Steffi Van Wyk

Steffi van Wyk (geb.

Otjiwarongo, Namibië, 22 April 1992) is ’n Namibiese skoonheidskoningin, atleet en model wat haar land in Desember 2015 in die Mej. Wêreld-wedstryd in China verteenwoordig het.

Steffi van Wyk
Gebore 22 April 1992 (1992-04-22) (32 jaar oud)
Plek Otjiwarongo, Namibië
Nasionaliteit Namibies
Geboortenaam  Steffi van Wyk
Beroep Sportkoördineerder
Alma mater Hoërskool Jan Möhr, Sentrale Universiteit van Tegnologie
Loopbaan
Titel(s) Mej. Namibië 2015
Haarkleur Bruin
Oogkleur Haselneut
Lengte 1,75 m
Persoonlike gegewens
Kinders Geen

Herkoms en opleiding

Van Wyk het vir die grootste deel van haar kinderlewe op Otjiwarongo gewoon en het haar by geleentheid as ’n “hiperaktiewe” kind beskryf wat graag buite saam met haar ouer broer en sy maatjie gespeel het. Toe sy 13 jaar oud was, het die gesin Tsumeb toe getrek. Hulle het later na Windhoek verhuis en sy het haar laaste skooljare in die hoofstad voltooi aan die Hoërskool Jan Möhr, waarna sy in Suid-Afrika studeer het. Sy het ’n honneursgraad in sportwetenskap en was in 2016 besig met haar M.B.A. deur die London School of Marketing. Steffi se familie is sportief. Haar broer, Russell van Wyk, speel vir die Welwitschias, Namibië se nasionale rugbyspan.

Sportloopbaan

Van Wyk se gunstelingtydverdrywe is onder meer sosialisering met vriende, oefening en om aan sport deel te neem. Sy is ’n 100 m-hekkiesatleet en het in 2012 die Namibiese nasionale rekord verbeter. Dié rekord is 20 jaar vantevore (in 1992) deur Charmaine Smit opgestel. Van Wyk wou in 2015 internasionaal in 60 m-hekkies meeding, maar as gevolg daarvan dat sy Mej. Namibië was, moes sy dié droom uitstel. Sy was egter van plan om ná haar jaar as Mej. Namibië met haar atletiekloopbaan voort te gaan. Sy is ook ’n kranige hokkiespeler, maar moes dit laat vaar ter wille van atletiek.

Studie en werk

Van Wyk het tydens haar studie aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein aan die Vroue-Sewesrugbyreeks deelgeneem, maar ná ’n jaar besluit dié sportsoort is nie geskik vir haar nie. Sy is ná haar terugkeer in Namibië aangestel as sportorganiseerder (sy rig veral hokkie af) en deeltydse fiksheidsinstrukteur by haar ou skool. Haar kontrak het egter in Augustus 2015 verstryk sodat sy haar voltyds kon wy aan haar pligte as Mej. Namibië.

Mej. Namibië

Tydens dié wedstryd op Saterdag 8 Augustus 2015 het Van Wyk, wat 1,75 m lank is, se elegansie en skoonheid die beoordelaars beïndruk. So het sy die opvolger van Brumhilda Ochs geword toe sy aangewys word as die 35ste Mej. Namibië vandat die wedstryd die eerste keer in 1980 aangebied is. Ook onder die topvyf in dié wedstryd was Lowrien Hamunjela, Sanet van Zyl, Lyrischia Immanuellah en Unongo Kutako. Fatima Shaningwa het die kykerskeusekroon gekry, terwyl Marizan Fisch en Liandré Claasen onderskeidelik as Mej. Persoonlikheid en Mej. Fotogenies aangewys is. Die beoordelaars was Nic Kruger, Jacolien Flanegan, Veueza Star Kandji, Manga Nawa-Mukena, Mia de Klerk, Mathews Hamutenya en Hilda Basson-Namundjebo.

Mej. Wêreld

In Desember 2015 het van Wyk skoonskip gemaak in die sportafdelings van die Mej. Wêreld-wedstryd in China, is so aangewys as Mej. Sport en het dus outomaties deurgedring na die top-25. Op 19 Desember is Mireia Lalaguna van Spanje as Mej. Wêreld 2015 aangewys en het Rolene Strauss van Suid-Afrika haar kroon aan haar oorhandig.

Huwelik

Sy is in 2016 in die Askari-­wildreservaat naby Magaliesburg getroud met Clint Brink, 'n Suid-Afrikaanse akteur wat in sepies soos Binnelanders, Backstage en Generations te sien was.

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Brumhilda Ochs
Mej. Namibië
2015
Opgevolg deur
Lizelle Esterhuizen

Tags:

Steffi Van Wyk Herkoms en opleidingSteffi Van Wyk SportloopbaanSteffi Van Wyk Studie en werkSteffi Van Wyk Mej. NamibiëSteffi Van Wyk Mej. WêreldSteffi Van Wyk HuwelikSteffi Van Wyk BronneSteffi Van Wyk VerwysingsSteffi Van Wyk Eksterne skakelsSteffi Van Wyk199222 AprilChinaNamibiëOtjiwarongo

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GesondheidSowjetunieDeelwoordTropiese sikloonProteïenLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVersamelnaamSeksismeStaatstoelaeMIVStilleweTaalfossielWaterstofKonjunktivitisVryheid van spraakIndiëMenseregteJohannes MeintjesDistrik SesKlavierDundermStellenboschSuid-Afrikaanse GrensoorlogDuitsMosesJeuksiekteWoestynMandalaReënvalbepalingDricus du PlessisTussenwerpselOranjerivierSout (chemiese stof)OopbroninhoudKangogrotteEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaEerste WêreldoorlogJohannes HahnVloeistofJan van RiebeeckTaalAngina pectorisWikiquotePikkewynWinnie Madikizela-MandelaGriepLys van elemente volgens simboolNamibiëReënspinnekopUitwerking van klimaatsveranderingVerdampingSuid-EuropaGoudkus (streek)ReënToestand van materieLys van Joodse feeste en herdenkingsIslamitiese StaatWikimedia-stigtingNierversakingKinkhoesPretoriaBesoedelingVratVryheidsmanifesNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMynbedryf van Suid-AfrikaRumatoïede artritisVeeartsKolonisasieKlimaatsverandering in AfrikaBurgerregteKoue OorlogJazzJansenvilleFossielbrandstofKlimaatPampoentjies🡆 More