Punjab

Punjab, ook gespel en translitereer as Panjab (van Persies: پنج, panj, , vyf en آب, âb, water of rivier.

    Hierdie artikel handel oor die geografiese streek in Suid-Asië. Vir die etniese groep, sien Punjabi's, en vir die taal, sien Pandjabi.

پنجاب beteken dus "vyf riviere"; Pandjabi: ਪੰਜਾਬ, پنجاب, pañjāb; Hindi: पंजाब; Oerdoe: پنجاب), is 'n geopolitieke, kulturele en historiese streek in Suid-Asië, meer spesifiek in die noordelike deel van die Indiese subkontinent, wat gebiede van Oos-Pakistan en Noord-Indië behels. Die grense van die streek is swak gedefinieer en het veral 'n historiese betekenis. Die vyf riviere wat deur Punjab vloei is Indus, Jhelum, Chenab, Ravi en Sutlej (van noord na suid). Van Punjab se belangrikste stede sluit in Rawalpindi, Gujranwala, Faisalabad, Lahore, Amritsar, Multan, Ludhiana en Chandigarh; almal met 'n bevolking van meer as een miljoen.

Punjab
Ligging van Punjab in Suid-Asië
Punjab
Ligging van Punjab in Indië
Punjab
Kaart van die streek Punjab
Punjab
Ligging van Punjab in Pakistan

Tot die Verdeling van Indië in 1947 het die Punjabprovinsie van Brits-Indië die hedendaagse deelstate en gebiede Punjab, Haryana, Himachal Pradesh, Chandigarh en Delhi, asook die Pakistanse provinsies Punjab en Islamabad beslaan. Dit het aan die streke Beloetsjistan en Pasjtoenistan in die weste, Kasjmir in die noorde, die Hindigordel in die ooste, asook Rajasthan en Sindh in die suide gegrens. Met die Verdeling van Punjab is die land van die vyf riviere tussen Indië en Pakistan opgedeel, maar in geografiese opsig bestaan dit as 'n ondeelbare eenheid voort.

Die mense van Punjab word Punjabi's genoem, en hul moedertaal is Pandjabi. Die merderheidsgodsdienste van die Indiese Punjab is Sikhisme en Hindoeïsme. Die hoofgodsdiens van die Pakistanse Punjab is Islam. Ander godsdienste sluit in Christendom, Djainisme, Zoroastrisme en Boeddhisme. Die Punjabstreek is al bevolk deur die Indusvalleibeskawing, Indo-Ariese volke en Indo-Skitiërs, asook verskeie kere deur Perse, Grieke, Koesjane, Ghaznawide, Timoeriede, Mogole, Pasjtoene, Britte en ander magte binnegeval. Historiese buitelandse invalle het veral die produktiewe, sentrale gebied van Punjab, die Majha-streek, geteiken, wat ook die hoeksteen van die Punjabiese kultuur en tradisies vorm. Na Punjab word in beide Indië en Pakistan dikwels as die broodmandjie verwys.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

AmritsarChandigarhFaisalabadGujranwalaHindiIndiese subkontinentIndiëIndusLahoreLudhianaMultanOerdoePakistanPandjabiPersiesRaviRawalpindiSuid-AsiëSutlej

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HartaanvalVerbondsarkSydneyVeelvoudige sinSkoenlapperMenslike seksuele gedragApostoliese GeloofsbelydenisDomineeDigvormAbstraksie (rekenaarwetenskap)TsoenamiVerenigde State van AmerikaLys van Suider-Afrikaanse soogdiereKonjunktivitisNaaldekokerPinksterPenisNag van die lang messeTatoeëermerkMalariaMediese diagnoseMonumentNatuurrampRekenaarTuisbladAdolf HitlerNoord-KaapSeksposisieHeupvervangingPankreasWet op Bantoe-onderwysWeer (meteorologie)Absolute monargieGeskiedenis van Suid-AfrikaCarike KeuzenkampSuikersiekteSeksSaartjie BaartmanAfrikaAlkoholismeLys van Afrikaanse rolprenteLabia (geslagsdele)VoorsetselItaliëSeevlakstygingBiodiversiteitDramaBreinkaartWinnie Madikizela-MandelaPlantluisPriemfaktorFotosinteseDruiweSuurstofBywoordEnsiklopedieVerstedelikingHartKaapstadse waterkrisis 2015-2018NiersteenJacques LootsKonsonantSkaapWaterstofVryheidsmanifesSelfoonHibernasieRuslandVlag van Suid-AfrikaErosieCholeraSeisoenKameelperdHartseerKlere🡆 More