'n Skets van die menslike liggaam, deur Leonardo da Vinci.

Afrikaans (af)

EnkelvoudMeervoud
  liggaam    liggame    
Verkleiningsvorm
EnkelvoudMeervoud
  liggaampie    liggaampies  

Woordafbreking

lig•gaam

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (anatomie) Die fisiese struktuur van 'n mens of dier, wat die bene, vleis en organe insluit.
  2. 'n Instansie (soos 'n vereniging, organisasie of genootskap).
  3. 'n Hoeveelheid materie met 'n bepaalde vorm.

    Voorbeeldsinne

  1. Die hart pomp bloed deur die longe om die liggaam van suurstof te voorsien.
  2. Die Erfenishulpbronagentskap is 'n statutêre liggaam wat onder die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne gestig is.
  3. Swaartekrag is die oorsaak van die afwaartse krag wat alle liggame op aarde ondervind.

    Spreekwoorde

Hy hou siel en liggaam bymekaar (net genoeg om van te lewe).

    Meronieme

hoof, arm, hand, been, voet, skouer, pens, bors, rug

    Vertalings

  Vertalings:    liggaam
Engels: body(en)
Nederlands: lichaam(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor liggaam.