Voorbeelde van voorsetsels is:
- op, onder, langs, aan, by, deur, in, naas, om, voor, agter en tussen.
Betekenis
As voorsetsels alleen staan, het dit geen betekenis nie.
- Bv. op, onder, langs, naby, teenoor, bo-oor, ensovoorts (geen betekenis).
- Voorsetsels het slegs betekenis as dit saam met ander woord(e) gebruik word:Bv: onder die boom; op die stoel, langs die kas, ens. (meer betekenis)
Voorbeelde
- Die vrou staan langs die rooi motor.
- Ons ry elke dag per trein.
- Kyk hoe lekker spring sy oor die tou!
- Hy praat al te lekker oor die foon.
Samestellings
- Samestellings word vas geskryf waar 'n naamwoord + setsel gebruik word, soos in die woorde: beenaf, bekaf, dagin, daguit, padlangs, raadop en stroomaf.
- Let daarop dat wanneer die naamwoord en setsel as deel van 'n woordgroep gelyke klem dra, die naamwoord en setsel los van mekaar geskryf word, soos in die sinne: Ons het met die kus langs getoer. Hulle het teen die berg op gestap.
- Wanneer 'n bywoord/byvoeglike naamwoord + setsel gebruik word, word die woorde vas aan mekaar geskryf, soos in die woorde: andersom, langsaan, regaf, voluit en vooroor.
Werkwoordelike verbindings
- 'n Skeibare werkwoord met 'n setsel as eerste deel word vas geskryf wanneer die setsel die werkwoord direk voorafgaan.
Ek het die kursus aangebied. As ek agterkom dat jy kul, kry jy nul. Jy moet jou kos opeet.
Verbindings met hier, daar en waar
- Hier, daar en waar word vas geskryf aan die setsels waarmee hulle verbind
Hulle het hieraan/daaraan gedink. Tot hiertoe en nie verder nie. Waarheen gaan ons nou?
Eksterne skakels
Bronne
- Afrikaanse woordelys en spelreëls, 2017. Kaapstad: Pharos
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Voorsetsel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.