Baikalmeer

Die Baikalmeer (Russies: о́зеро Байка́л, Ozero Baykal, , afgelei van die Boerjatiese Байгал нуур / Baygal nuur of ryk meer, in Russies en ander Europese tale dikwels net Baikal genoem; Mongools: Байгал нуур, Baygal nuur, letterlik: die natuurlike meer) is 'n meer in die suide van Siberië in die Asiatiese deel van die Russiese Federasie, naby die grens met Mongolië.

    Hierdie artikel handel oor die meer in Rusland. Vir die meer in Kasakstan, sien Balchasj-meer.
Baikalmeer
Baikalmeer
'n Sjamane-steen op die eiland Olchon
Baikalmeer
Kaart van die Baikalmeer (in Duits)
Koördinate:53°30′N 108°0′O / 53.500°N 108.000°O / 53.500; 108.000 108°0′O / 53.500°N 108.000°O / 53.500; 108.000
Ligging:Siberië, Rusland
Soort:Kontinentale skeur-meer
Oppervlakte:31 722 km² (12 248 myl²)
Gemiddelde diepte:744,4 m (2 442 vt)
Maksimum diepte:1 642 m (5 387 vt)
Volume:23 615,39 km³ (5 670 myl³)
Lengte:636 km (395 myl)
Breedte:79 km 49 myl)
Opvangsgebied:571 000 km²
Omtrek:2 100 km (1 300 myl)
Invloei:Selenga, Barguzin, Bo-Angara
Uitvloei:Angara
Eiland/e:Olchon
Nedersettings:Irkoetsk
Gevries:Januarie tot Mei
Rangorde
volgens volume:
1ste

Dit is die oudste en diepste varswatermeer ter wêreld. Die meer het 'n maksimum diepte van 1 637 meter en is meer as 25 miljoen jaar gelede gevorm.

Baikalmeer
Winter op die eiland Olchon

Die Baikalmeer is 'n voorbeeld van hoe 'n tipiese sinkdal in 'n gematigde klimaat met water gevul raak as daar nie genoeg verdamping plaasvind om die invloei van water in die kom te balanseer nie. Omdat dit so ver van die see en van ander groot mere is, het dit 'n uiters interessante plante- en dierelewe. Minstens driekwart van die spesies wat hier aangetref word, is endemies, dit wil sê, inheems aan die Baikalmeer en word nêrens anders aangetref nie.

Die Baikalmeer strek oor meer as 31 720 vierkante kilometer, en sy waterinhoud (wat sowat twintig persent van die wêreld se varswatervoorraad verteenwoordig) is so groot dat dit vyftig jaar lank in die mensheid se drinkwaterbehoeftes sou kon voorsien.

Indien sy waterinhoud gelykmatig oor die aardbol verdeel sou word, sou dit twintig sentimeter hoog met water bedek wees. Die Russe verwys dan ook na die meer as die "Bron van die Planeet". Die Baikalmeer bevat meer water as al die Noord-Amerikaanse Groot Mere tesame.

Die enigste rivier, wat water uit die Baikal afvoer, die Angara, loop na die Jenisej en mond in die Arktiese Oseaan se Karasee uit. Unesco het die Baikalmeergebied in 1996 as wêrelderfenisgebied gelys.

Fauna en flora

Ongewerweldes

Sponse

Baikalmeer 
Museummonster van die vertakkende spons Lubomirskia baicalensis. Lewendige monsters is meer heldergroen.

Ten minste 18 spesies van sponsdiere is in die meer teenwoordig, insluitende ongeveer 15 spesies van die endemiese familie Lubomirskiidae (die res is van die nie-endemiese familie Spongillidae). Op die bodem naby die kus vorm sponse die grootste biomassa. Lubomirskia baicalensis, Baikalospongia bacillifera, en B. intermedia is buitengewoon groot vir varswatersponse en kan meer as 1 m groot word. Hierdie drie spesies is die algemeenste sponsspesies in die Baikalmeer. Baikalospongia-spesies het gewoonlik kors- of tapytagtige strukture, terwyl L. baikalensis takagtige strukture het en in areas waar dit volop is soms onderwater-"woude" vorm. Die meeste sponse in die meer is gewoonlik groen terwyl hulle lewendig is weens die teenwoordigheid van simbiotiese chlorofiete (zoochlorella), maar is soms bruin of geel.

Fotogalery

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

    Wiki-webtuistes

    Media

    Ensiklopediese inligting


Tags:

Baikalmeer Fauna en floraBaikalmeer FotogaleryBaikalmeer BronneBaikalmeer VerwysingsBaikalmeer Eksterne skakelsBaikalmeerAsiëBoerjatiesMeerMongoliëMongoolsRuslandRussiesSiberië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SwawelFabelDierKolonoskopieKnieIngenieursweseAnglisismeChristendomAfrikanerweerstandsbewegingBoomslangKindermishandelingPuberteitMisdaadGautengLionel MessiWaterbesparing in Suid-AfrikaHindoeïsmeBlaarAfrikaanse WikipediaEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaOnderhandelinge om apartheid te beëindigOrgasmeWet op Bantoe-onderwysErfenisRonelda KamferDistillasieDroomAntisemitismeDemokrasieDurbanBosluisbytkoorsVerbondsarkCarles PuigdemontKartografieSmaakMierTegnologieSamestellende afleidingOorkruipersLodewyk XVI van FrankrykWolfGroot TrekKunsmatige algemene intelligensieWoestynVoorvoegselHannes van WykFeminismeMotorvoertuigSamestellingEkonomiese sektorTuisbladPriemfaktorWêreldwye webAnilingusHernubare energieSlawernyBesoedelingAssonansieGemeenskapsorganisasieElon MuskKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSeekoeiLuiperdJohannes MeintjesEuropaSeekatLabia (geslagsdele)DansAfleiding (taalkunde)LeierBeurtkragOrale seksMielie🡆 More