Pelé: Brasiliaanse sokkerspeler (1940–2022)

Edson Arantes do Nascimento (23 Oktober 1940 – 28 Desember 2022), beter bekend as Pelé, was 'n Brasiliaanse sokkerspeler en word dikwels beskryf as die beste sokkerspeler van alle tye.

Hy is ook deur die Internasionale Olimpiese Komitee as atleet van die eeu benoem. Alhoewel sy geboortesertifikaat wys dat sy eerste naam "Edison" is (hy is vernoem na Thomas Edison), verwys hy na homself as "Edson", maar dit is as "Pelé" wat hy 'n sportlegende geword het.

Pelé
Pelé: Brasiliaanse sokkerspeler (1940–2022)
Pelé in 2008
Persoonlike inligting
GeboortenaamEdson Arantes do Nascimento
Gebore(1940-10-23)23 Oktober 1940
GeboorteplekTrês Corações, Brasilië
Oorlede28 Desember 2022 (op 82)
Plek oorledeSão Paulo, Brasilië
Lengte1,73 m
SpeelposisieVoorspeler
Aanvallende middelveldspeler
Jeugloopbaan
1953–1956Bauru
Seniorloopbaan*
JareSpanKere(Doele)
1956–1974Santos638(619)
1975–1977New York Cosmos56(31)
Totaal694(650)
Nasionale span
1957–1971Brasilië92(77)
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga..
† Kere uitgedraf (Doele).

Pelé het 'n nasionale held in sy tuisland geword, waar die regering hom tot 'n nasionale skat verklaar het. Hy is bekend vir sy prestasies in en bydraes tot sokker en FIFA het amptelik verklaar dat hy die sokkerambassadeur van die wêreld is. Hy bied ook sy ondersteuning aan beleide wat die sosiale omstandighede van die armes probeer verbeter; toe hy sy duisendste doel aangeteken het, het hy dit aan die arm kinders van Brasilië opgedra. Deur die loop van sy loopbaan het hy bekend gestaan as "die koning van sokker (O Rei do Futebol), "die koning Pelé (O Rei Pelé) of slegs "die koning" (O Rei). Hy is ook 'n lid van die Amerikaanse nasionale sokkereregalery.

Pelé het op 15-jarige ouderdom vir die Santos-sokkerklub begin speel en reeds met 16 saam met die nasionale span uitgedraf: saam met sy span het hy op 17 sy eerste Sokker-Wêreldbeker gewen. Alhoewel hy talle aansoeke van Europese klubs gehad het, was die ekonomiese omstandighede en die destydse Brasiliaanse sokkerregulasies ten gunste van die Brasiliaanse Santos-sokkerklub en het hy tot 1974 vir hulle gespeel. Pelé het binnevoorspeler, doelskopper en spelskepper gespeel. Sy tegniek en natuurlike atletiese vermoëns is alom geprys; hy was beroemd vir sy uitstekende dribbelwerk en aangee, sy pas, kragtige skoppe en tallose doele.

Hy is die speler met die meeste doele in die geskiedenis van die nasionale Brasiliaanse sokkerspan en is die enigste sokkerspeler wat al deel was van drie spanne wat die Sokker-Wêreldbeker (1958, 1962 en 1970) verower het. Hy het egter nie die 1962-toernooi voltooi nie, as gevolg van 'n besering. FIFA het egter in November 2007 aangekondig dat die medalje tog aan hom toegeken sal word.

Ná sy aftrede in 1977 was Pelé 'n sokkerambassadeur.

Internasionale loopbaanstatistieke

Pelé: Brasiliaanse sokkerspeler (1940–2022) 
Pelé saam met die Brasiliaanse nasionale sokkerspan wat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 gewen het
Pelé: Brasiliaanse sokkerspeler (1940–2022) 
Pelé saam met die Brasiliaanse nasionale sokkerspan wat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 gewen het

Vir die Brasiliaanse nasionale sokkerspan:

Jaar Kere uitgedraf Doelskoppe
1957 2 2
1958 7 9
1959 9 11
1960 6 4
1961 0 0
1962 8 8
1963 7 7
1964 3 2
1965 8 9
1966 9 5
1967 0 0
1968 7 4
1969 9 7
1970 15 8
1971 2 1
Totaal 92 77

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1940202223 Oktober28 DesemberBrasiliëInternasionale Olimpiese KomiteeSokkerThomas Edison

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Afrikaanse televisiereekseParkinson se siekteHernubare energieErfenisdag (Suid-Afrika)Lys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)MiltMenslike seksuele gedragLarry PageMusieksimboleAspoestertjieVerkleurmannetjieLangste woordDriedimensioneelProstaatklierShakaPoesKanadaKSteenkoolProstaatkankerHeupMIV/vigs in Suid-AfrikaNederlandRieldansKunsmisKolitisLeier2001RugbyDemi Lee MooreDirekte en Indirekte redeBloukraanvoëlOnderwysPuberteitAkademiaEkonomie van Suid-AfrikaKweekhuiseffekJan van RiebeeckGalileo GalileiPseudowetenskapMassaWeervoorspellingLys van Suider-Afrikaanse soogdiereVigsSlaginstrumentHoofkarakterNatuurwetenskapSlag van BloedrivierMynbouTatoeëermerkKwame NkrumahInligtingKoos du PlessisSelfoonJazzEskomVaginaVoorvoegselAustraliëIndustriële RevolusieWater (molekuul)OorstromingKatoenNedersettingSinkRymJanie du PlessisMaanOnderwerp (taalkunde)DoopVolstruisDemokratiese Republiek die KongoAardeLys van elemente volgens simboolBloeddrukHondMangelontsteking🡆 More