Oman: Soewereine staat in die Midde-Ooste

Oman (Arabies: عمان, ʻumān, ), amptelik die Sultanaat Oman (سلطنة عُمان, Salṭanat ʻUmān), is 'n staat in die Midde-Ooste en Wes-Asië.

Die land is langs die oostelike kus van die Arabiese Skiereiland geleë. Dit lê noordoos van Jemen, oos van Saoedi-Arabië, suidoos van die Verenigde Arabiese Emirate, suid van Iran en suidwes van Pakistan. Oman beslaan 'n oppervlakte van 309 500 km² en het 'n bevolking van 4 424 762 in 2016 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Maskat. Die amptelike taal is Arabies en van die belangrikste etniese groepe sluit in Arabiere en Bedoeïene. Oman beskik oor 'n groot aantal immigrante wat sowat 45% van die land se bevolking vorm.

Sultanaat Oman
Vlag van Oman Embleem van Oman
Vlag Embleem
Volkslied: نشيد السلام السلطاني
as-Salām as-Sultānī
(Arabies vir: "Vrede vir die Sultan")
Ligging van Oman
Hoofstad Maskat

23°36′N 58°33′O / 23.600°N 58.550°O / 23.600; 58.550

Grootste stad Maskat
Amptelike tale Arabies
Regering

• Sultan
• Adjunkpremier
Unitêre parlementêre
absolute monargie
Haitham bin Tariq Al Said
Fahd bin Mahmoud al Said
Onafhanklikheid
Vorming
• Azd-stam migrasie
• Al-Julanda
• Imamate gestig
• Nabhani-dinastie
• Yaruba-dinastie
• Huis van Al Said
• Maskat en Oman
• Dhofar-opstand
• Sultanaat Oman
• Huidige grondwet


130
629
751
1145
1624
1744
8 Januarie 1820
9 Junie 196511 Desember 1975
9 Augustus 1970
6 November 1996
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
309 500 km2  (70ste)
119 500 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
4 829 473 (125ste)
2 773 479
15 / km2 (214ste)
38,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$215,663 miljard
$48 593

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$78,657 miljard
$17 723

MOI (2018) Oman: Sport, Verwysings, Bronne 0,834 (47ste)  –  baie hoog
Geldeenheid Rial (OMR)
Tydsone
 - Somertyd
GST (UTC+4)
nie toegepas nie (UTC+4)
Internet-TLD .om, عمان.
Skakelkode +968
Oman: Sport, Verwysings, Bronne
Kaart van Oman
Oman: Sport, Verwysings, Bronne
Kaart van Oman
Oman: Sport, Verwysings, Bronne
Klimaatsones in Oman volgens die Köppen-klimaatklassifikasie
Oman: Sport, Verwysings, Bronne
Maskat is die hoofstad en grootste stedelike sentrum van Oman

Oman is aan 'n strategies belangrike plek aan die monding van die Persiese Golf (hier "Arabiese Golf" genoem) in die Indiese Oseaan geleë. Die kus is aan die Arabiese See in die suidooste en die Golf van Oman in die noordooste geleë. Die Madha- en Musandam-eksklawes word deur die Verenigde Arabiese Emirate langs die landgrens omring met die Straat van Hormuz (gedeel met Iran) en die Golf van Oman wat Musandam se maritieme grense vorm.

Vanaf die 17de eeu was die Omanse sultanaat 'n magtige ryk en het met Portugal en die Verenigde Koninkryk oor invloed in die Persiese Golf en die Indiese Oseaan gewedywer. Op sy hoogtepunt in die 19de eeu het die Omanse invloed oor die Straat van Hormuz tot die hedendaagse Iran en Pakistan gestrek en tot Zanzibar in die suide. Toe sy mag in die 20ste eeu begin afneem, het die sultanaat onder die invloed van die Britse Ryk gekom. Vir meer as 300 jaar was die verhoudinge tussen die twee ryke op wedersydse voordele gebaseer. Die Britte het Oman se geografiese belangrikheid as 'n handelspos wat hul handelsroete in die Arabiese Golf en Indiese Oseaan asook hul besit in Brits-Indië kon beskerm erken. In ruil hiervoor het die Britte Oman se interne eenheid versterk en die sultanaat teen eksterne bedreigings bygestaan. Maskat was histories die vernaamste handelshawe van die Persiese Golf-strek. Maskat was ook onder die belangrikste handelsposte in die Indiese Oseaan.

Die voormalige sultan Qaboos bin Said al Said was sedert 1970 die erflike leier van die absolute monargie. Sultan Qaboos was die langsheersende leier in die Midde-Ooste, en die derde langsheersende monarg wêreldwyd by sy afsterwe in 2020.

Oman is 'n lidland van die Verenigde Nasies, Beweging van Onverbonde Lande, Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, OPUL en die Samewerkingsraad van die Arabiese Golflande. Dit beskik oor aansienlike ruoliereserwes, die 25ste grootste wêreldwyd. In 2010 het die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram Oman as die mees gevorderde nasie ter wêreld in terme van ontwikkeling gedurende die afgelope 40 jaar geranglys. Van die belangrikste ekonomiese sektore sluit in toerisme en die handel met vis, data en verskeie landbouprodukte. Dit onderskei Oman van sy bure se grootliks olieafhanklike ekonomieë. Oman word beskou as 'n hoë-inkomste ekonomie en word volgens die wereldwye vredesindeks as die 70ste mees vredevolle land wereldwyd beskou.

Sport

Oman: Sport, Verwysings, Bronne 
Die Omaanse nasionale krieketspan in 2015

Krieket is een van die gewildste sportsoorte in Oman, veral te danke aan die uitgewekene bevolking uit Suid-Asiatiese lande. Die Omaanse nasionale krieketspan het in 2016 vir die T20I-wêreldbeker gekwalifiseer nadat hulle die sesde plek in 2015 se T20I-wêreldbekerkwalifisering gehaal het. Hulle het ook T20I-status verkry nadat hulle onder die boonste ses spanne in die kwalifisering geëindig het. Op 24 April 2019 het Oman vir die eerste keer tot in 2022 EDI-status ontvang, nadat hulle die gasheer Namibië met vier paaltjies tydens die 2019 Wêreldkrieketliga se afdeling twee kon klop.

In 2021 het Oman saam met die Verenigde Arabiese Emirate vir die eerste keer 'n belangrike kriekettoernooi – die T20I-wêreldbeker – aangebied. Dit was die eerste vername kriekettoernooi wat geheel en al deur IKR-assosiaatlede gehuisves is. Oman se nasionale krieketspan het ook aan dié toernooi deelgeneem, maar hulle is reeds in die eerste rondte uitgeskakel.

Verwysings

Bronne

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Oman SportOman VerwysingsOman BronneOman Eksterne skakelsOmanAmptelike taalArabiereArabiesArabiese SkiereilandBedoeïeneHoofstadIranJemenMaskatMidde-OostePakistanSaoedi-ArabiëVerenigde Arabiese EmirateWes-Asië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rugbywêreldbeker 2023Klein-KarooNatuurlike hulpbronJacobus Hendrik PierneefEkostelselHernubare energieGeldDemokrasieReënBloemfonteinPinksterOos-KaapFiksieMidde-OosteLys van nedersettings in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse randAkkedisKalsiumSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureAardkorsGeskiedenis (vakgebied)KameelperdHokkieGeskiedenis van AfrikaansKaapstadse waterkrisis 2015-2018KoorsblaarDiepaartromboseVerenigde KoninkrykJeuksiekteBosluisJan Christian SmutsParysMiddelmisbruikAlkoholismeSeestroomDooie SeeHaasHipoteseMIV/vigs in Suid-AfrikaLys van Afrikaanse skrywersBruin menseDialoog in fiksieHartaanvalSkoenlapperKrieketWikipediaKopieregE-posGlobaliseringKunsmatige intelligensieLimfvatstelselAnneli van RooyenSuid-Afrikaanse PolisiediensPseudowetenskapAardverwarmingSeksuele stimulasieBestuiwingEllipstekenLatynSteenkool in Suid-AfrikaInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandLiesbreukTierSuikersiekteWaarheid-en-versoeningskommissieOnderwerp (taalkunde)TrekarbeidPersentasieVolhoubare ontwikkelingNiersteenEnergieSportGemeenskapFranse RewolusieFacebookKlem-in-die-kaak🡆 More