Die Wêreldgesondheidsorganisasie is 'n agentskap van die Verenigde Nasies met sy hoofkwartier in Genève, Switserland.
Sy doel is om as koördineerder op te tree ter bevordering van internasionale openbare gesondheid. Die WGO (Engels: WHO – World Health Organisation) het op 7 April 1948 totstand gekom (7 April word ook as internasionale Wêreldgesondheidsdag gevier). Die WGO het tans 192 lidlande.
Die WGO se organe is die jaarlikse Wêreldgesondheidsvergadering, die Uitvoerende Raad met 34 lede en die Sekretariaat met die Direkteur-generaal (tans Tedros Adhanom van Ethiopië) en nege uitvoerende direkteure. Die WGO beskik daarnaas oor ses streekkantore.
Die WGO het tans 4 000 medewerkers, waarvan 1 500 in sy hoofkwartier werk. Die jaarlikse begroting het in die 2006/07 fiskale jaar VS$ 3,313 miljard beloop, waarvan VS$ 924 miljoen in die reëlmatige begroting (ledegelde van lidlande) en VS$ 2,398 miljard se vrywillige bydraes.
Die WGO se streekkantore het hulle setels in die volgende stede:
Die WGO strewe daarna om in steeds meer lidlande verteenwoordig te wees. Die WGO se lopende programme word deur sowat 200 koöperatiewe sentrums en navorsingsinstellings ondersteun.
Die WGO is teen die einde van die 1990's in organisatoriese opsig herstruktureer en konsentreer nou op 'n aantal hooftake soos
Die klassifikasie van siektes en mediese diagnoses (International Classification of Diseases of ICD-10-kodering), gesondheidsregulasies (International Health Regulations, IHR), van geneesmiddels (Anatomical Therapeutic Chemical, ATC-kodering) asook fisiese gestremdhede (International Classification of Functioning, Disability and Health, ICF) val ook onder die WGO se beheer.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie is op 7 April 1948 gestig.
Wiki Commons bevat media in verband met Wêreldgesondheidsorganisasie. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wêreldgesondheidsorganisasie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.