Latyns-Amerika
Oppervlakte | 21 069 501 km² |
---|---|
Bevolking | 561 200 000 |
Lande | 20 |
Afhanklike gebiede | 10 |
BBP | $2,26 miljard (Wisselkoers) $4,5 miljard (Koopkragpariteit) |
Tale | Spaans, Portugees, Frans, Haïtiaanse Kreools, Quechua, Aymara, Nahuatl, Mayathan, Guaraní, Italiaans, Engels, Duits, Wallies, Nederlands, Mapudungun, Kantonees, Japannees en baie ander |
Tydsone | UTC -2:00 (Brasilië) tot UTC -8:00 (Meksiko) |
Grootste stede | 1. Meksikostad 2. São Paulo 3. Buenos Aires 4. Rio de Janeiro 5. Lima 6. Bogotá 7. Santiago de Chile 8. Caracas 9. Guadalajara 10. Monterrey 11.Havana 12.Santo Domingo |
Latyns-Amerika (Portugees en Spaans: América Latina; Frans: Amérique Latine) is die streek van die Amerikas waar hoofsaaklik Romaanse tale wat afkomstig is van Latyns (in besonder Spaans en Portugees) gepraat word. Latyns-Amerika staan in teenstelling met die minder bekende term Anglo-Amerika, die streek van die Amerikas is waar Engels allesbeheersend is.
██ Aymara ██ Guaraní ██ Mapudungun | ██ Mayathan ██ Nahuatl ██ Quechua |
Daar is etlike definisies van Latyns-Amerika waarvan geen perfek of noodwendig logies samehangend is nie:
Amérique latine was oorspronklik 'n politiese term wat deur die Franse keiser Napoleon III geskep is. Hy het Amérique latine en Indo-China as doele vir die uitbreiding gedurende sy bewind genoem. Terwyl die term hom gehelp het om aanspraak te maak op hierdie gebiede, het dit uiteindelik daardie dele van die Amerikas omvat waar Romaanse tale gepraat is wat aanvanklik deur nedersetters van Spanje, Portugal en tot 'n mindere mate Frankryk gedurende die vyftiende en sestiende eeue. Die alternatiewe woordstam wys Michel Chevalier uit, wie die term in 1836 genoem het.
In die Verenigde State was die term nie gebruik voor die 1890's nie, en dit het eers 'n algemene beskrywing van die streek geword in die vroeë twintigste eeu. Voorheen was Spaans-Amerika die meer algemeen gebruik.
Deesdae is Latyns-Amerika 'n uitdrukking gelykstaande aan Latyns-Europa en bedui 'n eergevoel van supernasionalisme wat groter is as daardie wat bedui word deur staatskap of nasieskap. Hieride supernasionale identiteit word uitgedruk deur gesamentlike initiatiewe en organisasies, soos die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies. Dit is belangrik om te let dat terme soos Latyns-Amerika, Latynse mense, Latino en Hispanies van mekaar verskil.
Baie mense in Latyns-Amerika praat nie tale van Latynse herkoms nie, maar inboorlingtale of tale wat deur immigrasie meegebring is. Daar is ook 'n ineensmelting van kulture van Latynse herkoms met inheemse en Afrika-kulture wat volg tot 'n onderskeid relatief tot die kulture van Europa wat van Latynse herkoms.
Quebec, ander Franssrepekende gebiede in Kanada en die Verenigde State soos Acadia, Louisiana, Saint-Pierre en Miquelon en ander gebiede noord van Meksiko word gebruiklik uitgesluit van hierdie sosiopolitiese definisie van Latyns-Amerika, ten spyte daarvan dat hulle noemenswaardige of allesoorheersende bevolkings het wat tale van Latynse herkoms praat, deels te danke daaraan dat hierdie gebiede nie as soewereine state bestaan nie of dat hulle geografies geskei is van die res van Latyns-Amerika. Frans-Guyana word wel somtyds ingesluit, in weerwil van sy status as 'n aanhang staat van Frankryk. Party lande in die streek waar daar nie tale van Latyns herkoms gepraat nie, word nietemin aangedui as "Latyns-Amerikaanse" lande, soos wat die geval is vir Surinam (waar Nederlands gepraat word) en Belize en Guyana, wat beide Engels as die amptelike taal het.
Soos hierbo aangeraak, word die term Ibero-Amerika somtyds gebruik om te verwys na die nasies wat voormalige kolonies van Spanje en Portugal was, omdat hierdie twee lande in die Iberiese skiereiland geleë is. Die Organisasie van Ibero-Amerikaanse Lande (OEI) gaan een stappie verder met hierdie definisie deur Spanje en Portugal (wat dikwels die Moeder Lande van Latyns-Amerika genoem word) onder sy ledestate in te sluit.
Wiki Commons bevat media in verband met Latin America. |
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||
Sien ook Kontinente van die wêreld |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Latyns-Amerika, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.