Guinee (Frans: Guinée, , luister (hulp·inligting)), amptelik die Republiek Guinee (République de Guinée), is 'n land in Wes-Afrika met 'n oppervlakte van 245 836 km² en 'n bevolking van 12 395 924 in 2016.
Dit grens aan Guinee-Bissau en Senegal in die noorde, Mali in die noorde en noordooste, die Ivoorkus in die suidooste, Liberië in die suide, en Sierra Leone in die weste. Die landsgebied sluit die waterbron vir die Niger-, Sénégal-, en Gambiëriviere in, met 'n kus aan die Atlantiese Oseaan. Die naam Guinee (geografies toegeken aan meeste van Afrika se weskus suid van die Saharawoestyn en noord van die Golf van Guinee) kom uit Berber en vertaal rofweg na "land van die swartes". Die hoofstad en grootste stad is Conakry, 'n hawestad aan die suidwestelike kus langs die Atlantiese Oseaan.
| |||||
Nasionale leuse: Travail, Justice, Solidarité (Frans vir: "Arbeid, Geregtigheid, Solidariteit") | |||||
Volkslied: Liberté (Frans vir: "Vryheid") | |||||
Hoofstad | Conakry | ||||
Grootste stad | Conakry | ||||
Amptelike tale | Frans | ||||
Regering | Unitêre presidensiële republiek Mamady Doumbouya Bah Oury | ||||
Onafhanklikheid • van Frankryk | 2 Oktober 1958 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 245 836 km2 (77ste) 94 918 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2016-skatting - 2014-sensus - Digtheid | 12 395 924 (81ste) 11 628 972 40,9 / km2 (164ste) 105,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita | 2018-skatting $28,524 miljard | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita | 2018-skatting $9,855 miljard | ||||
MOI (2015) | 0,414 (183ste) – laag | ||||
Gini (2012) | 33,7 – medium | ||||
Geldeenheid | Frank (GNF ) | ||||
Tydsone - Somertyd | GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .gn | ||||
Skakelkode | +224 |
Die gebied beslaan deur die moderne staat van Guinee is oor die eeue heen opgeneem in verskeie ryke. Die vroegste hiervan is die Ghanaryk wat tot stand gekom het in c. 900. Dit is gevolg deur die Sossokoninkryk in die 12de en 13de eeue. Die Maliryk kom aan bewind in die gebied na die Slag van Kirina in 1235. Die Maliryk floreer totdat interne probleme dit verswak wat die state daarvan toelaat om die mag oor te neem in die 15de eeu. Toonaangewend in die verband is die Songhaistaat wat die Songhairyk geword het. Hierdie ryk steek sy voorgangers in gebied en mag verby, maar word 'n slagoffer van interne twis en burgeroorlog en is op die ou einde in die Slag van Tondibi in 1591 omvergewerp. Daarna fragmenteer die gebied totdat 'n Islamitiese staat in die 18de eeu opgerig is wat 'n mate van stabiliteit aan die gebied verleen het.
Europeërs kom vir die eerste keer na die gebied vanaf die 16de eeu as deel van die slawehandel. Hedendaagse Guinee is in 1890 deur Frankryk as 'n kolonie geskep met Noël Balley as die eerste goewerneur. Die hoofstad Conakry is in 1890 op die Tombo-eiland gestig. In 1895 is die land in Frans-Wes-Afrika opgeneem.
Guinee ontvang onafhanklikheid van Frankryk in 1958 en is deur 'n diktatuur onder Ahmed Sékou Touré regeer. Touré het in die breë sosialistiese ekonomiese beleide gevolg en opposisie en vrye uitdrukking onderdruk met weinig agting vir menseregte. Na sy dood in 1984 neem Lansana Conté beheer oor en swaai onmiddellik weg van sy voorganger se ekonomiese beleide maar volhard met die stywe magsgreep. Verkiesings word vir die eerste keer in 1993 gehou maar die resultaat daarvan en van daaropvolgende verkiesings word betwis. Conté staar gereelde kritiek in die gesig vir die toestand van die land se ekonomie en vir sy hardhandige benadering tot politieke teenstaanders. Sedert 2005 het Guinee volgens die International Crisis Group ernstige probleme en is daar 'n moontlikheid dat dit in 'n mislukte staat kan ontaard.
Guinee word verdeel in 8 administratiewe regions wat verder onderverdeel word in 33 prefekture. Verder word die nasionale hoofstad Conakry as 'n spesiale gebied beskou. Die prefekture word hieronder gelys met die administratiewe regions in hakkies.
Die hoogste punt in Guinee is Mont Nimba.
Guinee beskik oor groot mineraal-, hidroëlektrisiteit-, en lanbouhulpbronne, maar bly steeds 'n onderontwikkelde land. Die land beskik oor meer as 30% van die wêreld se bauxietreserwes en is die tweede grootste bauxietprodusent. Die mynbousektor dra in 1999 ongeveer 75% van alle uitvoere by. Volgehoue vebeteringe in die regering se fiskale reëlings, geletterdheid en die regsstelsel word benodig as die land uit armoede wil uitstyg. Gevegte aan die grense met Sierra Leone en Liberië, sowel as vlugtelingbewegings het groot ekonmiese steurnisse versoorsaak wat die verlies in beleggersvertroue verder geskaad het. Buitelandse mynmaatskappye het die hoeveelheid expatriate personeel verminder. Paniekinkopies het voedseltekorte meegebring en inflasie en onluste in lokale markte tot gevolg gehad. Guinee ontvang nie multilaterale bystand nie. Die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank het meeste bystand in 2003 beëindig. Eknomiese groei het effens gestyg in 2004, hoofsaaklik as gevolg van stygings in wêreldwye aanvraag en grondstofpryse op wêreldmarkte.
Wiki Commons bevat media in verband met Guinee. |
Sien Guinee in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Guinee, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.