Stromboli is 'n klein vulkaaneiland in die Tirreense See.
Die eiland het 'n oppervlakte van 12,6 vierkante kilometer en is 918 meter hoog. Een van die drie aktiewe vulkane van Italië kan hier gevind word.
Stromboli | |
---|---|
Ligging | Tirreense See, Italië |
Hoogte | 926 meter bo seevlak |
Koördinate | 38°47′48″N 15°12′40″O / 38.79667°N 15.21111°O 15°12′40″O / 38.79667°N 15.21111°O |
Bergtipe | Vulkaan |
Vanaf die seebodem gemeet is die eiland eintlik 'n drieduisend meter hoë vulkaan, waarvan ongeveer een derde bo die water uitsteek. Die eiland word deur ongeveer 450 mense bewoon (2002).
In 2002 is 'n Duitse toeris hier oorlede nadat hy deur 'n blok gestolde lawa uit die vulkaan getref is. Die uitbarstings is egter meestal klein en nie gevaarlik nie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Stromboli, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.