verkleinwoord

'n Groot hond en 'n klein hondjie.

Afrikaans (af)

EnkelvoudMeervoud
  verkleinwoord    verkleinwoorde    
Verkleiningsvorm
EnkelvoudMeervoud
  verkleinwoordjie    verkleinwoordjies  

Uitspraak

IPA: [fərˈkləɪ̯nvuə̯rt], meervoud: [fərˈkləɪ̯nvuə̯rdə]

Met Arabiese letters

فِرْكْلَیْنْڤُوَرْدْ , meervoud: فِرْكْلَیْنْڤُوَرْدِی

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. Woord wat aandui dat iets kleiner in omvang, of minder in graad as 'n sekere standaard of norm is.
  2. Woord in die verkleineringsvorm waarmee iets kleins, iets liefs, aangenaams, neerhalends, gemeensaams, ens. uitgedruk word.

    Voorbeeldsinne

  1. In Afrikaans word die verkleinwoord met die agtervoegsels -tjie, -jie, -pie, -kie en -ie saam met 'n paar verboë vorms gevorm.
  2. 'n Verkleinwoord het soms 'n figuurlike, simpatieke, sarkastiese of eufemistiese betekenis, en word ook soms vir troetelname gebruik.

    Sinonieme

diminutief

    Vertalings

  Vertalings:    verkleinwoord
Duits: 1, 2 Verkleinerungsform(de), Diminutiv(de)
Engels: 1, 2 diminutive(en)
Turks: 1, 2 küçültme(tr), ismi tasgir(tr)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor verkleinwoord.