Entebbe is groot dorp in Sentraal-Uganda, geleë aan die noordelike oewer van Victoriameer.
Dit is 37 kilometer suidwes van die Ugandese hoofstad Kampala en net noord van die ewenaar geleë. Die Entebbe Internasionale Lughawe is hier geleë. Entebbe het bekend geword tydens Operasie Entebbe op 3/4 Julie 1976. Entebbe huisves ook die staatshuis, die amptelike setel van die president van Uganda. Tydens die Britse koloniale bewind het Entebbe as hoofstad van Brits-Uganda gedien. Die naam van die stad is afgelei van die Luganda-word e ntebe wat "setel", "sitplek" of "stoel" beteken.
Entebbe | |
---|---|
Kerk in Entebbe | |
Koördinate: 0°03′0″N 32°27′36″O / 0.05000°N 32.46000°O 32°27′36″O / 0.05000°N 32.46000°O | |
Land | Uganda |
Streek | Sentraal-Uganda |
Distrik | Wakiso |
Regering | |
• Burgemeester | Vincent Kayanja |
Oppervlak | |
• Totaal | 56,2 km2 (21,7 vk. myl) |
• Water | 20 km2 (8 vk. myl) |
Hoogte | 1 180 m (3 870 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 69 958 |
Tydsone | UTC+03:00 (OAT) |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Entebbe, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.