Whl0137-Ls

WHL0137-LS, ook bekend as Earendel, is 'n ster in die sterrebeeld Walvis wat in 2022 deur die Hubble-ruimteteleskoop ontdek is.

Dit is die oudste en verste bekende ster, op 'n afstand van 28 miljard ligjare (8,6 miljard parsek). Die voorheen verste bekende ster, onder meer bekend as Icarus, was 14,4 miljard ligjare (4,4 miljard parsek) van die Aarde af. Dit is in 2018 deur Hubble ontdek.

WHL0137-LS (Earendel)
'n Foto van die ster deur Nasa se Hubble-ruimteteleskoop (uitgereik: 30 Maart 2022).
'n Foto van die ster deur Nasa se Hubble-ruimteteleskoop (uitgereik: 30 Maart 2022).
Sterrebeeld Walvis
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 01h 37m 23.232s
Deklinasie –8° 27′ 52.20″
Besonderhede
Massa (M) 50-100
Temperatuur (K) >20 000
Afstand (ligjaar) 28 miljard
Ander name
Earendel
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Waarneming

Die ontdekking van Earendel deur Hubble is op 30 Maart 2022 aangekondig. Die ster is waargeneem danksy 'n gravitasielens wat veroorsaak is deur die teenwoordigheid van die sterreswerm WHL0137-08 tussen die ster en die Aarde; dit het die lig van die ster af vergroot. Rekenaarsimulasies van die gravitasielens dui daarop dat Earendel se helderheid tussen 1 000 en 40 000 keer vergroot is.

Die bynaam Earendel wat die ontdekkers aan die ster gegee het, kom van Oudengels en beteken "oggendster" of "opkomende lig". Eärendil is ook die naam van 'n karakter in een van J.R.R. Tolkien se boeke wat deur die lug reis met 'n juweel wat so helder soos 'n ster is. Die Nasa-sterrekundige Michelle Thaller het bevestig dat die verwysing na Tolkien doelbewus was.

Die ster se moedersterrestelsel, WHL0137-zD1, het die bynaam "Sunrise Arc" gekry omdat die gravitasielens sy lig in 'n lang sirkelmaan verwring het.

Daar is voorgestel Hubble en die James Webb-ruimteteleskoop doen nog waarnemings om die eienskappe van die ster beter vas te stel. Met James Webb se groter sensitiwiteit sal Earendel se spektraallyne beter vasgestel kan word, asook of dit 'n enkelster is. Daar sal ook bepaal word of daar swaarder elemente as waterstof en helium in die sterspektrum teenwoordig is.

Fisiese eienskappe

Die lig van Earendel wat waargeneem is, is net 900 miljoen jaar ná die Oerknal uitgestraal. Die ster het 'n rooiverskuiwing van 6,2 ± 0,1, wat beteken die ster se lig het ons 12,9 miljard jaar later vir die eerste keer bereik. Weens die uitdying van die heelal is die ster se waargenome posisie nou egter 28 miljard ligjare van hier.

Earendel het waarskynlik 'n massa van tussen 50 en 100 sonmassas. Vanweë sy groot massa het die ster waarskynlik 'n paar miljoen jaar ná sy vorming as 'n supernova ontplof. Sy effektiewe temperatuur sal minstens 20 000 K (20 000 °C) wees.

Notas

Verwysings

Skakels

  • Whl0137-Ls  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Whl0137-Ls WaarnemingWhl0137-Ls Fisiese eienskappeWhl0137-Ls NotasWhl0137-Ls VerwysingsWhl0137-Ls SkakelsWhl0137-LsAardeHubble-ruimteteleskoopLigjareParsekSterWalvis (sterrebeeld)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EjakulasieDomkragSkoenlapperGasWaterbesparing in Suid-AfrikaGoogleKoorsPerdebyeToestand van materieAsiëSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Peach van PletzenNederlandMosambiekkanaalKrokodilGeelhoutMonoloogLys van Afrikaanse skrywersFisiese oefeningItaliëDie Laaste Avondmaal (Leonardo)TelkomSpoorvervoer in Suid-AfrikaSonpaneelLimfvatstelselNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLuiperdVryheidsmanifesTuberkulosePlae van EgipteHorlosieJode in Suid-AfrikaHomofoonMetaalInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandHibernasieMark (ekonomie)Wynand du ToitSprokieMiltTweede WêreldoorlogDierBeeldspraakRenosterDrakensbergeWieg van die MensdomTienie HollowayVlagterminologieKarakteriseringAbsolute monargiePaasfeesHector PietersonPriemgetalJohannesburgBank (finansiële instelling)Pubiese hareErfenisdag (Suid-Afrika)RelatiwiteitsteorieMantisJodeSatellietKunsmatige intelligensieAdolf HitlerOnse VaderWitbloedselTandbederfCarike KeuzenkampLangste woordFinale OplossingTamatieKaartMandalaRymReënspinnekop🡆 More