Ligsnelheid

Die ligsnelheid, of spoed van lig, is 3×108 m·s-1 of 299 792 458 meter per sekonde in 'n vakuum en word uitgedruk as c.

Wanneer lig deur 'n digter medium beweeg, byvoorbeeld glas of optiese vesel, verlaag die ligsnelheid en die verskynsel veroorsaak ligbreking of refraksie.

Ligsnelheid
Proefneming van Léon Foucault om die ligsnelheid met 'n draaiende spieël te meet.

Geskiedenis

Tot die vroeë moderne tyd was dit onbekend of lig 'n snelheid het. Die algemene konsensus was dat lig terstond van een punt na 'n ander beweeg. Maar namate tegnologie en tegnieke ontwikkel het, is bevestig dat lig wel 'n snelheid het.

Die bevinding van ligsnelheid

Ligsnelheid
Romer het die tydsduur van Io se omwentelinge vergelyk - soos wat die Aarde nader beweeg aan Jupiter (F tot G) en soos wat die Aarde wegbeweeg van Jupiter.

Die eerste persoon wat bevestig het dat lig wel 'n snelheid het, was Ole Rømer, 'n Deense sterrekundige wat in die Observatoire de Paris gewerk het. Sy eksperiment is gebaseer op die verduistering van Io, die binneste maan van Jupiter. Rømer het begin met 'n demonstrasie van grootteorde waarin hy gedemonstreer het dat lig se snelheid so groot is dat dit in minder as 'n sekonde so ver kan beweeg as wat die deursnee van die Aarde is.

Punt L op die diagram verteenwoordig die tweede kwartêr van Jupiter - wanneer die hoek tussen Jupiter en die Son (van die Aarde af gesien) 90° is. Die eerste kwartêr is gebruik as gevolg van die wegbeweging van Jupiter deur die Aarde - en sou dus 'n meer doeltreffende effek hê. Rømer neem aan dat die waarnemer Io kan sien op die tweede kwartêr (L), en die opkoming wat plaasvind na een omwenteling van Jupiter (wanneer die Aarde op punt K is; die diagram is nie op skaal nie), 42½ uur later is. In dié tyd beweeg die Aarde weg van Jupiter - in 'n afstand gelykstaande aan 210 maal die Aarde se deursnee en word verteenwoordig deur LK. As lig met 'n snelheid van een aardse deursnee 'n sekonde beweeg, sal dit 3½ minute duur om die afstand van LK te beweeg. En as die onveranderlike periode van Io se omwenteling om Jupiter as bewysstuk gebruik word - sal die tydsverskil tussen die waarneminge van L en die waarneming van K, verskil met die waarde van 3½ minute.

Sien ook

Tags:

LigbrekingMeter per sekondeOptiese veselVakuum

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KwikHemelvaartVerbruikerVerkleurmannetjieMaterieMestoklemaOrgasmeGreen PornoWerwelkolomBrongitisEkonomie van Suid-AfrikaNoFapLys van Kaapstad se voorstedeFinale OplossingJohan StemmetLys van chemiese elemente volgens atoomgetalMaanGianna MichaelsDeelstate van die Verenigde State van AmerikaTobie CronjéHoopPretoriaVigsPadtekens in Suid-AfrikaPeach van PletzenNapoleon BonaparteWillie JoubertSelfoonUilNatuurbewaringOntwerpKarakteriseringAardkorsVolksrepubliek ChinaGroepsgebiedewetRon Thompson (akteur)Heks van HexrivierKaliumKwadraatBesoedelingSkisofrenieDulcie van den BerghEvangelies Gereformeerde KerkWerkwoordKriekMigrasie van diereNarsistiese persoonlikheidsteuringTegnologieEuropaGrondwet van Suid-AfrikaAnette EngelbrechtAborsie in Suid-AfrikaWet op NaturellengrondLidwoordLys van Afrikaanse skrywersRuteniumDolfynLabia (geslagsdele)Afrikaanse WikipediaAnrich HerbstInnes en Franna BenadéGordelroosGrondwetWoordeboek van die Afrikaanse TaalSpelerposisies in rugbyGeelhoutSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994EngelsAt BothaLiefdeBokmakierieAfrican Movement CongressDepressie (gemoedstoestand)PersentasieVulkaanEkostelselNoag se arkKlankverskynsels🡆 More