Die Wêreldbank (Engels: World Bank) is die wêreld se grootste instelling vir ontwikkelingsamewerking en is op 27 Desember 1945 gestig.
Die instelling verskaf lenings aan ontwikkelende lande en middelinkomste-lande, met die bestryding van armoede as sy hoofdoel. Hierdie internasionale bank is tegnies gesproke 'n gespesialiseerde organisasie van die Verenigde Nasies. Die finansiële steun wat deur die Wêreldbank verleen word, word vir verskeie doeleindes aangewend, van strukturele hervormings van 'n land se gesondheids- en onderwyssektor, tot omgewings- en infrastruktuurprobleme soos by damme, paaie en nasionale parke. Die bank stel egter streng eise aan sy kliënte: sogenaamde "strukturele aanpassings" word vereis, soos antikorrupsiemaatreëls en privatisering van regeringsdienste.
Tot dusver was al die presidente van 'n Amerikaanse afkoms.
Wiki Commons bevat media in verband met Wêreldbank. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wêreldbank, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.