Rugby League

Rugbyliga of Rugby League is 'n kontakspansport wat met 'n rugbybal gespeel word deur twee spanne van dertien spelers op 'n reghoekige grasveld.

Rugby league is een van die twee vorme van rugbyvoetbal (Rugby Union oftewel rugby, soos dit algemeen in Suid-Afrika bekend staan, is die ander vorm) en word deur baie as een van die fisies strafste vorme van enige spansport beskou.

Rugby League
'n Aanvallende speler probeer om twee verdedigers te ontsnap

Rugby league ontleen sy naam van die Rugby Football League wat in 1895 gestig is toe die Northern Rugby Football Union weggebreek het van die Engelse Rugby Football Union (RFU), hoofsaaklik oor argumente oor betalings aan spelers. Beide organisasies het die spel aanvanklik onder soortgelyke reëls gespeel totdat daar 'n skeuring van RFU-geaffilieerde klubs in Australië en Nieu-Seeland in 1907 en 1908 plaasgevind het en sogenaamde rugby football leagues daar gestig is.

'n Veranderde stel reëls is hierna bekend gestel en 'n nuwe vorm van rugbyvoetbal is gebore. Die Northern Football Union het sy naam na die Northern Rugby Football League verander in 1922 en later ook van die Northern in die naam ontslae geraak. Sodoende het die sport self mettertyd ook die naam "rugby league" gekry. Oor die jare heen het die reëls van beide vorme van rugbyvoetbal merkbaar verander sodat rugby league en rugby union vandag twee duidelik onderskeibare sportsoorte is.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

RugbySuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vars waterAntoniemLangste woordGeskiedenis van kindermishandelingGewoonteregMiddeloorontstekingLiewe HeksieSteve BikoTussenwerpselGesonde dieetKunsmatige algemene intelligensieBeroerteLionel PetersonNieregeringsorganisasieAppelLys van bekende Suid-AfrikanersEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaKondensasieMaselsYsterMadison IvySkerpioenHoofletterSonpaneelLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaGoogle MapsJode in Suid-AfrikaAntieke EgipteLys van Afrikaanse rolprenteBelastingPaarl GimnasiumKoronavirusGevolge van aardverwarming op oseaneKoorsSnaarinstrumentVoornaamwoordBywoordJavaScriptKunselementeLys van myne in Suid-AfrikaKoperLys van Afrikaanse digtersSinoniemSeisoenGeografie van Suid-AfrikaBybelHartaanvalRookgewoonteVaste stofLeonardo da VinciDemokrasieSkilpadHeupSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Lodewyk XVI van FrankrykLys van Afrikaanse televisiereekseDroogteNedersettingNasionale PartyInligtingEmosieSosiale mediaZoeloeRacheltjie de BeerJesus van NasaretWaterbesparing in Suid-AfrikaUitwerking van klimaatsveranderingUilGrondwet van Suid-AfrikaSatellietfotoOnderhandelinge om apartheid te beëindigJames FrechevilleMobutu Sese SekoMonoloog🡆 More