Verkragting: Tipe seksuele aanranding wat gewoonlik seksuele omgang sonder toestemming behels

Verkragting is ’n soort seksuele aanranding wat gewoonlik seks of ’n ander vorm van penetrasie behels met iemand sonder sy of haar toestemming.

Die daad kon uitgevoer gewees het deur fisieke geweld, dwang, magsmisbruik of teen iemand wat nie in staat is om geldige toestemming te verleen nie, soos iemand wat bewusteloos of buite aksie is of onder die wettige ouderdom is. Die term "seksuele aanranding" word soms gebruik in plaas van "verkragting".

Seksuele aanranding
Klassifikasie en eksterne bronne
Die verkragting van die adellike Lucretia was ’n beginpunt van die gebeure wat tot die omverwerping van die Romeinse Koninkryk en die stigting van die Romeinse Republiek gelei het.
Die verkragting van die adellike Lucretia was ’n beginpunt van die gebeure wat tot die omverwerping van die Romeinse Koninkryk en die stigting van die Romeinse Republiek gelei het.
ICD-9 E960.1
MedlinePlus   001955
MeSH D011902
Verkragting: Tipe seksuele aanranding wat gewoonlik seksuele omgang sonder toestemming behels Mediese waarskuwing
Verkragting: Tipe seksuele aanranding wat gewoonlik seksuele omgang sonder toestemming behels
Kaart van die wettige status van huweliksverkragting volgens lande:

   Huweliksverkragting is gekriminaliseer

   Huweliksverkragting is slegs gekriminaliseer indien die egpaar wettig geskei is

   Huweliksverkragting is 'n vorm van nie-kriminele huishoudelike geweld

   Huweliksverkragting is sover bekend nie gekriminaliseer nie

Die mate waarin verkragting aangemeld, vervolg of skuldiges gevonnis word, verskil grootliks van gebied tot gebied. Die voorkoms van bekende voorvalle van verkragting het in 2010 gewissel tussen 0,2 per 100 000 mense in Azerbeidjan en 92,9 per 100 000 mense in Botswana. Die gemiddelde was 6,3 per 100 000 mense in Litaue. Volgens die Amerikaanse Mediese Vereniging (1995) is seksuele geweld, veral verkragting, die misdaad wat die minste aangemeld word.

Verkragting deur vreemdelinge is gewoonlik minder algemeen as verkragting deur iemand wat die slagoffer ken. Verskeie studies toon aan die verkragting van mans deur mans en vroue deur vroue in tronke is die soort verkragting wat die minste aangemeld word.

Mense wat verkrag is, kan erg getraumatiseer wees en kan aan posttraumatiese stressteuring ly; benewens die sielkundige skade kan verkragting ook lei tot fisieke beserings, seksueel oordraagbare infeksies en swangerskap. Soms kry verkragtingslagoffers geweldddadige dreigemente van die verkragter en, in sommige kulture, van die slagoffer se eie familie.

In middel Desember 2007 is die Suid-Afrikaanse Wet op Seksuele Oortredings verander dat die seksuele aanranding van ’n seun of man vir die eerste keer ook as verkragting beskou word.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

PenetrasieSeks

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BeurtkragTienerSomerMikro-ekonomieKarooPreseminale vloeistofSuurstofVars waterLys van Suid-Afrikaanse musikanteGeografie van Suid-AfrikaHamilton WesselsShakaErfenisAdolf HitlerKuberkrakerCovid-19-pandemieVingerseksPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVerenigde KoninkrykSteve BikoAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidPussy RiotGroepsdrukRassismeKaartKoppeltekenSarah Rose KarrGewasboerdery in Suid-AfrikaGipsBosluisbytkoorsRugbyMusiekSan FranciscoHarry PotterKoperFinale OplossingInternetStikstofHartversakingAngina pectorisVoedingSeksismePuberteitBruin menseChemiese verbindingMondGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSuiwelprodukKankerTsongaVierde Industriële RevolusieSelfvertroueSeksualiteitOnbemande vliegtuigLys van Kaapstad se voorstedeWaterkringloopKoolstofdioksiedSpelerposisies in rugbyApokriewe boekeGewone breukeBloeddrukTsjeggiesBaälBreingewasMaagdelikheidNoFapSkoenlapperSebraGedigEkonomiese sektorApostoliese GeloofsbelydenisSelfmoordPadda🡆 More