Tydlyn Van Homo-, Bi- En Transseksuele Geskiedenis

Hier volg 'n tydlyn van homoseksuele, biseksuele en transseksuele geskiedenis.

25ste/24ste eeu v.C.

  • Chnumhotep en Nianchchnum se graftombe word gedurende die vyfde dinastie in Egipte gebou.

7de eeu v.C.

  • 630 v.C.Doriese aristokrasie in Kreta stel amptelike pederastiese verhoudings tussen volwasse prinse en adolessente seuns in, met die dubbele doel om die jeug op te voed en die bevolkingsaanwas te beperk. Sien Kretiese pederastie.

Mans kon nie in Griekeland wettig met mekaar trou nie, alhoewel lewenslange verhoudings tussen volwasse mans nie ongewoon was nie. Die vennootskappe tussen twee mans in Griekeland was dieselfde as heteroseksuele verhoudings deurdat daar gewoonlik 'n generasiegaping in die ouderdomme tussen die twee partye was en dat die ouer persoon as die opvoeder of mentor opgetree het.

  • 600 v.C.Sappho van Lesbos skryf haar beroemde liefdesgedigte aan jong vroue en bied inspirasie vir die woord lesbies. Latere werke deur Plato gee aan Sappho die eer vir die uitvinding van die Mixolydiese mode ('n soort musikale skaal).

5de eeu v.C.

  • 425-388 v.C. – 'n Reeks satires wat deur Aristophanes gepubliseer word, spot met verwyfde mans, transvestiete en volwasse mans wat die passiewe seksuele rol geniet het. Dit bied bewyse dat alhoewel die Griekse kultuur homoseksualiteit aanvaar het, verwyfde mans verwerp is. Vroulikheid in mans is openlik bespot.

4de eeu v.C.

  • 385 v.C.Plato se Simposium word gepubliseer. Hy meen dat die liefde tussen mans die hoogste liefdesvorm is en dat seks met vroue wellustig en slegs vir voortplantingsdoeleindes is. Griekse mans kon slegs met ander mans hul volle intellektuele potensiaal bereik.
  • 350 v.C. – Plato publiseer Wette, waarin hy 'n drasties ander benadering as in Simposium aanneem. Hier word homoseksualiteit as wellusitg en verkeerd vir die samelewing gekritiseer omdat dit nie die spesie bevorder nie en tot onverantwoordelike burgerskap kan lei.
  • 338 v.C. – Die Heilige Skare van Thebe, 'n onoorwonne elitebataljon bestaande uit 150 homoseksuele paartjies, word deur die krygers van Phillip II van Macedonië vernietig, waarna hy die daad betreur en hul eer besing.
  • 326 v.C. – Die homoseksuele/biseksuele militêre leier Alexander die Grote voltooi die verowering van die destyds bekende Westerse wêreld en bekeer miljoene mense tot die homovriendelike Hellenistiese kultuur, wat die begin van die Hellenistiese Era inlui.

1ste eeu v.C.

  • 80 v.C.Julius Caesar het 'n liefdesverhouding met koning Nicomedes IV van Bithynië.
  • 27 v.C.Augustus se heerskappy van die Romeinse Ryk begin. Die eerste aangetekende homoseksuele huwelike vind in hierdie tydperk plaas.

Tydens die bewind van die Romeinse Ryk word homoseksuele liefde in 'n positiewe lig in kuns en letterkunde uitgebeeld. Die Romeine, nes die Grieke, het liefde en seks onder mans verheerlik. Twee Romeinse keisers het in die openbaar met mans in die eg getree, sommige het minnaars van dieselfde geslag gehad, en belasting is amptelik op homoseksuele prostitusie gehef.

1ste eeu

  • 54Nero word die keiser van Rome. Hy het met twee mans in wettige seremonies getrou, en een van hulle het dieselfde aansien as die keiser se vrou geniet.
  • 98 – Trajan, een van die mees geliefde Romeinse keisers, kom aan die bewind. Hy was bekend vir sy homoseksualiteit en sy voorkeur vir jong mans. Die koning van Edessa, Abgarus, het hieruit voordeel getrek toe hy hom die woede van Trajan op die hals gehaal het vir 'n misdaad en toe vergifnis gekry het deur sy aantreklike jong seun aan Trajan te stuur.

3de eeu

  • 218 – Keiser Elagabalus kom aan die bewind. Hy trou met 'n man genaamd Zoticus, 'n atleet van Smirna, in 'n weelderige openbare seremonie onder toejuiging van die publiek.
  • 244-249 – Keiser Philip die Arabier probeer en misluk daarin om homoseksuele prostitusie onwettig te laat verklaar.

4de eeu

  • 305-306 Die Raad van Elvira (nou Granada, Spanje) was die verteenwoordiger van die Wes-Europese Kerk en het onder andere die reg van homoseksuele ontneem om in wettige verhoudings met mekaar te tree.
  • 314 Die Raad van Ancyra (nou Ankara, Turkye) was die verteenwoordiger van die Oos-Europese Kerk en het die Sakramente vir vyftien jaar ontneem van ongetroude mans wat in homoseksuele dade gevang is – en lewenslank as hy ouer as vyftig en getroud was.
  • 342 – Die Christelike keisers Constantius II en Constans kondig die eerste aangetekende wet teen homoseksuele huwelik af.
  • 390 – In 390 het die Christelike keisers Valentinianus II, Theodosius I en Arcadius homoseksuele omgang as onwettig verklaar en oortreders tot openbare doodstraf op die brandstapel gevonnis.
  • 390- 405 Nonnus se Dionysiaca is die laaste letterkundige werk vir bykans 1 000 jaar wat homoseksuele passie verheerlik het.

Verwysings

Tags:

Tydlyn Van Homo-, Bi- En Transseksuele Geskiedenis 25ste24ste eeu v.C.Tydlyn Van Homo-, Bi- En Transseksuele Geskiedenis 7de eeu v.C.Tydlyn Van Homo-, Bi- En Transseksuele Geskiedenis 5de eeu v.C.Tydlyn Van Homo-, Bi- En Transseksuele Geskiedenis 4de eeu v.C.Tydlyn Van Homo-, Bi- En Transseksuele Geskiedenis 1ste eeu v.C.Tydlyn Van Homo-, Bi- En Transseksuele Geskiedenis 1ste eeuTydlyn Van Homo-, Bi- En Transseksuele Geskiedenis 3de eeuTydlyn Van Homo-, Bi- En Transseksuele Geskiedenis 4de eeuTydlyn Van Homo-, Bi- En Transseksuele Geskiedenis VerwysingsTydlyn Van Homo-, Bi- En Transseksuele Geskiedenis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van kleureGolf (fisika)SkarlakenkoorsLeeuTweede VryheidsoorlogDiepaartromboseHeupSkaapLys van medisinale kruieSeisoenTandbederfHolocaustPretoriaRobbeneilandPoesVoegwoordKindermishandelingVerkragtingMark (ekonomie)EreksieAngolese BurgeroorlogBeaufortskaalSuiwelprodukBevolkingsafnameVulvaOnse VaderKontrasKwikFabelHipertensieRenosterAkuutSatellietLys van politieke partye in Suid-AfrikaLys van argaïsmesAfghanistanSeksuele penetrasieRekenaarOntwerpChemiese elementGezina, PretoriaMaagsweerPlastiekVaginaWelwitschiaLodewyk XVI van FrankrykMahatma GandhiLys van chemiese elemente volgens atoomgetalMadison IvyMorfologie (taalkunde)Bobby van JaarsveldWêreld- Ekonomiese ForumGroepsgebiedewetErfenisVitamienEmosieBloemfonteinVolstruisEnkelvoudige sinSeekoeiXenofobieDrakensbergeBlourokkeDroogteLys van kinderspeletjiesAarverkalkingLys van Afrikaanse skrywersFinale OplossingVrymesselaryByWeefselPeter SnydersNic de JagerWitrenoster🡆 More