'n Programmeertaal is 'n sistematiese metode waarmee mense berekenings kan beskryf vir mense of rekenaars.
Programmeertale bestaan omdat ander vorme van uitdrukking, soos natuurlike tale, nie baie geskik is om berekening mee te beskryf nie. Berekeninge wat in programmeertale uitgedruk word, word programme genoem en die opstel van 'n program word programmering genoem.
Om 'n program te kan uitvoer op 'n rekenaar, kan dit vertaal word na 'n uitvoerbare program, of dit kan geïnterpreteer word. Programmeertale word ook soms beskryf volgens die mate waartoe dit hoëvlak en/of laevlak opdragte en konstrukte behartig.
Die sintaks en grammatika van 'n programmeertaal word gewoonlik streng uiteengesit, sodat dit nie dubbelsinnig is vir 'n vertaler of interpreteerder nie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Programmeertaal, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.