Die Nasionale Kuršių Nerija-park (Litaus: Kuršių Nerijos Nacionalinis Parkas, KNNP) is 'n nasionale park in Litaue wat sedert 1961 as natuurbewaringsgebied bestaan het en in 1991, ná die onafhanklikwording van Litaue, tot nasionale park verklaar is.
Die parkbestuur is buite die nasionale park in die hawestad Klaipėda.
Nasionale Kuršių Nerija-park Kuršių Nerijos Nacionalinis Parkas (lt) | |
---|---|
Land | Litaue |
Provinsie | Klaipėda |
Naaste dorp | Neringa |
Koördinate: 55°28′52″N 21°05′49″O / 55.48111°N 21.09694°O 21°05′49″O / 55.48111°N 21.09694°O | |
Oppervlak | 264 km² |
Openingsjaar | 1991 |
Webblad | Nasionale Kuršių Nerija-park |
Die nasionale park beslaan die Litause gedeelte van die Koerse Skoorwal (36,9 persent van die park se totale oppervlakte van 26 474 hektaar). Daarnaas is die aangrensende Oossee-gebied (47,2 persent) en dele van die Koerse Haf (15,9 persent) by die park ingesluit.
Die Koerse Skoorwal word buitendien sedert die jaar 2000 as UNESCO-wêrelderfenisgebied beskerm. Saam met die Koerse Haf en die Nemunas-rivierdelta - 'n natuurbewaringsgebied volgens die Ramsar-konvensie - vorm die Nasionale Kuršių Nerija-park die grootste Litause Natura 2000-gebied.
Wiki Commons bevat media in verband met Curonian Spit National Park. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Nasionale Kuršių Nerija-park, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.