Resistor

'n Resistor (of 'n weerstand) is 'n twee terminaal elektroniese komponent wat weerstand bied teen 'n elektriese stroom en 'n spanningsval tussen sy terminale veroorsaak in ooreenstemming met Ohm se wet.

  Resistor
Resistor Resistor
Resistor Veranderlike
Resistor
Resistor simbole - V.S.A. en Japan
  Resistor
Resistor Resistor
Resistor Veranderlike
resistor
Resistor simbole (Europa, IEC)

(Sekere ultrahoë presisie resistors het 2 addisionele terminale).

Resistor
'n Verskeidenheid resistors
Resistor
Oppervlak-gemonteerde resistor.

Die elektriese weerstand is gelyk aan die spanningsval oor die resistor gedeel deur die stroom wat deur die resistor vloei. Resistors word gebruik as deel van elektriese netwerke en elektroniese stroombane.

Gebruike

  • Oor die algemeen word resistors gebruik om 'n bekende spanning tot stroomsterkte-verhouding in 'n elektriese stroombaan te bewerkstellig. As die stroomsterkte in 'n stroombaan bekend is dan kan 'n weerstand gebruik word om 'n bekende spanningsverskil in verhouding tot daardie stroomsterkte te bewerkstellig. Omgekeerd as die spanningsverskil tussen twee punte bekend is, kan 'n weerstand gebruik word om 'n bekende stroomsterkte in verhouding tot die potensiaalverskil in daardie stroombaan te bewerkstellig.
  • Stroombeperking. Deur 'n resistor in serie met 'n ander komponent te skakel, soos byvoorbeeld 'n ligemissie-diode, sal die stroom deur daardie komponent verminder word na 'n bekende veiliger waarde.
  • 'n Serieresistor kan gebruik word vir die beheer van 'n gelykstroommotor soos die wat op lokomotiewe gebruik word.
  • 'n Stroomdemper (en: attenuator) is 'n netwerk van twee of meer resistors ('n spanningsverdeler) wat gebruik word om die spanning van 'n sein te verminder.
  • 'n Resistor word ook aan die einde van transmissielyne of kettingbus (soos SCSI) geplaas en is ontwerp om die impedansie te paar en sodoende die weerkaatsing van seine te minimiseer.
  • Alle resistors stel hitte vry. Dit is die beginsel waarop elektriese verwarmers werk.

Die ideale resistor

Die SI-eenheid van elektriese weerstand is die ohm (Ω). 'n Komponent het 'n weerstand van 1 Ω as 'n spanning van 1 volt oor die komponent, 'n stroomsterkte van 1 ampère tot gevolg het, wat gelykstaande is aan 'n vloei van een coulomb elektriese lading per sekonde. Die veelvoude kilo-ohm (1 kΩ = 1000 Ω) en mega-ohm (1 MΩ = 106 Ω) word ook dikwels gebruik.

In 'n ideale resistor, bly die weerstand konstant ongeag van die spanning of stroom wat deur die komponent vloei. Werklike resistors kan nie hieraan voldoen nie, maar word ontwerp om so min moontlik veranderinge in elektriese weerstand te hê as hulle aan hierdie veranderinge of aan ander omgewingsfaktore soos temperatuur en ander omgewingsfaktore blootgestel word.

Nie-ideale eienskappe

'n Resistor het 'n maksimum bestek van spanning en stroom waarbuite die weerstand kan verander (in sommige gevalle drasties) of die resistor fisies beskadig kan word (deur oorverhitting onder andere). Alhoewel sommige resistors spanning en stroomspesifikasies het, word die meeste aangeslaan volgens die maksimum drywing wat hoofsaaklik afhanklik is van die fisiese grootte daarvan.

Die algemene drywingsvermoë vir koolstof saamgestelde- en metaalfilmresistors is 1/8 watt, 1/4 watt en 1/2 watt. Metaalfilm en koolstof-filmresistors is meer stabiel as koolstofresistors met veranderende temperatuur en ouderdom. Groter resistors kan meer hitte weglei vanweë hulle groter oppervlakarea. Draadgewinde resistors en resistors wat in keramiek ingebou word, word gebruik waar 'n hoër drywingsvermoë vereis word.

Verder het alle resistors ook 'n mate van induktansie, asook 'n klein hoeveelheid kapasitansie, wat die dinamiese gedrag van 'n resistor van die ideaal laat afwyk.

Soorte resistors

Resistor 
'n Paar soorte resistors

Vaste resistors

Sommige resistors het 'n silindriese vorm met die weerstandmateriaal in die middel (saamgestelde resistors) of op die oppervlak van die silinder (filmresistors) met terminale wat uit geleidende metaal bestaan wat in die aksiale rigting uit die silinder uitkom.

Daar bestaan koolstof- en metaalfilmresistors. Hoë drywingresistors is beskikbaar in groter verpakkings wat ontwerp is om die hitte doeltreffend weg te lei. Vir hoë drywing word draadspoelsoortegebruik. Resistors wat in rekenaars en ander toestelle gebruik word is tipies baie kleiner, dikwels in oppervlakgemonteerde verpakkings sonder draadverbindings. Resistors kan ook in geïntegreerde stroombane (GS) ingebou word, deur die halfgeleiermateriaal as resistor te gebruik. Dit is egter moeilik om resistors op die manier te vervaardig en dit neem dikwels waardevolle spasie op die skyf in beslag, dus sal GS-vervaardigers 'n transistor-transistor of 'n resistor-transistor konfigurasie as alternatief gebruik om die benodigde resistor na te maak.

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Resistor GebruikeResistor Die ideale resistorResistor Nie-ideale eienskappeResistor Soorte resistorsResistor Sien ookResistor Eksterne skakelsResistorElektriese stroomElektronikaOhm se wet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vleesbaai1991DachshundAfrikanersLiturgiese jaarLys van Suid-Afrikaanse skrywersGuillain-Barré-sindroomJagluiperdKrieketBakterieBorsteAfrikaanse taalleerWayback MachineLika BerningMondRugbyLugbesoedelingMadison IvyPersoonlikheidAlvin BruindersVarkNieuwoudtvilleOnderwysWes-KaapSamsung GroepAfrikaansVlag van BangladesjDramaIerse nasionale rugbyspanAllergieOnderhandelinge om apartheid te beëindigNederduitse Gereformeerde KerkGewone tarentaalAsmaGriepKruisigingBiljoenLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaArabiesAnale seksDeelstate van die Verenigde State van AmerikaLongRynhesseAfghanistanLys van nedersettings in Suid-AfrikaDesiré GardnerWaarheid-en-versoeningskommissieGeografie van Suid-AfrikaAarde se atmosfeerVier temperamenteKlem-in-die-kaakOos-KaapWikisourceTongaanse nasionale rugbyspanLongontstekingVyfsterVaginaPornografiese akteurBTWAlfabetJudaïsmeSelfstandige naamwoordLys van Suid-Afrikaanse musikanteArmand AucampPesachDepressie (gemoedstoestand)DroogteKarpaletonnelsindroomSmall Hands🡆 More