Mangelontsteking: Ontsteking van die mangels

Mangels ontsteek baie maklik.

In die keel is daar normaalweg groot getalle heel onskadelike bakterieë. Hulle kan egter partykeer verdring word deur ettervormende organismes, wat gifstowwe afskei en veroorsaak dat die liggamstemperatuur styg (koors).

Hierdie bakterieë versamel dan in die klierholtes tussen die lobbe van die mangels, waar dit groot kolonies vorm. Dit het tot gevolg dat die weefsel waarin die limffollikels is, vergroot. Die hele mangel word rooi en swel op. Die ontsteking word mangelontsteking (tonselitis) genoem. Ander infeksies kan nou maklik hierop volg.

Wanneer dit gebeur is die mangel nie meer 'n verdedigingsorgaan van die liggaam nie, maar word dit 'n orgaan waardeur kieme die liggaam binnedring.

Komplikasies

Wanneer die ontsteking van die mangels chronies (permanent) word, is dit baie gevaarlik en kan aanleiding gee tot rumatiekkoors en hartkwale (soos hartklepontsteking) en ook nierkwale..

In sulke gevalle, veral sover dit kinders betref, is dit noodsaaklik dat die ontsteekte mangels deur 'n operasie (tonselektomie) verwyder word.

Sien ook

Bronnelys

Tags:

BakterieGiftigheidKeelKoorsMangelOntsteking (geneeskunde)Organisme

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AsemhalingRob HersovOrtopedieAdolf HitlerBosvarkIngenieursweseDemokratiese AlliansieNederlandsLettergreepAtletiekMaagsweerKriekMonoloogVolstruisWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaWikipediaSoortnaamNamakwalandChemiese verbindingAfkortingFacebookGrondwetSkisofrenieTelkomRefentse MorakeSkuinsstreepYstertydperkMusiekTuberkuloseSebraTuisbladGrondMuskietAbstraksie (rekenaarwetenskap)GetalRumatiekCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaPerdGemeenskapRooikatVergelykings (taalkunde)StilleweSwart nasionalismeFinale OplossingLys van Nederlandse skildersDubbelpuntWaterpokkiesKlimaatsverandering in AfrikaGeloftedagLys van Afrikaanse skrywersAlkoholismeProteaAborsie in Suid-AfrikaSikloonDepressie (gemoedstoestand)Nasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaAntisemitismeDieregeluideRekenaarLetterlike en figuurlike taalgebruikMangelontstekingPinksterGalblaasWeer (meteorologie)KunselementeDansTienie HollowaySelfmoordTweede WêreldoorlogJuraReënspinnekopAbsolute monargieD.J. OppermanStereotipeBloeddrukKlinkerVorm🡆 More