[1] Die aartappelplant.
[2] Aartappels.

Afrikaans (af)

EnkelvoudMeervoud
  aartappel    aartappels    
Verkleiningsvorm
EnkelvoudMeervoud
  aartappeltjie    aartappeltjies  

Uitspraak

    
(lêer)

Woordafbreking

aart•ap•pel

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (plantkunde) Solanum tuberosum, 'n styselryke, knolagtige plant van die Solanaceae-familie.
  2. (voeding) Die eetbare knol van die plant.

    Voorbeeldsinne

  1. Die bogrondse groen gedeelte van die aartappel is giftig.
  2. Aartappels, vleis en groente is die standaard hoofmaal.

    Spreekwoorde

«Hy is 'n ongeskilde aartappel
'n Ongemanierde vent.
«Daar is 'n aartappel in jou kous.»
Jou kous is stukkend.

    Wisselvorme

ertappel

    Vertalings

  Vertalings:    aartappel
Engels: potato(en)
Malgassies: ovy(mg)
Nederlands: aardappel(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor aartappel.