Spoorloos: Suid-Afrikaanse TV dramareeks

Spoorloos is 'n TV-dramareeks, geïnspireer deur Daddy Longlegs, 'n boek deur die Suid-Afrikaanse skrywer Vernon Baumann.

Die reeks is vanaf 9 Oktober 2018 op KykNET (DStv kanaal 144) uitgesaai.

  • Elke seisoen van die reeks bevat 'n nuwe storielyn en nuwe karakters.
Spoorloos
Spoorloos: Reekse, Rolverdeling, Episodes
Genre Drama
Geskep deur kykNET
Ontwikkel deur Ilse van Hemert
Geskryf deur Ilse van Hemert, Willem Grobler, Beyers de Vos & Christo Davids
Temamusiekkomponis Brendan Jury
Oorsprong Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Taal Afrikaans
Aantal seisoene 4
Aantal episodes 39
Produksie
Vervaardiger(s) Stan Joseph & Ilse van Hemert
Kinematografie Gavin Sterley
Kamera-opstelling Mbali Mkhwanazi & Amelia Henning
Looptydperk 48 minute (omtrent)
Produksiemaatskappy Ochre Moving Pictures
Uitsending
Oorspronklike kanaal kykNET
Beeldformaat HD
Oorspronklike lopie 9 Oktober 2018 (2018-10-09)
  • Reeks 1: Die storie speel af in die dorpie Digtersdal in die Oos-Kaap. Dis 'n spookdorp op soek na genesing en herlewing, maar na dertien jaar se onopgeloste raaisels keer die reeksmoordenaar van destyds skielik terug. Om hom op te spoor, moet 'n speurder en joernalis al die ou wonde oopkrap. Terselfdertyd is daar ook drie kinders van die dorp wat die monster probeer vastrek, met familie-intriges soos net 'n klein dorpie kan hê.
  • Reeks 2: In hierdie seisoen word die storie vertel met nuwe karakters, en ook sy eie, nuwe storielyn. Adam se ontwaking wek baie belangstelling, maar nie almal is ewe bly dat dit gebeur het nie. Daar is 'n vrou wat in die hospitaal rondsluip en die dokter is oënskynlik baie senuagtig. Wanneer Adam later 'n traumatiese gebeurtenis onthou, besluit hy om self te probeer uitvind wat die aand van die motorongeluk gebeur het. Het dit enigiets te doen met die skoolmeisies wat van heksery verdink is?
  • Reeks 3: ’n Baba verdwyn van ’n plaas in die Noord-Kaap. Haar ouers word dood aangetref. Beide die oppasser en die baba is spoorloos. Wat het daardie verskriklike nag gebeur? Wie het die ouers vermoor en hoekom is die dogtertjie ontvoer?
  • Reeks 4: Stefan Claassen se lewe word in chaos gedompel wanneer 'n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom in 'n web van bedrog intrek wanneer sy vermis raak.

Spoorloos word Dinsdagaande om 20h00 op KykNET uitgesaai en is ook op Showmax beskikbaar.

Reekse

Reeks Episodes Oorspronklik uitgesaai
Eerste uitgesaai Laaste uitgesaai
1 13 9 Oktober 2018 (2018-10-09) 1 Januarie 2019 (2019-01-01)
2 10 14 Julie 2020 (2020-07-14) 15 September 2020 (2020-09-15)
3 8 6 Julie 2021 (2021-07-06) 24 Augustus 2021 (2021-08-24)
4 8 19 Julie 2022 (2022-07-19) 6 September 2022 (2022-09-06)

Rolverdeling

Reeks 1

  • Deon Coetzee as Werner Malan
  • Catriona Andrew as Angelique Malan
  • Francois Jacobs as Werner Jr. Malan
  • Amalia Uys as Lara Malan
  • Niel Slabbert as Jan-Gustav Malan
  • Ludwig Binge as Ian Vos
  • Wilmien Rossouw as Frieda Vos
  • Ruan Wessels as Basjan
  • Zane Meas as Adam Arendse
  • Charl Fleurs as Keagan Arendse
  • Eric Bouwer as De Wet
  • Kim Syster as Sonja Landman
  • Lieb Bester as Gert Neethling
  • Elsabé Daneel as Magda Neethling
  • Kagiso Rathebe as Sibusiso Jele
  • Sibulele Gcilitshana as Lusanda Miya
  • Ashley Taylor as Deon Prinsloo
  • Morné Visser as Ds. Els
  • André Odendaal as Piet 'Pille' Taljaart
  • Ineke van der Merwe as Esti Taljaart
  • Hannes van Wyk as Mnr. Immelman
  • Lizz Meiring as Marie Fick
  • SK Sombokwe as Fezile Grootboom
  • Hendrey Smit as Sarel

Reeks 2

  • Andahr Cotton as Adam Prinsloo
  • Gérard Rudolf as Frans Prinsloo
  • Lee Visagie as Christa Viljoen
  • Nastassja Pretorius as Yvette Strachan
  • Charlotte Butler as Ouma Sannie
  • Hanli Rolfes as Liesl Brand
  • Philip Moolman as Gawie Brand
  • Johan Baird as Dr. Geoff Lombaard
  • Adriana Tollig as Roelien Lombaard
  • Ruan Blum as Ben de Jager
  • Jacques Gombault as Nardus de Jager
  • Bertha Le Roux-Wahl as Erna de Jager
  • Elma Postma as Isabel Vosloo
  • Luandri Reynders as Bettie Vosloo
  • Lara Botha as Janine Groottes
  • Ilse-Lee van Niekerk as Heleen Prinsloo
  • Huey Louw as Hannes Jacobs
  • Alyzzander Fourie as Stoney Mostert
  • Carla-Marie Myburgh as Wanda Mostert
  • Marilize van Wyk as Lucy Williams
  • Dillan Park as Leo Williams
  • Zane Meas as Dr. Booysen
  • Eloise Cupido as suster Van Wyk
  • Eloise Clasen as Dr. Havenga
  • Vuyelwa Booi as adjudant Nkonyeni
  • Jade Morey as Sané van Staden
  • Stanzi Malan as Monique Alberts
  • Donovan Pietersen as sersant
  • Neels Classen as Dominee
  • Ruanco Uekermannn as seun-Adam
  • Stefan Grobeler as seun-Ben
  • Christo Davids as joernalis
  • Peter Clark as Dawie Vosloo
  • Charlene Prinsloo as juffrou Davids
  • Dontae Luke Spykerman as kleuter Mostert

Reeks 3

  • Jane de Wet as Adri van Tonder
  • Diaan Lawrenson as Joey Steyn
  • Stiaan Smith as Daniel Steyn
  • Wayne van Rooyen as Simon April
  • Annebell Kohl as Liena April
  • Franci Swanepoel as Therese van Tonder
  • Brent Vermeulen as Xander Malherbe
  • Donovan Pietersen as Tonie
  • Brandon Eloff as Larry Silkowitz
  • Izel Bezuidenhout as Giselle
  • Jakkie Groenewald as Francois Struwig
  • Neels Claase as Nick Malherbe
  • Zelda Roelofs as Mari Malherbe
  • Brandon Eloff as Larry Silkowitz

Reeks 4

  • Bobby van Jaarsveld as Stefan Claassen
  • Izel Bezuidenhout as Emma Eloff
  • Armand Aucamp as Lucas Eloff
  • Tiaan Slabbert as Phillip Naudé
  • Leché Joubert
  • Deon Coetzee as Freek Lambrecht
  • Hannes van Wyk
  • Marisa Drummond as Cobie Lambrecht
  • Robyn Rossouw as Belinda Paige
  • Ilse Klink as Melanie Paige
  • Brendan Daniels as George Paige
  • Esmeralda Bihl as Sylvia September
  • Donovan Pietersen as Darryl September

Episodes

Reeks 1 (2018)

No.
algeheel 
No. in
reeks 
Episode  Oorspronklike uitsaaidatum 
11Jan-Gustav en Keagan, gewaar iemand of iets wat in die riete by die rivier skuil. Kort daarna verdwyn 'n kind spoorloos.9 Oktober 2018 (2018-10-09)
22Die dorp is in rep en roer: die reeksmoordenaar van destyds is mos begrawe; Frikkie se verdwyning kan nie sy werk wees nie. Speurders uit Johannesburg word ontbied en Ian Vos gaan huistoe.16 Oktober 2018 (2018-10-16)
33Die bandopname word opgespoor en S'bu en Deon jaag daarmee na PE. Sonja word weggejaag uit die stasie as sy haar hulp aanbied. Esti en Jan-Gustav probeer die ondier uit sy skuilplek lok.23 Oktober 2018 (2018-10-23)
44Die dorp lees die Gazette voorblad en word opgesweep deur paniek en vrees. Gert waarsku vir Werner dat die polisie weer vir Piet Pille verdink, die mechanic wat dwelms verkoop – Esti se pa.30 Oktober 2018 (2018-10-30)
55Keagan besef die ondier is 'n hoërskool seun met die naam Basjan, wat vreemd optree. Mev Dominee probeer vir Esti in 'n "fraai" dogtertjie verander. Die kinders wil meer uitvind oor Basjan.6 November 2018 (2018-11-06)
66Die kinders besef Basjan se lewe is in gevaar en steek hom weg in die dorp, in 'n leë bus wrak. Basjan staar na die huis oorkant die skrootwerf – 'n herinnering roer as hy vir Ian sien.13 November 2018 (2018-11-13)
77Die dorp reageer op die nasionale nuusberig oor Frikkie. Dis Jan-Gustav se verjaarsdag. Ian sien die 13 op die koek en besef Lara het dadelik na hy weg is by Junior in die bed gespring.20 November 2018 (2018-11-20)
88Die dorp is verstom oor die wonderwerk dat Frikkie nog lewe. S'bu stel vas dat die geluid in die agtergrond van die fluit-opname 'n skulp chime is. Keagan probeer sy pa van Basjan vertel.27 November 2018 (2018-11-27)
99Die dorp vier fees. Werner voer druk uit op Gert om vir Ig in die aanhou-sel van kant te gaan maak. Angelique het dronkverdriet in die hotel kroeg, waar Adam vir Keagen wag.4 Desember 2018 (2018-12-04)
1010Jan-Gustav vind uit wie sy biologiese pa is en vat die pad. De Wet en Sonja vind uit dat Lourens onskuldig was. Die dorp is verbyster as die megafoon weergalm: die klok-reël geld weer.11 Desember 2018 (2018-12-11)
1111Lara vertel vir Junior sy kan nie meer 'n leuen leef nie. Sy wil skei. Werner en Angelique vind uit Junior is nie Jan-Gustav se pa nie. Deur al die konsternasie word Jan-Gustav opgespoor.18 Desember 2018 (2018-12-18)
1212Bennie kyk van bo die berg af en sien waarnatoe Immelman ry. Immelman sleep Keagan in 'n vervalle gebou in en ketting hom vas. Dronk Gert wil 'n einde aan alles maak, maar skiet mis.25 Desember 2018 (2018-12-25)
1313Nog skote klap. Immelman is getref, maar sleep Bennie weg. Keagan word oorweldig deur die rook. De Wet sien Ian op die grond en storm deur die vlamme in die gebou in. Keagan is veilig.1 Januarie 2019 (2019-01-01)

Reeks 2: Heksejag (2020)

No.
algeheel 
No. in
reeks 
Episode  Oorspronklike uitsaaidatum 
141Na 'n kar ongeluk vir Adam Prinsloo in 'n maande lange koma gelaat het, word hy wakker sonder enige geheue oor wat daardie dag gebeur het.14 Julie 2020 (2020-07-14)
152Ses maande later is Adam fisies gesond, maar hy raak al hoe meer oortuig dat die medikasie wat hy vir hoofpyn kry, hom verstandelik terughou.21 Julie 2020 (2020-07-21)
163Sonder sy pa se wete keer Adam terug na sy tuisdorp, waar hy na inligting soek oor 'n meisie wat gesterf het in die ongeluk wat sy geheueverlies veroorsaak het.28 Julie 2020 (2020-07-28)
174Yvette se kluisenaar ouma vind uit dat Adam se pa vir hom oor die nag van die ongeluk gelieg het. adam ly dan aan ontrekkingsimtome en vra hulp van die dorp se dokter.4 Augustus 2020 (2020-08-04)
185Adam is rasend en vasberade om uit te vind wie presies betrokke was. Christa vrees die gevolge, maar Adam se konfrontasie het 'n onverwagse gevolg. Adam grawe dieper en dieper...11 Augustus 2020 (2020-08-11)
196In 'n konfrontasie met een van die verdagtes lei tot die ontdekking dat die samesweerders afgepers was. Adam soek obsessief na die vermiste meisie en Christa.18 Augustus 2020 (2020-08-18)
207Ouma Sannie openbaar wat sy die nag van die ongeluk gesien het en Adam besef dat daar 'n meesterbrein is wat die gebeure wat tot by die ongeluk gelei het agter die skerms georkestreer het.25 Augustus 2020 (2020-08-25)
218'n Jong vrou moet skuiling soek by die enigste plek waar sy veilig sal wees. Sy begin bieg waaraan sy deel was drie jaar gelede. Intussen kry Adam 'n vloedgolf van herinneringe.1 September 2020 (2020-09-01)
229Adam herleef die noodlottige gebeure van die verlede, terwyl die samesweerders gereedmaak om die getuies uit te wis. Die jong vrou het bewyse van die misdaad, maar sy moet haar lewe waag.8 September 2020 (2020-09-08)
2310Adam ontdek die laaste stukkie van die legkaart – hy onthou alles met 'n hartverskeurende besef. Hy moet dan die jagtog keer en daar is net een manier om dit te doen.15 September 2020 (2020-09-15)

Reeks 3: Steynhof (2021)

No.
algeheel 
No. in
reeks 
Episode  Oorspronklike uitsaaidatum 
241Therese word deur die skool gedruk om 'n geboortesertifikaat vir Adri te gee. Dit lei tot 'n ontvouing van gebeure as Xander vir Adri meedeel dat sy dalk nie Therese se wettige kind is nie.6 Julie 2021 (2021-07-06)
252Therese kan nie bewys dat sy vir Adri aangeneem het nie en word gearresteer. Adri blameer Xander vir alles. Adri se bloedfamilie word opgespoor en sy stem in om haar oom Daniel en sy vrou te ontmoet.13 Julie 2021 (2021-07-13)
263Adri word meegedeel dat sy die eienaar van Steynhof is. Onsekerheid oor aandele op die plaas wek onrus by die werkers. Liena sien haarself in die nuus en sukkel om haar geheim weg te steek.20 Julie 2021 (2021-07-20)
274Liena erken aan Jason dat sy die ontvoerder is. Simon word vertel dat Adri die plaas wil verkoop. Adri vind haar ma se ou Blackberry en bel Xander vir hulp.27 Julie 2021 (2021-07-27)
285Therese wil hê Liena moet die waarheid aan Adri bekend maak. Die werkers besluit dis beter om van Adri ontslae te raak. Adri ontmoet Xander se koerier om die selfoon te gee.3 Augustus 2021 (2021-08-03)
296Liena verklap aan Adri dat Daniel haar ouers vermoor het. Simon, Daniel en Joey besef Liena het Adri gekry. Adri kruip weg vir Daniel en vrees vir haar lewe.10 Augustus 2021 (2021-08-10)
307Adri ontsnap van Daniel. Joey vertel Adri dat Daniel kop verloor het en haar wil doodmaak noudat sy die waarheid weet. Albei vroue ontsnap. Joey bel vir Simon en gee voor hy is die polisie.17 Augustus 2021 (2021-08-17)
318Xander arriveer met die inligting op die Blackberry wat die groot geheim onthul. Joey vlug van die toneel. Adri en Therese herenig. Daniel gee haar 'n geboortesertifikaat.24 Augustus 2021 (2021-08-24)

Reeks 4: Die Eiland (2022)

No.
algeheel 
No. in
reeks 
Episode  Oorspronklike uitsaaidatum 
321Stefan is op 'n missie om sy argiteksfirma te red. Hy ontmoet 'n vrou gestrand langs die pad: Emma, iemand uit sy verlede. Binne ure verdwyn Emma spoorloos, met skokkende gevolge vir Stefan.19 Julie 2022 (2022-07-19)
332Onthullings van Stefan se verlede veroorsaak dat hy skuldig lyk. Vasbeslote om sy onskuld te bewys, gaan hy na Emma se man se plaas om te probeer sin maak van wat almal weier om te glo.26 Julie 2022 (2022-07-26)
343Stefan word 'n voorvlugtige van die polisie. Hy word gekontak deur Emma se vriendin, Annie. Wat sy onthul, stuur Stefan terug na Lukas se plaas, die leeukuil in.2 Augustus 2022 (2022-08-02)
354Stefan en Lukas gaan kop aan kop, 'n Geveg wat met 'n verrassende uitslag eindig. Hy konfronteer Annie, oortuig dat sy meer weet. Wat hy ontdek stuur sy ondersoek in 'n splinternuwe rigting.9 Augustus 2022 (2022-08-09)
365Stefan moet by die eiland uitkom waar die bewys van sy onskuld weggesteek word. Terwyl sy sitsuasie meer hopeloos raak, maak ;n sielsgenoot weer kontak. Maar is dit te laat?16 Augustus 2022 (2022-08-16)
376'n Gesaboteerde kragopwekker lei tot 'n haai-aanval, wat een persoon dood en 'n ander ernstig gewond laat. 'n Mediese helikopter word ontbied en bring nuus van naderende sikloon.23 Augustus 2022 (2022-08-23)
387Sylvia ontdek wat met Darryl gebeur het. Stefan moet 'n dodelike teenstander oorkom voor die storm toesak. Sy enigste hoop is 'n boot wat van die kus af geanker is in haai-besmette waters.30 Augustus 2022 (2022-08-30)
398Phillip is spyt dat hy sy vriend in die steek gelaat het. Freek wag angstig vir nuus. Lennie bid vir die terugkeer van sy pa. Die oog van die storm bereik sy volle krag.6 September 2022 (2022-09-06)

Tags:

Spoorloos ReekseSpoorloos RolverdelingSpoorloos EpisodesSpoorloosDStvKykNET

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KrokodilSeekoeiWaatlemoenWolkSeegolfVlekvrye staalGeskiedenis van die BoererepubliekeGeskiedenis van Suid-AfrikaSpelerposisies in rugbyKatoenBeeldspraakAtmosfeerTreinLys van veltoestandeOmtrek, oppervlakte en volumeJagluiperdCorioliskragGeloftedagHolocaustSteve BikoStudievaardighedeStikstofFinansiële staatKlereLys van bekende Suid-AfrikanersKapitalisme1913JeugdagEngelsBreinAnneli van RooyenOlimpiese SomerspeleRenteOos-KaapBreinkaartGenitale vratOnomatopeeGevolge van aardverwarming op oseaneWaterbesparing in Suid-AfrikaMaselsKaapse VlakteLeeudoringstad-spoorwegrampPrivaat maatskappyGeweldLeeuKrampSimboolWoestynRina HugoGeskiedenis van AfrikaansVaginaErosieSlag van BloedrivierArabies-Israeliese konflikWoordBelastingToekoms van die AardeMiltSkuinsstreepRumatiekBlaarKimberleyFabelSkoenlapperOlimpiese SpelePinksterAkuutMediese diagnoseCheslin KolbeMadison IvyLeah van NiekerkErosietipesVoortrekkermonument🡆 More