'n Leier is iemand wat die gesag het om 'n groep mense te lei (die groep te beïnvloed vir realisering van doelstellings of 'n beoogde eindbestemming).
'n Leier kan ook 'n groep mense verteenwoordig. Oor die algemeen word leiers deur die groep self verkies, maar leiers kan ook oor andere aangestel word. 'n Leier se styl kan wissel van outokraties, soos 'n militêre leier, tot demokraties, soos die president van 'n land. Leierskap verwys na die vermoë, veral van onder andere politici en administrateurs, om 'n groep mense of 'n organisasie te lei.
Leiers is op verskeie vlakke van die samelewing nodig.'n Skool moet 'n hoof hê, 'n klas ʼn onderwyser, 'n gemeente 'n predikant en 'n land 'n president.
Volgens leierskapskonsultant Gielie Hoffmann gaan leierskap in die eerste plek oor dienslewering. Dit vereis ʼn sekere ingesteldheid. ʼn Leier gaan ook uit en doen dinge, eerder as om bloot daaroor te praat, sodat idees in aksies oorgaan.
ʼn Demokratiese leier is deur die stemgeregtigde burgers van ʼn land verkies. So ʼn leier vra raad van sy adviseurs en volgelinge voordat hy ʼn besluit neem. Hy bemoedig en motiveer sy mense en tree so op dat almal graag saam met hom wil werk. ʼn Demokratiese leier tree eerlik en eties op en is nie bo die wet verhewe nie.
ʼn Outokratiese leier aanvaar nie raad of insette van ander nie en onderdruk enige opposisie.
Sien hoofartikel oor Leierskap
Hoewel sekere mense oor meer natuurlike leierskap-eienskappe beskik, kan hierdie eienskappe ook aangeleer word. 'n Goeie leier behoort oor die volgende vaardighede te beskik:
Sien leier in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Leier, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.