Sinoniem: Woorde met dieselfde of soortgelyke betekenisse

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld:

  • Die afrigter/breier van 'n span; en
  • Om 'n afkeer van/hekel aan iets te hê.

Alhoewel twee woorde soms min of meer dieselfde beteken, is die nie vanselfsprekend dat albei ewe goed op elke plek inpas nie, want die gevoelswaarde en toon kan verskil:

  • Die heelal is oneindig/eindeloos

Eindeloos en oneindig beteken albei sonder einde, maar oneindig beteken ook buitengewoon groot of onbegrens. Eindeloos druk soms 'n negatiewe gevoel uit:

  • Hulle het oor die eindelose sandduine voortgestrompel.

Voorbeelde

Voorbeelde van sinonieme:

  • aanhaal — siteer
  • aanwesig — teenwoordig
  • aborsie — vrugafdrywing
  • advertensie — reklame
  • bly – opgewonde, opgeruimd
  • bang – bevrees, beangs, vreesbevange
  • chemie — skeikunde
  • dwing — forseer
  • ellendig — miserabel
  • folter — martel
  • giftig — toksies
  • jaloesie — afguns
  • kwaad – woedend, boos, omgekrap
  • komieklik — koddig / snaaks
  • lessenaar — skryftafel
  • moeg – uitgeput, tam, energieloos
  • periode — tydperk
  • teenstander — opponent
  • tydperk — periode
  • wanhopig — desperaat
  • wins — profyt

Sien ook

  • Antoniem, woorde wat teenoorgestelde betekenis het.
  • Homoniem, woorde wat dieselfde spelling het en dieselfde klink, maar die betekenisse verskil.
  • Homograaf, woorde wat dieselfde spelling het, maar nie dieselfde betekenis, klankvorm of oorsprong het nie.
  • Homofoon, woorde wat eenders klink, maar die betekenis en spelling verskil.

Tags:

Woord

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KleinkolmuskeljaatkatSinoniemAustraliëSkilpadVaginale kankerJan van RiebeeckLiturgiese jaarLiewe HeksieGeboorteOnderwys in Suid-AfrikaDinosourusKompasGriepSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureBoeberBiljoenBTWUnited Democratic FrontNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweMensKoos BekkerPoesVersamelnaamLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)AarverkalkingCyril RamaphosaNamibiëDonker materieVoorsetselHeliosfeerNederlandsMenseregteDanie du ToitYstervarkPolisieWikipediaVerenigde KoninkrykWerwelkolomPesachIngrid JonkerKriekMenslike penisgrootteRuslandKoggelmanderSowjetunieFinlandPapegaaieLys van Afrikaanse televisiereekseTrappe van vergelykingLetterlike en figuurlike taalgebruikBoomLongontstekingAfrikanersDiepaartromboseLys van veltoestandeAppendiksBosluisbytkoorsDoopAkkedisAasblomEnsiklopedieAfkappingstekenWet op NaturellengrondBloeddrukPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSendelingposisieKatAardbewingSamestellende afleiding🡆 More