Kriptogeld

Kriptogeld of kriptovaluta verwys na 'n digitale ruilmiddel en geldeenheid wat streng op kriptografie staatmaak om transaksies te beveilig en om die aantal bestaande eenhede te beheer.

Kriptogeld vorm dus 'n subversameling van alternatiewe geldeenhede. Bitcoin het die eerste gedesentraliseerde kriptogeld in 2009 geword. Sedertdien is talle nuwe kriptogeldeenhede geskep. Die kriptogeld wat na Bitcoin geskep is, word in Engels dikwels altcoins genoem, 'n verkorting van alternative coin.

Agtergrond

Kriptogeld is op kriptografie (versleutelingsstelsels) gebaseer en gaan gepaard met 'n skema wat gebruik word om die geld te genereer, die egheid te kontrolleer en om daarmee te handel. In der waarheid ontstaan kriptogeld as gevolg van 'n versleutelde grootboek waarin alle transaksies gestoor word.

Elke keer wanneer 'n transaksie plaasvind, word dit tesame met ander intydse transaksies in versleutelde vorm in 'n sogenaamde blok gebondel wat aan die vorige, mees onlangse blok aangeheg word.

So word 'n ketting van blokke gevorm, wat begin by die heel eerste transaksie wat gedoen is. Hierdie blokketting vorm die tegniese daarstelling van die gedesentraliseerde grootboek wat alle transaksies bevat.

Die grootboek word dus aanhoudend met nuwe blokke versleutelde transaksies uitgebrei. Die grootboek (en onderliggende blokketting) word dus konstant groter soos wat mense transaksies doen.

Werkswyse

Kriptogeld 
'n Rekenaarbedienerplaas waar kriptogeld gemyn word.

Kriptogeld gebruik verskillende skemas om gedesentraliseerde konsensus te bereik en 'n tydstempel af te druk, om sodoende op geen vertroude derdeparty hoef staat te maak wanneer transaksies aan die blokketting se grootboek geheg word nie.

Bewys van arbeid

In hierdie skema word die voorreg (en gepaardgaande werk en besoldiging) om die blokketting met 'n nuwe blok transaksies uit te brei aan die eerste sogenaamde "mynwerker" toegeken wat 'n baie moeilike wiskundige faktoriseringsprobleem oplos.

Hierdie faktoriseringsprobleem kan slegs met die brute berekeningskrag van 'n rekenaar gedoen word en kan 'n beduidende hoeveelheid tyd duur. Verskillende myners kompeteer dus met mekaar om te kyk wie hierdie probleem eerste kan oplos. Die myner wat dit eerste oplos ontvang gewoonlik 'n betaling in die betrokke kriptografiese geldeenheid, of bekom die reg om nuwe kriptogeld te munt.

Die mees wydgebruikte bewys-van-arbeid skemas is op die SHA-256 (Secure Hash Algorithm) algoritme gebaseer en is deur Bitcoin en die skript algoritme, wat deur geldeenhede soos Litecoin gebruik word, bekendgestel.

Bewys van aandeel

Die bewys-van-aandeel (Proof of stake) metode om 'n kriptogeld en gepaardgaande netwerk te beveilig en om verspreide konsensus te bekom werk deur gebruikers te vra om te bewys dat hulle 'n sekere aandeel van die geldeenheid besit. Dit is dus 'n anders as die bewys-van-werk metode waardeur moeilike faktoriseringsprobleme opgelos word om elektroniese transaksies vas te lê. Hierdie skema is grootliks afhanklik van die kriptogeld se implementasie en daar bestaan tans geen standaardvorm daarvoor nie.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Tags:

Kriptogeld AgtergrondKriptogeld WerkswyseKriptogeld Sien ookKriptogeld VerwysingsKriptogeld BronneKriptogeldBitcoinDigitaalEngelsGeldKriptografie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NagmaalMondNederduitse Gereformeerde KerkHondsdolheidDemi Lee MooreMarita NapierOpgestopte speelgoedAllergieWiskundeMensJo BlackUnited Democratic FrontAngssteuringMenslike penisgrootteSatireNic de JagerE-posXhosaMarkus JoosteAsmaAspergersindroomPublieke domeinLys van kinderspeletjiesOnderwysSeksuele opwekkingKoorsblaarPaulus van TarsusGerrie PretoriusMagda van BiljonLys van bekende Suid-AfrikanersSarah Rose KarrSkoonma-se-tongKarlien van JaarsveldAnnelize van der RystKonjunktivitisRugbywêreldbeker 2023IranBelgiëEnsiklopedieMenslike skeletHelm (geboorte)PenisverlengingLettergreepMuishondVrymesselaryKlimaatLys van woestyneGordelroosCyril RamaphosaDie BylRooibokVulvaBreinDieregeluideFrankrykHartversakingAkuutOntbinding van die SowjetunieDeelstate van die Verenigde State van AmerikaPolitieke partyNagapieDikdermChristeneVolksrepubliek ChinaAfrikaanse naguilSkaakTurkyeSerafín DengraOraniaVingerseksWikiHartaanvalEekhoring🡆 More