Hoofletters (Engels: Capital letters) sluit die alfabetletters A, B, C, ...Z in (ASCII kode 65 tot 90) en sluit a, b, c, … z uit.
'n Sin begin altyd met 'n hoofletter, met uitsondering waar 'n sin met 'n begin, maar dan word die eerste woord na die 'n wel met 'n hoofletter geskryf. Bv. 'n Appel is rooi.
Wanneer hoofletters nie gebruik word in die middel van 'n sin nie
Akademiese vakke – rekenkunde, biologie, chemie, aardrykskunde, geskiedenis, wiskunde, fisika, behalwe taalvakke soos Afrikaans, Engels en Zoeloe.
Algemene kartografiese terme – bv ewenaar, breedtegraad, lengtegraad.
Algemene chemiese, tegniese, finansiële en regsterme – bv balansstaat, butanol, kontantvloei, katalise, ingenieurskontrak, etanol, regsgeding, polipropileen, raffinaderye, opbrengs op ekwiteit en volhoubare ontwikkeling – tensy dit eiendomsreg name is, soos Chevron se Isokraking tegnologie™ en Sasol Advanced Synthol™ reaktor.
Maatskappy departemente, forums en komitees – bv raad van direkteure, bekendmaking werkgroep, groep finansiële afdeling, groep menslike hulpbronne-afdeling, gelyke indiensnemingsforum, interne ouditkomitee en korporatiewe bestuurskomitee.
Kompasrigtings – bv, oos, noord, noord-ooste, suid, suid-wes en wes, behalwe waar hierdie verwys na die groot subkontinentale streke soos Suid-Afrika, Oos-Afrika, Noord-Wes-Europa en Suid-Oos-Asië.
Geldeenhede – bv, dollar, euro, kroon, pond, pula, rand, sjilling, jen en yuan.
Gedeeltes van lande, state, provinsies, lande en metropolitaanse gebiede – byvoorbeeld, die suide van China, oostelike Duitsland, suidelike kus van die Wes-Kaap, die suide van Kalifornië en noord Hampshire, maar let op woordeboekgespesifiseerde uitsonderings soos "Londen’s West End".
Komitees, sentrums, departemente en sake-eenhede
As 'n reël, kapitaliseer ons nie die meeste interne komitees en ander organisasies of eenhede nie, soos bv:
komitee van besturende direkteure
korporatiewe maatskaplike belegging
werknemerwelstandsprogram
groep korporatiewe sake-afdeling
groep uitvoerende komitee
groep finansiële departement
groep beleggerbetrekkinge-afdeling
groep regsafdeling
groep beplanningdepartement
materiaal veiligheidsdatastaat
kantoor van die hoof uitvoerende beampte
voorsieningskettingbestuur
totale gewaarborgde pakket
Let ook op: Internet word met hoofletters geskryf, maar intranet nie.
Ons skryf Wêreldwye Web, maar webcam, webcast, weblog, webmeester, webbladsy.
Moenie maatskappyname geheel en al in hoofletters skryf nie:
Moet dit nie gebruik nie
Gebruik dit
CONDEA
Condea
ENGEN
Engen
ESKOM
Eskom
ORYX
Oryx
SASOL
Sasol
Meervoude van naamwoorde
Wanneer na die formele naam van 'n spesifieke organisasie verwys word, kapitaliseer ons die eerste letter van elke hoofwoord, soos bv New York Aandelebeurs, Londense Aandelebeurs of Suid-Afrikaanse Lugdiens. Wanneer daar egter na meer as een verwys word, skryf ons New York en Londen aandelebeurse.
Eie diskresie
Titels: Die outeur kan self besluit of elke woord in 'n titel gekapitaliseer word. Indien die outeur wel besluit om dit te doen, word slegs die lang of belangrikste woorde in die titel gekapitaliseer.
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hoofletter, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses. ®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.