Georgiërs

Die Georgiërs of Kartweliërs (Georgies: ქართველები, kartwelebi) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Georgië wat Georgies en ander Kartweliese tale as moedertaal praat.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Georgies.

Hulle vorm naas die Azerbeidjanners en die Armeniërs die derde grootste inheemse etniese groep in die Kaukasus-streek en die titulêre nasie van Georgië, waar hulle sowat 84% van dié land se bevolking uitmaak.

Georgiërs
Kartweliërs
Georgiërs
Totale bevolking: ca. 5–7 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Georgië Georgië ~3,7 miljoen

Vlag van Rusland Rusland 157 803
Vlag van Oekraïne Oekraïne 34 199
Vlag van Griekeland Griekeland 27 400

Taal: Georgies en ander Kartweliese tale
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk (Georgies-Ortodokse en Apostoliese Kerk)
Minderhede van Ateïsme, Rooms-Katolieke Kerk, Islam
Verwante etniese groepe:
Georgiërs
Een teorie oor die Georgiërs se naam is dat dit van Sint Joris, Georgië se beskermheilige, afgelei is. Standbeeld in Tbilisi

Volgens oorlewerings is die Georgiërs afstammelinge van Kartlos, hul mitiese voorvader in die Georgiese mitologie. Kartlos was 'n nakomeling van die Bybelse Noag en moontlik naamgewer van die Georgiërs (Kartweliërs).

Die meeste Georgiërs is aanhangers van die Georgies-Ortodokse en Apostoliese Kerk, een van die wêreld se oudste nasionale kerke. Reeds in die 4de eeu het die Christendom die Koninkryk van Iberië bereik en die staatsgodsdiens van Georgië geword. Daarbenewens bestaan minderhede soos ateïste, Rooms-Katolieke en Moslems.

Wêreldwyd leef tussen 5 en 7 miljoen Georgiërs, waarvan sowat as 3,7 miljoen in Georgië, 157 803 in Rusland, 34 199 in Oekraïne en 27 400 in Griekeland. Naas Georgiërs leef nog klein minderhede soos Azerbeidjanners (6,5%) en Armeniërs (5,7%) in Georgië.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

ArmeniërsAzerbeidjannersEtniese groepGeorgiesGeorgiëKartweliese taleKaukasusMoedertaalNasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SlangLettergreepMagneetBeesDepressie (gemoedstoestand)Maroela MediaAnale seksToekoms van die AardePoesAfrikaanse taalleerHeupvervangingSout (chemiese stof)Periodieke tabelEngelsLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLandbouLenteSeksposisieGrootste rampe in Suid-AfrikaMobutu Sese SekoOlifantLetterlike en figuurlike taalgebruikSokkerMoedersdagLewerDuitse maselsVoortrekkermonumentCarike KeuzenkampWêreld- Ekonomiese ForumSendelingposisieVlag van Suid-AfrikaHartseer16 NovemberNommertekenWebwerf23 AprilStikstofWaterRugbywêreldbeker 20233D-rolprentSpringbokkeFabelJan van RiebeeckKankerNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaStollingsgesteenteChroniese siekteMusieksimboleVoornaamwoordBrandmondsindroomDroomOranjerivierVars waterGeografie van Suid-AfrikaKoorsblaarRooikatYouTubeRob HersovCradock-4JansenvilleKlimaatsverandering in AfrikaDermpoliepMiltDigvormCheslin KolbeDubbelpuntWoordImpakte van toerismeShakaAlkoholismeEmfiseemSmeltpuntTamatieAB de Villiers🡆 More