Spysverteringstelsel van die mens.
1=slukderm (esofagus), 2=maag, 3=dunderm, 4=blindederm, 5=sekum, 6=dikderm, 7=rektum, 8=anus.

Afrikaans (af)

EnkelvoudMeervoud
  maag    mae, mage    
Verkleiningsvorm
EnkelvoudMeervoud
  magie    magies  

Woordafbreking

maag

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (anatomie) 'n Orgaan wat voedsel verteer om metaboliese prosesse te onderhou.
  2. Voorste deel van die lyf onder die bors en bo die dye.

    Voorbeeldsinne

  1. Anatomies is die maag 'n meestal boontjievormige, hol en gespierde sak in die liggaam van 'n mens of dier.
  2. Corrie Sanders is in die arm en maag geskiet toe hy sy dogter probeer beskerm het.

    Spreekwoorde

«Sy oë is groter as sy maag
Meer ingeskep was wat hy kan opeet.
«Op jou nugter maag
Voordat jy geëet het.
«Hy maak 'n afgod van sy maag
Vraatsugtig wees.
«Jy kan dit maar op jou maag skryf en met jou hemp afvee.»
Daar sal niks van kom nie.
«Bitter in die mond maak die maag gesond.»
Slegte medisyne werk gewoonlik die beste.

    Verwante woorde

buik, pens, abdomen

    Vertalings

  Vertalings:    maag
Engels: stomach(en), belly(en)
Nederlands: maag(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor maag.