Taalwetenskappe

Taalwetenskap, taalkunde of linguistiek is die wetenskaplike studie van die natuurlike tale.

Wanneer geen studie van 'n enkele taal gemaak word nie, maar die verskynsel (natuurlike) taal in die algemeen bestudeer word, praat mens van algemene of universele taalwetenskap.

Na gelang van die invalshoek van die navorser en uiteindelik die onderdeel van die linguistiek, word linguistiek wel tot verskillende takke van die wetenskap gereken, soos kognitiewe wetenskappe, sielkunde, en antropologie.

Taaluitinge

Taaluitinge is vir die taalkunde in die eerste plek gesproke uitinge, opgebou uit klanke, morfeme, woorde, sinne en tekste of diskoerse. Die klanke word bestudeer deur die fonetiek en die fonologie, die opbou van woorde deur die morfologie, en die groepering van woorde in sinne deur die sintaksis. Die betekenis van taaluitinge word bestudeer deur die semantiek, wat die spreker met die taaluitinge probeer te bewerkstellig, die doel wat hiermee nagestreef word, word bestudeer deur die pragmatiek.

Vakgebiede

Taalkundige dissiplines is onder andere:

  • Algemene taalkunde:
    • Pragmatiek (taalkunde), die studie van taalgebruik
    • Semantiek, die betekenis van woorde, sinne en tekste
    • Tekslinguistiek
    • Fonetiek, algemene klankleer (artikulatories, akoesties, perseptief asook linguisties)
  • Strukturele taalkunde (veral Grammatika):
    • Semiotiek, tekenreëls van 'n taal
    • Sintaksis, sinsbou
    • Morfologie, studie van woordvorme
    • Fonologie, die grammatikale uitspraakreëls van 'n taal (nie te verwar met Fonetiek nie)
    • Leksikologie, die "woordleer", alles wat met woorde te make het - Leksikografie, die toepassing van leksikologiese reëls van 'n taal, en dus ook die spelling
    • Fraseologie, die sinsleer van 'n taal
    • Stilistiek, alhoewel geen egte onderdeel van die Strukturele Taalkunde nie, wel 'n onderwerp van die grammatika
  • Interdissiplinêre taalkunde (ook wel antropologiese of fenomenologiese taalkunde genoem):
  • Toegepaste Linguistiek:
    • Taaldidaktiek
    • Logopedie
    • Afasiologie en Disleksie
  • Sistematiese taalkunde:
    • Hierdie bestudeer die natuurlike tale op taalstrukturele metode

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Taalwetenskappe TaaluitingeTaalwetenskappe VakgebiedeTaalwetenskappe Sien ookTaalwetenskappe Eksterne skakelsTaalwetenskappe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gevolge van aardverwarming op oseaneHoofpynD.J. OppermanAkademiaDie Laaste Avondmaal (Leonardo)TydsoneAfkortingKoppeltekenLongontstekingMaagLys van nedersettings in Suid-AfrikaBrandmondsindroomMonumentNederlandLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMoslemNierTuisbladGroepsgebiedewetGawes van die Heilige GeesTradisionele literatuurJudaïsmeSelKultuurPriemfaktorPrimêre sektor van die ekonomieAluminiumErfenisElandréPornografiese subgenresErosietipesWolkOrgasmeTamatieEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaHerpes simplexTerracottaleërLetterlike en figuurlike taalgebruikDierCarike KeuzenkampWaterpokkiesSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024KriekOutismeWesterse filosofieNoord-KaapBernice WestSteve BikoPenisLys van myne in Suid-AfrikaGeskiedenis van Suid-AfrikaProteïenKnieWet op NaturellengrondApartheidCovid-19-pandemieYsterTegnologieViëtnamoorlogTelkomSuid-Afrika-WetWiskundeKonsentrasiekampEskomSeksueel oordraagbare infeksieSneeuSenuweestelselLys van Nederlandse skildersGeloftedagWright-broersPersoonlikheidKrygkorVoortrekkermonumentNederlandsHeks van HexrivierMusiekPizzaSamestellende afleiding🡆 More