Twitch: Videostromingsplatform

Twitch is 'n regstreekse videostromingsplatform wat in besit is van Twitch Interactive, 'n filiaal van Amazon.com.

Twitch
Twitch: Geskiedenis, Bronne, Verwysings
Twitch: Geskiedenis, Bronne, Verwysings
Tipe webblad 'n Videospeletjieswebwerf wat mense toelaat om hul video's op te laai.
Taal(e) Engels
Registrasie Amazon Inc.
Eienaar Amazon Inc.
Outeur Emmett Shear (HUB)
Sara Clemens (HOB)
Opgerig 2010
Huidige status aktief
URL www.twitch.tv

Sedert dit in Junie 2010 bekend gestel is as 'n afwenteling van die algemene belangstellingsplatform, Justin.tv, fokus die webwerf hoofsaaklik op regstreekse videospeletjies, insluitende uitsendings van eSports-kompetisies, bykomend tot kreatiewe inhoud, "in die regte lewe" strome, en meer onlangs, musiekuitsendings. Inhoud op die webwerf kan óf regstreeks of via video op aanvraag gesien word.

Die gewildheid van Twitch sou dit van sy algemeenbelange-eweknie verduister; In Oktober 2013 het die webwerf 45 miljoen unieke kykers gehad, en teen Februarie 2014 is dit beskou as die vierde grootste bron van piekinternetverkeer in die Verenigde State. Terselfdertyd is Justin.tv se ouersmaatskappy weer as Twitch Interactive aangewys om die verskuiwing in fokus te verteenwoordig. Justin.tv is in Augustus 2014 gesluit. In daardie maand is die diens deur Amazon verkry vir VS$ 970 miljoen, wat later gelei het tot die bekendstelling van sinergieë met die maatskappy se intekeningsdiens Amazon Prime. Twitch het later "Curse", 'n operateur van aanlyn-videospelegemeenskappe, gekoop, en ingestel om speletjies te koop deur middel van skakels op strome, tesame met 'n program waarmee stromers kommissie ontvang op die verkope van speletjies wat hulle speel.

Teen 2015 het Twitch meer as 1,5 miljoen uitsaaiers en 100 miljoen kykers per maand gehad. Vanaf 3 Maart 2017 bly Twitch steeds die grootste regstreekse videostromingsdiens vir videospeletjies in die VSA en het 'n voordeel bo YouTube Gaming. Sedert Februarie 2020 het dit 3 miljoen uitsaaiers maandeliks en 15 miljoen daaglikse aktiewe gebruikers.

Geskiedenis

Toe Justin.tv in 2007 van Justin Kan en Emmett Shear van stapel gestuur is, is die werf verdeel in verskeie inhoudskategorieë. Die speelkategorie het veral vinnig gegroei, en het die gewildste inhoud op die webwerf geword. In Junie 2011, het die maatskappy besluit om die spelinhoud as Twitch.TV af te spin, geïnspireer deur die term twitch gameplay. Dit is amptelik van stapel gestuur in die publieke beta op 6 Junie 2011. Sedertdien het Twitch meer as 35 miljoen unieke besoekers per maand gelok. Twitch het ongeveer 80 werknemers in Junie 2013 gehad, wat in Desember 2013 tot 100 gestyg het. Die maatskappy het sy hoofkwartier in San Francisco se finansiële distrik.

Bronne

  • Payne, Katherine; Keith, Mark J.; Schuetzler, Ryan M.; Giboney, Justin Scott (Desember 2017). "Examining the learning effects of live streaming video game instruction over Twitch". Computers in Human Behavior. 77: 95–109. doi:10.1016/j.chb.2017.08.029.
  • http://www.twitch.tv
  • https://venturebeat.com/2018/01/17/twitch-brings-in-a-team-of-executives-to-oversee-deployment-of-new-features/

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Twitch GeskiedenisTwitch BronneTwitch VerwysingsTwitch Eksterne skakelsTwitchAmazon.com

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BybelNasionale PartyLangste woordVoorvoegselOos-KaapSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeCarike KeuzenkampVoedselkettingCounter-Strike 2SendelingposisieRussiese inval in Oekraïne sedert 2022NaaldekokerDuitslandMigrasie van diereStadWright-broersCholeraEreksieSimboolIntensiewe vormDomineeFrankrykMaatskaplike verantwoordelikheidDrakensbergeVulvaKankerLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Slag van BloedrivierWatersuiweringMiddelmisbruikLeeudoringstad-spoorwegrampDieregeluideMartin Luther King jr.Lionel PetersonTsoenamiRefentse MorakeGrondsoortePretoriaInkomsteDriehoekCalviniaSportEkotoerismeOnderwysNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAfrikaanse TaalmonumentPornografiese subgenresKimberleyPresident van Suid-AfrikaProstaatkankerGeografie van Suid-AfrikaHector PietersonMisdaadromanWaterpokkiesNeerslag1913Sekondêre sektor van die ekonomieRooibokNamakwalandMuishondEkologieHondTafelbergAfrikaanse woordelys en spelreëlsOnderwerp (taalkunde)DermpoliepDomkragAnti-inflammatoriese middelWinnie Madikizela-MandelaNasiebouVierkantswortelHefboom🡆 More