Kondoom

’n Kondoom is ’n buisvormige voorbehoedmiddel wat tydens seks oor die penis gedra word.

Dit kan ook seksueel oordraagbare infeksies voorkom. Dit word oor die erekte penis afgerol en vang die semen op tydens ejakulasie.

Kondoom
’n Opgerolde kondoom.

Kondome word ook tydens orale seks gebruik, of om semen op te vang vir vrugbaarheidsbehandeling. Hulle word deesdae meestal van lateks gemaak, maar is ook in ander materiale beskikbaar, soos poliuretaan, poli-isopreen of skaapderm. Vroulike kondome word gewoonlik van nitrielrubber gemaak.

Kondoom
’n Afgerolde kondoom ter illustrasie. Die kondoom moet oor die erekte penis afgerol word.

As ’n metode van geboortebepeking het kondome die voordeel dat hulle goedkoop is, maklik is om te gebruik, min newe-effekte het en beskerming teen geslagsiektes bied. Met die korrekte gebruik kan swangerskap so min as in 2 persent van gevalle voorkom. Met tipiese gebruik is die kans op swangerskap sowat 18 persent.

Kondome word al langer as 400 jaar gebruik. In die 16de eeu het die Italiaanse geneesheer Gabriele Falloppio ’n verhandeling geskryf oor sifilis, wat in die 1490's die eerste keer in Europa aangemeld is. Dit is die vroegste bekende geskrif oor die gebruik van kondome; dit beskryf hoe ’n linneomhulsel in ’n chemiese oplossing laat lê is en wanneer dit droog was, is dit oor die eikel van die penis getrek en met ’n rekkie op sy plek gehou.

Volgens Falloppio het ’n proeflopie bewys dit beskerm mense teen sifilis.

Van die 19de eeu af is hulle een van die gewildste metodes van geboortebeperking.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

EjakulasieEreksiePenisSeksSeksueel oordraagbare infeksieSemen

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AntoniemWoordeboek van die Afrikaanse TaalEuropese RugbykampioenskapBrasiliaanse nasionale rugbyspanRooibokTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinSeksBTWAnneli van RooyenTegnologiePofadder (slang)Fredi NestEkologieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024ISBNLetterlike en figuurlike taalgebruikGewone tarentaalOu Apostoliese KerkByeboerderyAfrikaanse taalleerPoësieBoomMeksikoFritz HaberBelgiëSleurkragJeuksiekteSolidariteitKnopiespinnekopKolonoskopieHannes van WykSkarlakenkoorsMiddelmisbruikRuslandHondsdolheidLettergreepIdioomWikimaniaNaeltjiesSixtynse kapelJohannes VermeerKoolhidraatAbstraksie (rekenaarwetenskap)LetterkundeMaanGeorgiëGeelslangRykie van ReenenAalwynAngkor WatVulkaanIndiëSkilpadSeksualiteitDulcie van den BerghChristeneWeeluisJudaïsmeBybelvertalingDeon MeyerPolisieGoeie VrydagAardbewingBoeberLys van woestyneGenesisGemengde ekonomiePublieke domeinKonjunktivitisNuwe TestamentKameelperdJaco du PlessisDagroofvoëls🡆 More