Kilogram: Basiseenheid van massa in die internasionale eenheidstelsel

Die kilogram (simbool: kg) is die basiseenheid van massa in die internasionale eenheidstelsel (genoem SI-stelsel vanaf die Franse frase, Le Système International d'Unités) deel van die moderne standaard soos gebruik in die metrieke stelsel.

Tot en met 19 Mei 2019, word die kilogram gedefinieer as gelykstaande aan die massa van die Internasionale Prototipe Kilogram (IPK).

Kilogram: Basiseenheid van massa in die internasionale eenheidstelsel
'n Rekenaargegenereerde beeld van die Internasionale Prototipe Kilogram (“IPK”). Die IPK is die kilogram. Hier is dit langs 'n duimliniaal geplaas om die skaal te toon. Die IPK is gemaak van 'n platinum-iridiumallooi en word gestoor in 'n kluis by die BIPM in Sèvres, Frankryk. Soos ander prototipes, is die rante van die IPK afgekant op vier hoeke om slytasie te verminder.

Die kilogram is oorspronklik in 1795 gedefineer as die massa van een liter (1000 kubieke centimeter) water by die vriespunt van ys. Aangesien dit onprakties is vir akkurate metings, is 'n platinumsilinder in 1889 gemaak, en sedertdien as die definisie van die kilogram gebruik. Die massa van hierdie prototipe het egter oor tyd gewissel in vergelyking met replikas wat daarvan gemaak is, wat daartoe gelei het dat die CGPM in 2011 beslis het dat die kilogram toekomstig in terme van die Konstante van Planck gedefinieer moet word. Omdat die tegnologiese middele nog nie gereed was nie, is die finale besluit eers tot 2014 uitgestel, en toe weer tot 2018. Op 16 November 2018 is die verandering goedgekeur, en die nuwe definisies het op 20 Mei 2019 in werking getree.

Die nuwe definisie van die SI-basiseenhede spruit uit 'n herdefinisie van Planck se konstante as presies 6,62607015×10−34 kg⋅m2⋅s−1, sodat die kilogram in terme van die sekonde, die meter en Planck se konstante gedefinieer word.

Dit is die enigste SI-basiseenheid met 'n SI-voorvoegsel as deel van die naam. Dit is ook die enigste SI-eenheid wat steeds gedefinieer word as 'n kunsproduk eerder as 'n fundamentele fisiese eienskap wat gereproduseer kan word in verskillende laboratoriums.

Notas

Verwysings

Tags:

Frans (taal)MassaMetrieke stelselSI-StelselSI-stelsel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Termiese geleidingsvermoëKoppeltekenDroomNoag se arkLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Herpes simplexWoordeskatBlaarKaapstadKoolstofdioksiedPubiese hareProteaLys van Afrikaanse rolprenteGawes van die Heilige GeesOnderwerp (taalkunde)MenseregtedagToringSoutsuurTropiese sikloon1990Nasionale PartyMieliestronkOlimpiese SomerspelePaasfeesGeskiedenis van Suid-AfrikaPaddaRymKrugerwildtuinLongontstekingWapen van Suid-AfrikaLewerGeboorteLys van Suider-Afrikaanse soogdiereTelwoordTienie HollowaySharpeville-slagtingBreinLimfvatstelselMenseregteWet op Bantoe-onderwysKunsmatige intelligensieJohannesburgElandréPretoriaOrgasmeTweede WêreldoorlogSwartPuberteitLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaJakkalsErosietipesDemografie van Suid-AfrikaWoudNag van die lang messeGoudMosambiekkanaalVerenigde State van AmerikaByvoeglike naamwoordHeks van HexrivierGeslagsgelykheidNiersteenArmoedeMosambiekLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSwart nasionalismeMiljardSnaarinstrumentAfrikaSuikersiekteJeugdagRekeningkundeItaliëOlifant🡆 More