Rugby League

Rugbyliga of Rugby League is 'n kontakspansport wat met 'n rugbybal gespeel word deur twee spanne van dertien spelers op 'n reghoekige grasveld.

Rugby league is een van die twee vorme van rugbyvoetbal (Rugby Union oftewel rugby, soos dit algemeen in Suid-Afrika bekend staan, is die ander vorm) en word deur baie as een van die fisies strafste vorme van enige spansport beskou.

Rugby League
'n Aanvallende speler probeer om twee verdedigers te ontsnap

Rugby league ontleen sy naam van die Rugby Football League wat in 1895 gestig is toe die Northern Rugby Football Union weggebreek het van die Engelse Rugby Football Union (RFU), hoofsaaklik oor argumente oor betalings aan spelers. Beide organisasies het die spel aanvanklik onder soortgelyke reëls gespeel totdat daar 'n skeuring van RFU-geaffilieerde klubs in Australië en Nieu-Seeland in 1907 en 1908 plaasgevind het en sogenaamde rugby football leagues daar gestig is.

'n Veranderde stel reëls is hierna bekend gestel en 'n nuwe vorm van rugbyvoetbal is gebore. Die Northern Football Union het sy naam na die Northern Rugby Football League verander in 1922 en later ook van die Northern in die naam ontslae geraak. Sodoende het die sport self mettertyd ook die naam "rugby league" gekry. Oor die jare heen het die reëls van beide vorme van rugbyvoetbal merkbaar verander sodat rugby league en rugby union vandag twee duidelik onderskeibare sportsoorte is.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

RugbySuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KunselementeSimboolTsoenamiBruin menseTennisSout (chemiese stof)Erektiele disfunksieVulvaWaarheid-en-versoeningskommissieJan van TonderHulpwerkwoordRacheltjie de BeerNatuurrampAborsieLys van Suid-Afrikaanse musikanteSenuweestelselBoerboelUnited Democratic FrontSarel Jacob PretoriusMaselsSuurreënJeugdagKrugerwildtuinByvoeglike naamwoordGoeie VrydagNiersteenSinoniemHerfsVraag en aanbodYouTubeRugbywêreldbeker 2023Demokratiese Republiek die KongoNiemetaalAngssteuringRobert SobukweGlasPornografieGrootste rampe in Suid-AfrikaEjakulasieTydOrthopteraVennootskapJode in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse GrensoorlogNadia ValvekensBrittany Ashton HolmesElektrolietKameelperdDurbanVoortrekkersPornhubBestaansboerderyWoestynRooipandaBTWDepressie (gemoedstoestand)ErfenisGalileo GalileiSlag van BloedrivierOlifantCalviniaLys van Joodse feeste en herdenkingsStaatstoelaeProteïenErfenishulpbronGeldeenheidTekstielMusiekMateriaalWayde van NiekerkSkilpadWikiquoteLionel MessiCarles Puigdemont🡆 More