Die Piet-my-vrou (Cuculus solitarius) is 'n voël in die familie van koekoeke (Cuculidae).
Dit is 'n medium-groot voël wat 28 tot 30 cm groot word. Die Afrikaanse naam van die spesie is van sy kenmerkende roep ontleen.
Piet-my-vrou | |
---|---|
Sang opgeneem in Kitale, Kenia | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. solitarius |
Binomiale naam | |
Cuculus solitarius Stephens, 1815 |
Dit kom in alle Afrikalande suid van die Sahara voor. In Suid-Afrika is dit 'n algemene broeiende trekvoël, en word in die hele gebied behalwe die droër weste gevind.
Die voorkeur habitat van die piet-my-vrou is woude en plantasies. Dit word gewoonlik alleen waargeneem, eerder as in die geselskap van voëls van dieselfde spesie.
Die piet-my-vrou paar met meer as 'n enkele maat (dit is poligaam). Die piet-my-vrou se gewoonte is om die neste van ander voëls vir haar nageslag te gebruik (hulle is dus broeiparasiete). Die voël lê tot 20 bruinkleurige eiers per seisoen in verskillende neste. Omtrent vyftien spesies van kleiner voëls word geparasiteer, maar die mees algemene gashere is die gewone janfrederik (Cossypha caffra), die kwikkie (Motacilla capensis) en die witkeeljanfrederik (Cossypha humeralis). Die surrogaatouers maak dan (onwetend) die piet-my-vroukuiken groot.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Piet-my-vrou, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.