Salvador Da Bahia

Salvador da Bahia is die derde grootste stad in Brasilië en die hoofstad van die deelstaat Bahia.

Dit is aan die Allerheilige-baai in die ooste van die land geleë. Die voormalige Portugese naam São Salvador da Bahia de Todos os Santos, wat "Heilige Verlosser van die Allerheilige-baai" beteken, verwys na die datum van sy ontdekking (1 November 1501) deur die Portugese seevaarder Gaspar de Lemos en sy destydse vergissing – hy het die Allerheilige-baai as 'n riviermonding beskou.

Salvador da Bahia
Salvador Da Bahia

Kaart Wapen
Salvador Da Bahia
Salvador Da Bahia
Vlag
Salvador Da Bahia
 Land Vlag van Brasilië Brasilië
 Deelstaat Salvador Da Bahia Bahia
 Koördinate 12°58′S 38°28′W / 12.967°S 38.467°W / -12.967; -38.467
 Gestig op 29 Maart 1549
 Oppervlakte:  
 - Totaal 693 vk km
 Hoogte bo seevlak 8 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 2 886 698
 - Bevolkingsdigtheid 4 187/vk km
 Tydsone UTC -3 (BRT)
 Burgemeester Bruno Reis (UNIÃO)
 Amptelike Webwerf salvador.ba.gov.br
Salvador Da Bahia
'n Uitsig oor Salvador da Bahia

Salvador da Bahia het in die tydperk tussen 1501 en 1763 as die administratiewe hoofstad van Brasilië gedien en hierdie funksie daarna aan Rio de Janeiro aan die suidkus van die land afgestaan. Salvador da Bahia se huidige stadsgebied het 2,9 miljoen inwoners, terwyl sowat 3,9 miljoen mense in die metropolitaanse gebied van Salvador woon (2020).

Die historiese stadskern Salvador da Bahia is in 1985 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie het hierdie stad in 1624 verower onder leiding van Jacob Willekens. Destyds was Bahia die hoofstad van Portugees-Brasilië. Die stad is een jaar later egter reeds herower deur die Portugese.

Salvador da Bahia se Arena Fonte Nova is tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 en Olimpiese Somerspele 2016 vir wedstryde ingespan.

Eksterne skakels

Salvador Da Bahia  Hoofstede van Brasilië Salvador Da Bahia 
HoofstedeAracajuBelémBelo Horizonte • Boa Vista • Brasília • Campo Grande • CuiabáCuritibaFlorianópolisFortalezaGoiânia • João Pessoa • Macapá • MaceióManausNatal • Palmas • Porto Alegre • Porto Velho • Recife • Rio Branco • Rio de JaneiroSalvador da BahiaSão PauloSão Luís • Teresina • Vitória

Tags:

BahiaBrasiliëDeelstate van BrasiliëHoofstadPortugeesPortugese

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoedselkettingJeugdagJavaScriptRob HersovCovid-19-pandemieTuisbladEskomHentaiAlliterasieBrongitisDiamantEkosisteemekologieRussiesGevolge van aardverwarming op oseaneBreingewasPolisieMiddelmisbruikPrince Alfred HamletNederlandShakaLuiperdDemi Lee MooreTrianthemaTaalPopulierYsterMandaryn-ChineesHoenderHartseerInligtingGawes van die Heilige GeesSuurstofVryheidsmanifesOmtrek, oppervlakte en volumeBaardskeerder-spinnekopOrale seksLys van Afrikaanse televisiereekseWet op NaturellengrondAnale seksDagroofvoëlsSuid-AfrikaMenseregtedagDiatomiese molekuulAngssteuringPaasfeesKanadaRymNatuurrampSkaakSebraBoelierySeksueel oordraagbare infeksieLys van Suid-Afrikaanse musikanteLys van Afrikaanse skrywersCSSSiya KolisiMangelontstekingWhatsAppLys van ingelyfde NG gemeentesGroepsdrukAardverwarmingMiskruierWewervoëlsRenteWatersuiweringLys van visseAfrikaMenstruasieProstaatklierJode in Suid-AfrikaJacques LootsLeierskapLys van Afrikaanse digtersOrganismeBeesOliver TamboEkonomieEugenetika🡆 More