Spelerposisies In Rugby: Posisies in rugby

'n Rugbyspan bestaan uit 15 spelers, agt voorspelers met nommers van 1 tot 8 en sewe agterspelers wie se truie van 9 tot 15 genommer word.

Afhangende van die spesifieke kompetisie se reëls kan daar tot soveel as 8 plaasvervangers ook wees.

Spelerposisies In Rugby: Posisies in rugby
Die voorspelers is in die skrum, terwyl die agterspelers oor die veld versprei is
Spelerposisies In Rugby: Posisies in rugby
Diagram wat die relatiewe posisie van spelers in die skrum aandui

Voorspelers

Die hoofrol van die voorspelers is om besit van die bal te wen en vir die span te behou. Hulle neem deel in die vastespel soos die skrums en die lynstane. Oor die algemeen is die voorspelers dus groter en sterker as agterspelers, maar ook stadiger. Voorspelers speel ook 'n rol in die vorentoe dra van die bal, maar oor die algemeen doen hulle dit deur in die opponente se voorspelers in te dryf eerder as om, om hulle te probeer hardloop.

Hierdie posisies is: 1) Loskopstut 2) Haker 3) Vaskopstut 4) Linkerslot 5) Regterslot 6) Linkerflank 7) Regterflank 8) Agsteman

Agterspelers

Die rol van die agterspelers is om die spel vorentoe te beweeg deur met die bal te hardloop of die bal te skop. Die losskakel is gewoonlik die besluitnemer wat besluit oor of daar geskop of gehardloop gaan word. As 'n reël teken agterlynspelers meer drieë aan. Hulle is gewoonlik kleiner en daarom gewoonlik ratser en vinniger as die voorspelers.

Hierdie posisies is: 9) Skrumskakel 10) Losskakel 12) Binnesenter 13) Buitesenter 11) Linkervleuel 14) Regtervleuel 15) Heelagter

Posisies op die veld

Die diagram hieronder dui die verskeie posisies in die 15-man span aan. Alle lede van die vyftiental wat aanvanklik eerste op die veld draf se truie is genommer van 1 tot 15 wat verbind is aan die posisies waarin hulle speel. Die eerste agt spelers staan bekend as die "voorspelers" en neem almal aan die skrums deel. Die oorblywende sewe spelers staan as die agterspelers bekend.

Spelerposisies in rugby

Tags:

Rugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Eerste WêreldoorlogAfvalbestuurEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaTienie HollowayAnale seksPlantluisSpringbokGeslagsgelykheidGrondwetOogproblemeHeuningbyBaälNeerslagOligopolieKewerMosambiekkanaalWes-KaapSeksuele opwekkingLys van Nederlandse skildersItaliëUnited Democratic FrontErosiePaddaCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaNoag se arkGedigGroot GatSportDikdermReënspinnekopDieregeluideNatuurDesimale breukeGeboorteSebraHefboomKultuurAfrikaanse taalleerVrouWaterstofMIVSpoorvervoer in Suid-AfrikaGeweldJak de PriesterLoftus MaraisVoedingWeerfrontEkonomiese sektorSprokieUnie van Suid-AfrikaNasionalismeTierHemelvaartsdagSwaweldioksiedWynand du ToitAngssteuringDrie-eenheidHoofstadMeeueInternetCalviniaDwelmmiddelTweede VryheidsoorlogKrokodilOnse VaderKaliumNatuurbewaringThe CranberriesDruiweTrappe van vergelykingNarsistiese persoonlikheidsteuringRegeringAfrikanerweerstandsbewegingFacebook🡆 More