaan hoofsaaklik uit mier- en termietlarwes, maar dit vreet ook ander klein insekte. Die wyfie lê telkens 3 tot 7 klein, langwerpige eiers.

Sien ook

Bronnelys

  • Slange (1986), deur Rod Patterson. Eerste uitgawe. Struik uitgewers: Kaapstad. ISBN 0-86977-288-0
  • Die Natuurlewe van Suider-Afrika (2000), deur Vincent Carruthers. Struik uitgewers. ISBN 1-86872-452-2

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RooibloedselWêreld- Ekonomiese ForumSpreeuSeptimius AwardsPeriodieke tabelMondHoofkarakterSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeDistrik SesVerkragtingEllipstekenElon MuskOnderwysNeo-NazismeEkostelselNederduitse Gereformeerde KerkMag (sosiale wetenskappe)MenseregteSkoolLeeuOrgasmeVratKinderregteVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameDuitslandVrouHomofoonBraaiBeesvleisConsolidated B-24 LiberatorLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVerkleurmannetjieJavaScriptBreedtegraadLieweheersbesieRekenaarPubliekNatuurbewaringIntensiewe vormSinoniemByvoeglike naamwoordKaapstadInsekPseudowetenskapKlimaatveranderingOorstromingAbstraksie (rekenaarwetenskap)AfrikanernasionalismeCarles PuigdemontHerfsNasiebouFotosinteseLys van nedersettings in Suid-AfrikaArmoedeBeeldspraakWoestynMierVerantwoordelikheidPretoriaYsterCheslin KolbeKleurGalileo GalileiMantisDwelmmiddelOnderhandelinge om apartheid te beëindigSout (chemiese stof)Herpes simplexAprilEkologieKommunikasiePlastiek🡆 More