Pick N Pay

Pick n Pay is die tweede grootste supermarkkettingwinkelgroep in Suid-Afrika, gestig in 1967.

Daar is ook takke in ander streke van Suider-Afrika, soos Botswana, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe, Lesotho, Namibië en Mauritius; en daar is beplan om nog een te open in Malawi. Die stigter van die ketting was Jack Goldin, wat in Obeliai Litaue gebore is, maar na Suid-Afrika gevlug het toe die Nazi's sy dorp binnegeval het. Raymond Ackerman het aanvanklik drie Pick n Pay supermarkte (in Kaapstad) van Goldin gekoop, en die groep oor dekades reusagtig uitgebrei. Hy het as uitvoerende voorsitter gedien tot en met sy aftrede in 2010. Sy oudste seun, Gareth, is die huidige voorsitter.

Pick n Pay Stores Ltd.
Pick N Pay
Tipe Publieke maatskappy
Gestig 1967
Hoofkantoor Kenilworth, Kaapstad, Suid-Afrika
SleutelpersoneGareth Ackerman
(Nie-uitvoerende voorsitter)
Pieter Boone: (HUB)
Lerena Olivier: (HFB)
IndustrieKleinhandel
InkomstePick N Pay R93.0 miljard (Finjaar 2021)
BedryfsinkomstePick N Pay R15.25 miljard (2018)
Netto inkomstePick N Pay R967.11 miljoen (2021)
BatesPick N Pay R37.8 miljard (2021)
Werknemers90 000
Webwerfpicknpay.co.za

Ander supermarkkettings in Suid-Afrika wat deel vorm van die Pick n Paygroep is die Score supermarkte en Boxer. Pick n Pay is egter tans besig met die omskakeling van Score supermarkte na Pick n Pay franchises. Hierdie inisiatief vorm die kern van Pick n Pay se ekonomiese bemagtigingskema.

As gevolg van 'n afname in wins, het die maatskappy sy werkersvakbonde in Julie 2011 ingelig dat hy 3 137 van sy 36 673 personeellede sou aflê.

Herposisionering

Die Pick n Pay-merk, wat grootliks onveranderd gebly het sedert die 1970's, is in November 2007 herontwerp. Die maatskappy het aangekondig dat 'n merktransformasie sou plaasvind in die vorm van 'n handelsmerkherontwerp, nuwe uniforms, advertensieveldtogte, en die slagspreuk "Geïnspireer deur Jou". Hierdie herposisionering van die ikoniese Pick n Pay merk het gelei tot die verdwyning van die apostroof wat voor die "n" verskyn het.

Winkelsoorte

  • Pick n Pay Supermarkte
  • Pick n Pay Familie
  • Pick n Pay Liquor
  • Pick n Pay Clothing
  • Pick n Pay Hyper
  • Pick n Pay Express
  • Pick n Pay Pharmacy (ingesluit in sommige supermarkte en hipermarkte)
  • Pick n Pay Mini Market
  • Pick n Pay Mini-winkels

Verwysings

Tags:

BotswanaKaapstadLesothoMalawiMauritiusMosambiekNamibiëRaymond AckermanSuid-AfrikaZambiëZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Johan BadenhorstLeon KrugerSteve HofmeyrMeervoudSpookGewone tarentaalViëtnamoorlogPornografiese akteurNarsismeKoorsAbrahamBrugSan FranciscoVaalrivierSingapoerToestand van materieNommertekenNaaktheidCristiano RonaldoBorderkollieLianie MayKoos du PlessisKaapstadse waterkrisis 2015-2018KolitisUnie van Suid-AfrikaSeksueel oordraagbare infeksieKinderregteAkroniemKrampWoestynEngelandBosluisbytkoorsRussiesMieliestronkDordtse LeerreëlsSuikerbekkiesNaaldekokerISBNBierGoogle TranslatePiesangGayMaatskappyBelastingAntoniemProstaatkankerKompasGroepsdrukVersoeningsdagKurt DarrenDie Stem van Suid-AfrikaLys van profetiese BybelboekeBoer Soek 'n VrouMorfologie (taalkunde)Mandaryn-ChineesJohannes KerkorrelJesus van NasaretDuitslandRob HersovKunsmatige algemene intelligensieVersamelnaamCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVaste stofGroente7de LaanTrigeminale neuralgieVingerseksAartappelSeksuele opwekkingLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsEkostelselAkkedisSwartrenosterGeskiedenis van Afrikaans🡆 More