Starlink

Starlink is ’n satellietnetwerk wat deur die Amerikaanse maatskappy SpaceX gebou word om internettoegang te verskaf.

Die netwerk sal uit duisende klein satelliete bestaan wat saam met ontvangers op die grond sal werk. SpaceX beplan ook om van die satelliete vir militêre, wetenskaplike of verkenningsdoeleindes te verkoop.

Starlink
Logo.

Teen November 2019 het SpaceX 122 satelliete ontplooi. Hulle beplan om nog 60 per lansering te ontplooi, teen ’n tempo van ’n lansering elke twee weke vanaf November. Teen die middel 2020's sal byna 12 000 satelliete ontplooi wees, en dit kan later dalk tot 42 000 vermeerder word. Die aanvanklike 12 000 satelliete sal op drie hoogtes om die Aarde wentel: 1 600 op 550 km, nog sowat 2 800 op 1 150 km en sowat 7 500 op 340 km. Kommersiële gebruik kan in 2020 begin.

Kommer is al uitgespreek oor die langtermyngevaar van ruimterommel as gevolg van die plasing van duisende satelliete in wentelbane bo 1 000 km en ’n moontlike impak op sterrekunde.

Die totale koste van die dekade lange projek om die netwerk te ontwerp, bou en ontplooi is in Mei 2018 deur SpaceX op $10 miljard geraam. Die ontwikkeling van die projek het in 2015 begin, met die twee eerste prototipe-toetssatelliete wat in Februarie 2018 gelanseer is. Die ontplooiing van ’n tweede stel toetssatelliete en die eerste ontplooiing van ’n deel van die netwerk het op 24 Mei 2019 plaasgevind toe die eerste 60 operasionele satelliete gelanseer is.

Fases

Starlink 
Sestig Starlink-toetssatelliete net voor hulle in Mei 2019 gelanseer is.
Fase Wentelbaan (km) Getal satelliete Helling (grade) Tyd van voltooiing
1
550 1 584 53 Maart 2027
1 110 1 600 53,8
1 130 400 74
1 275 375 81
1 325 450 70
2
335,9 2 493 42 November 2027
340,8 2 478 48
345,6 2 547 53

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

InternetSatellietSpaceXVSA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerplegingNarsismeInligtingstegnologieLys van Islamitiese feeste en herdenkingsIrma SternAnneli van RooyenCristiano RonaldoGewone tarentaalWoudHelm (geboorte)Klem-in-die-kaakHartMaagsweerGeslagsgelykheidSpanbandbrugHidroponikaDaggaNoord-KaapAapHolocaustRacheltjie de BeerGriepMIV/vigs in Suid-AfrikaNkosi Sikelel' iAfrikaDiskriminasie op grond van velkleurMoslemAdolf HitlerAfrikaOm-te-infinitiefkonstruksieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLetterlike en figuurlike taalgebruikMynbou7de LaanPrivaat maatskappySuid-Afrikaanse pondJohannesburgBywoordRotskunsHomofoonKlereDundermValentynsdagWebjoernaalEl NiñoAsiëEgipteGianna MichaelsUitstelBladwisselendLughaweVerkleinwoordOudtshoornVlag van Suid-AfrikaNoordelike HalfrondNamibiese dollarIngenieursweseJoodse kalenderSterWaterbesoedelingIslamKhoisanAssonansieMaatskappyJavaScriptVoorvoegselBoeddhismeOpenbare BeskermerOseaanSlag van MajubaMarco PoloAlfabetSuid-Afrikaanse randSkoenlapperChirurgieNasionale lied van Suid-AfrikaBlom🡆 More