Candi Sukuh

Die Candi Sukuh of Sukuh-tempel is 'n Hindoe-tempel wat in 1437 op die westelike helling van die Lawu, 'n ou vulkaan op 900 m bo seevlak op Java gebou is.

Dit is oostelik van Surakarta in Middel-Java naby die grens met Oos-Java geleë. (Tambak, Berjo, regentskap Karaganyat)

Die tempel is bekend vir sy erotiese afbeeldings. Dit bestaan uit verskeie dele.

Die piramide

Candi Sukuh 

Dit vorm die sokkel van die Yoni. Toe dit gebou is, is die Yoni beheers deur die 1,82 meter hoë Koninklike Linga wat in 1440 ingewy is en nou in die nasionale museum van Jakarta is. Dit is 'n magtige tantriese simbool in die vorm van 'n fallus wat die hart van die ryk verteenwoordig. Dit het 'n belangrike rol in die later geskiedenis van die Majapahit-ryk gespeel wat sy hoofstad verder oostelik naby Surabaya gehad het, omdat dit 'n opponeerende magsentrum verteenwoordig.

Die Bhimaswarga heiligdom

Candi Sukuh 

Sy reliëfs stel Bhima se soektog na Tritha Amrta, die water van onsterflikheid en menslike vrugbaarheid voor en hoe hy dit van Shiva ontvang het. Hierdie heiligdom pas eintlik nie in die oorspronklike ontwerp van die tempel nie en is later bygebou. Die basis van die heiligdom het die vorm van 'n yoni en bevat 'n standbeeld van Bhima wat in 1443 ingewy is. Die ooskant vertoon die inisiasieritueel van die Bhima-Palang-kultus. In hierdie ritueel word klein balletjies in die voorhuid van die penis ingebring. Die kandidate staan in 'n ry met hulle penisse ontbloot en wag op die operasie.

Die Dewaruci-altaar

Die reliëfs vertoon die verhale van die Nawaruci, Adiparva en Sudamal-tekste. 'n Heilige poel is in 1475 bygevoeg wat die Tritha Amrta verteenwoordig

Die drie skilpaaie

Hulle is verbind met rituele wat die siele reinig.

Die Tantriese Portret-altaar

Gebou is 1463–? Dit bevat 'n platform met 'n fallussimbool en 'n tantriese portret wat waarskynlik Bhre Daha voorstel. Hy het geprobeer om Majapahit se troon oor te neem en is in 1464 dood. In 1486 is hier 'n shraddha vir hom gehou.

Die smedery-altaar

Dit vertoon 'n smid en 'n helper, wat wapens vir Bhre Daha se oorlog teen Majapahit vervaardig

Die Garuda-galery

Die Westelike Poort

Standbeelde van diere

Die Asjram met waterleidings

Hier is meditasie en joga beoefen. Die rituele het dalk ook seks behels, maar daar is geen aanwysings dat daar tempelprostitusie was soos in die Jagannath-tempel in Puri, Indië nie.

Verwysings

110°59′50″O / 7.6518741°S 110.9972416°O / -7.6518741; 110.9972416

Tags:

Candi Sukuh Die piramideCandi Sukuh Die Bhimaswarga heiligdomCandi Sukuh Die Dewaruci-altaarCandi Sukuh Die drie skilpaaieCandi Sukuh Die Tantriese Portret-altaarCandi Sukuh Die smedery-altaarCandi Sukuh Die Garuda-galeryCandi Sukuh Die Westelike PoortCandi Sukuh Standbeelde van diereCandi Sukuh Die Asjram met waterleidingsCandi Sukuh VerwysingsCandi SukuhRegentskap (Indonesië)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

2001Onderhandelinge om apartheid te beëindigPampoentjiesKoos BekkerWolkKrokodil3D-rolprentAborsie in Suid-AfrikaStollingsgesteenteEmfiseemRooilipslangJan-Willem BreureKrugerwildtuinRooikatCorioliskragMonopolyBladwisselendRefleksieInligtingUitwerking van klimaatsveranderingVoedselkettingRobert SobukweLys van Afrika-landeWêreld- Ekonomiese ForumRivierHeelgetalBesnydenisSeksismeAardbewingArabies-Israeliese konflikVoëlPlaattektoniekGroot-VisrivierMadison IvyNiersteenGeslagsgelykheidTrigeminale neuralgieGewone breukeGautengHokkieGlasNavorsingReg tot ‘n gesonde omgewingNasionale VrouedagNatriumsulfietWortelPlastiekDonderstormGroot TrekNatuurbewaringJudaïsmeDierWaterbesoedelingKoolhidraatWiki CommonsMiddeloorontstekingTrekarbeidPretoriaKunstenaarFiela se kindChristiaan Frederik BeyersTarentaleLys van hoofstedeViëtnamoorlogJoodse kalenderNiemetaalYsterKommunikasieKondensasieDialoog in fiksieMaanFotosinteseStilleweHemelvaartSiekteTropiese sikloon🡆 More