Aborsie: Voortydige beëindiging van 'n swangerskap

'n Aborsie of vrugafdrywing is die voortydige beëindiging van 'n swangerskap, voor die embrio kan ontwikkel of die fetus (baba) gebore kan word.

Aborsies kan spontaan plaasvind, meestal omdat iets tydens die swangerskap verkeerd gegaan het. Wanneer dit gebeur, word dit 'n miskraam genoem. Mense kan ook 'n swangerskap doelbewus beëindig. Dit staan as opsetlike vrugafdrywing of geïnduseerde aborsie bekend. Die term aborsie verwys mees algemeen na laasgenoemde. Die soortgelyke prosedure, as die fetus reeds op sy eie kan oorleef, word medies gesproke die "laat beëindiging van swangerskap" genoem.

Aborsie
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10 O04
ICD-9 779.6
DiseasesDB 4153
MedlinePlus   002912
eMedicine article/252560
MeSH D001161
Aborsie: Risikos, Opsetlike vrugafdrywing, Wetgewing en gemeenskapsaktivisme Mediese waarskuwing
Aborsie: Risikos, Opsetlike vrugafdrywing, Wetgewing en gemeenskapsaktivisme
Internasionale status van aborsiewette volgens VN se 2013-verslag oor aborsie-wet. ██ Wettig op versoek. ██ Wettig vir die moeder se lewe, gesondheid, geestesgesondheid, verkragting, fetale defekte en/of sosio-ekonomiese faktore. ██ Onwettig, met uitsondering vir die moeder se lewe, gesondheid, geestesgesondheid, verkragting, en/of fetale defekte. ██ Onwettig, met uitsondering vir die moeder se lewe, gesondheid, geestesgesondheid, en/of verkragting. ██ Onwettig, met uitsondering vir die moeder se lewe, gesondheid en/of geestelike gesondheid. ██ Onwettig, met geen uitsonderings. ██ Verskil per regio. ██ Geen inligting.

Risikos

Onveilige aborsies is wêreldwyd vir ongeveer 47 000 sterftes en die hospitalisasies van 5 miljoen moeders per jaar verantwoordelik. Die grootste rede hiervoor is die omstandighede waaronder dit uitgevoer word; dikwels omdat dit onwettig plaasvind. Oor die hele wêreld word ongeveer 44 miljoen aborsies per jaar uitgevoer, waarvan byna die helfte op onveilige wyse geskied.

Aborsie in die ontwikkelde wêreld het 'n lang geskiedenis as een van die veiligste mediese prosedures, gegewe dat dit in ooreenstemming met plaaslike wetgewing geskied. Ongekompliseerde aborsies veroorsaak nie langtermyn geestelike of fisiese probleme nie. Die wêreldgesondheidsorganisasie beveel aan dat dieselfde vlak van veilige en wettige aborsies vir alle vroue wêreldwyd beskikbaar gestel word. Teen 2008 het veertig persent van die wêreld se vroue toegang tot wetlike aborsies gehad, ongeag die rede daarvoor. Daar is egter steeds perke ten opsigte van hoe lank na die swangerskap dit uitgevoer mag word.

Opsetlike vrugafdrywing

Opsetlike vrugafdrywing is sedert antieke tye reeds met metodes soos kruie, die gebruik van skerp gereedskap, fisiese trauma, en ander tradisionele metodes toegepas. Moderne medikasie of chirurgiese metodes kan vir geïnduseerde aborsies gebruik word. Medikasie soos Mifepristone en Prostaglandin is tydens die eerste trimester net so effektief as chirurgiese metodes. Terwyl die gebruik van medikasie in die tweede trimester effektief kan wees, blyk dit dat chirurgiese metodes 'n laer risiko vir newe-effekte inhou. Geboortebeperkings, soos die pil en ander toestelle, kan onmiddellik na 'n aborsie gebruik word.

In lande waar aborsie gekriminaliseer is het vroue hul sedert die 1980s dikwels gewend tot middels wat oor die toonbank vir ander kwale verkry kan word, maar wat 'n miskraam as newe-effek kan meebring. Belangstelling in Misoprostol en Mifepristoon, middels wat deur die Amerikaanse Food and Drug Administration goedgekeur is, het byvoorbeeld skerp toegeneem in die deelstaat Texas nadat aborsies so vroeg as die sesde week van swangerskap in 2021 daar verbied is. Die aanlyn-bystandsdiens Aid Access het in twee jaar meer as 57 000 versoeke van Amerikaanse vroue ontvang om hierdie middels per pos te ontvang. Aborsies deur medikasie maak in die VSA, Indië en Swede onderskeidelik een derde, 73% en 93% van alle aborsies uit.

Wetgewing en gemeenskapsaktivisme

Wetgewing rondom aborsies, hoe dikwels hulle uitgevoer mag word, asook hul kulturele en godsdienstige status wissel grootliks tussen verskillende wêrelddele. In baie lande bestaan daar prominente openbare omstredenheid oor die morele, etiese en regskwessies van aborsie.

Opsetlike vrugafdrywing is in baie lande onwettig, maar by bepaalde uitsonderings word dikwels tog toelaat, veral in gevalle soos bloedskande, verkragting, ernstige fetale defekte of as die moeder se gesondheid op die spel is.

Diegene wat teen aborsie is argumenteer algemeen dat 'n embrio of fetus 'n mens is, wat die reg het om te lewe. Hulle vergelyk aborsie dikwels met moord. Diegene wat aborsie ondersteun beklemtoon meestal die vrou se reg om sake rakende haar eie liggaam te reël, asook menseregte in die algemeen.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Aborsie RisikosAborsie Opsetlike vrugafdrywingAborsie Wetgewing en gemeenskapsaktivismeAborsie Sien ookAborsie VerwysingsAborsie Eksterne skakelsAborsieSwangerskap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Mikro-ekonomieHannes van WykGetalHeupOmgewingsbeheerRacheltjie de BeerGrondbesoedelingKoringHaelVryheidsdagDansVryheidsmanifesGroot Muur van ChinaKaapse florarykWebjoernaalDigvormKindermishandelingIslamitiese StaatNasionale VrouedagAntjie SomersVormSuiwelprodukGeskiedenis van erotiese afbeeldingsGamelanVoornaamwoordHaasBysteekKolorektale kankerSuikersiekteWetenskaplike metodeSkaakKontinentEkologieWolkVaste stofKlimaatArmoedeverligtingKlimaatveranderingLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaVlag van Suid-AfrikaDistrik SesDonkieVliegtuigDialoog in fiksieSirkelPriemgetalTuisbladPerdIdioomEkostelselMolekuulTrigeminale neuralgieLeestekenAnale seksNarsistiese persoonlikheidsteuringJeugdagPussy RiotAboriginesOrthopteraSkildklierBernice WestKrieketDistillasieByWitbloedselKinderregteOorstromingKunstenaarMuskietPrimêre sektor van die ekonomieC. Louis LeipoldtSwartrenosterMielieKunsmatige intelligensieStadVergelykings (taalkunde)🡆 More