Die Aichi D3A is 'n eenmotorige duikbomwerper wat deur die Japannese Keiserlike Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Die Japannese Vloot het 'n samewerkingsooreenkoms met die Duitse vliegtuigvervaardiger Heinkel gehad, en die invloed van die ooreenkoms is duidelik te sien in die ontwerp van die vliegtuig.
Aichi D3A | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Aichi Kokuki KK |
Nooiensvlug | Januarie 1938 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Japannese Keiserlike Vloot |
Aantal gebou | 1 495 |
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Mitsubishi Kinsei 44 stermotor |
Kraglewering per motor | 1 075 perdekrag |
Vlerkspan | 14,365 m |
Lengte | 10,195 m |
Hoogte | 3,35 m |
Normale opstygmassa | 3 650 kg |
Maksimumsnelheid | 389 km/h op 2 320 m |
Operasionele hoogte | 9 500 m |
Togafstand | 1 820 km |
Bewapening | Een 7.7 mm masjiengeweer in elke vlerk, een 7.7 mm masjiengeweer agter in kajuit. |
Bomvrag | Een 250 kg bom onder die vliegtuig, een 60 kg bom onder elke vlerk. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Aichi D3A, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.