Kersliedjies In Afrikaans: Afrikaanse kersliedjies

Die meeste Kersliedjies in Afrikaans het aanvanklik as vertalings of verwerkings van Europese of Amerikaanse Kersfeesliedere begin (baie van hulle self voorheen kontrafakte); van hulle het nie besondere byval gevind nie, ander het wel.

Eers teen die tweede helfte van die 20ste eeu het platemaatskappye ook munt uit Kersfees begin slaan, terwyl die kerke hul eerste sangbundels vir die jeug uitgegee het.

Kersliedjies In Afrikaans: Tradisionele kerkliedere, Buitekerklike verband

Tradisionele kerkliedere

Adventlofliedere (Sewendedag-Adventistekerk)

Die volgende liedere is opgeneem in die Adventlofliedere (1960, met bladmusiek):

Gesang Naam Oorspronklik Liriekskrywer Melodie
69 Luister hoe die eng’le sing Hark! the herald angels sing Charles Wesley Verwerk uit Mendelssohn (1846); deur William H. Cummings (1850)
70 Soos van ouds die wyse As with gladness men of old William C. Dix. (1861) Verwerk uit Conrad Kocher (1838)
71 Kyk, 'n ster het verskyn There’s a song in the air Josiah G. Holland (1872) Karl P. Harrington (1904)
72 Eenmaal het die hemelkore Angels from the realm of glory James Montgomery (1819) Henry Smart (1867)
73 In die velde digby Bethlehem The First Noel Tradisioneel Tradisioneel
74 Kom herwaarts getroues Adeste Fideles (O come, all ye faithful) Naamloos, Latyn, 18de eeu Bron onbekend, 18de eeuse wysie
75 O kleine dorpie Bethlehem O little town of Bethlehem Phillips Brooks (1868) L.H. Redner (1868)
76 'n Wonderskone lied It came upon midnight clear Edmund H. Sears (1850) Richard B. Willis (1850)
77 Stille nag Stille Nacht Joseph Mohr (1818) Franz Gruber (1818)
78 Toe herders een nag in die veld Winchester Old

(While shepherds watch their flocks)

Nahum Tate Este se Psalmboek (1592)

Afrikaanse Gesangeboek (1978)

Die oorsprong van die volgende liedere word aangetref in Waar kom ons Afrikaanse Gesange vandaan deur G.G. Cilliers (1982), betreffende die Afrikaanse Gesangeboek (1978 en vroeër):

Gesang # Naam Teks, verwerking of hersiening (Afrikaans) Oorspronklik Melodie
78a U het gekom, Immanuel Verwerk: I.L. de Villiers (1978) O come, o come Immanuel;

John Mason Neale (19de eeu)

L.B. Buys (1978)
78b U het gekom, Immanuel Verwerk: I.L. de Villiers (1978) O come, o come Immanuel;

John Mason Neale (19de eeu)

T. Helmore (1856, aangepas uit ou kerkmelodieë)
79 Kom, loof die God van Israel G.J. van der Merwe (1978) Lukas 1:68-79 Brother James’ Air

J.L. McBain (1934)

80 O Christus, ons verlange Jan Jacob Lodewijk ten Kate (1868)

A. van Selms (1944)

A.P. van der Colf (1978)

Wie soll ich dich empfangen;

P. Gerhardt (1653)

Sedert 1944 Aurelia

S.S. Wesley (1864)

81 Maak oop die poorte, deure, wyd! J. Baumbach (1934)

I.L. de Villiers (1978)

Macht hoch die Tür; G. Weissel (1623) Afgedruk in Halle, 1704.
82 Vanuit die hemel is gebring Halleluja (1950)

I.L. de Villiers (1978)

Vom Himmel hoch da komm ich her; Martin Luther (1535) Martin Luther (1535)
83 Soos daar lank reeds tevore I.L. de Villiers (1978) Es ist ein Ros entsprungen; Trier (1587); Layriz (1844) 15de eeu/M. Praetorius (1607)
84 Weer dink ons saam aan daardie nag G.B.A. Gerdener (1931, 1944)

A.P. van der Colf (1978)

Noch juicht ons toe die zaal’ge nacht;

P.L. van de Kasteele (1806)

15de eeu (afgedruk in Geneefse Psalmboek 1551)
85 Redder van ons lewe, Jesus, troue Heer Vrye vertaling uit die Nederlands, G.J. van der Merwe (1978) Voor 1000 n.C. bekend, maar in Nederlands eers gedruk in 1615; Nu zijt welle(c)kome, Jesu, lieve Heer


Uit Theodotus se Het Paradijs der Gheestelijcke ende Kercklijcke Lofsanghen (1627)
86 Loof God, O Christen! Hy is groot I.L. de Villiers (1978) Lobt Gott, ihr Christen alle gleich;

N. Herman (1560)

N. Herman (1554, moontlik afgelei van 'n ou Latynse Kerslied, ‘Puer natus est nobis’)
87 Kom, kinders, besing met 'n vrolike stem G.B.A. Gerdener (1931, 1951)

A.P. van der Colf (1978)

Ihr Kinderlein kommet; C. von Schmidt (1811) J.A.P. Schulz (1794, oorspronklik bedoel vir die volksliedjie Wo findet die Seele, die Heimat, die Ruh’, postuum saamgevoeg met die Kersteks van Von Schmidt) / Gütersloh (1832)
88 Kom alle getroues In Suid-Afrika aanvanklik in Nederlands.

G.B.A. Gerdener (1931, 1951)

J. Baumbach (1934)

A.P. van der Colf (1978)

Adeste fidelis. Oorsprong onbekend. J. Reading (omstreeks 1680)
89 Jesus, ons loof U! In Suid-Afrika eers bekend as Eeuwen geleden, kwamen getreden; in 1951 verwerk na Soos die herders van weleer.

A.P. van der Colf (1978)

Schönster Herr Jesu Silesië; 1842
90 Herders op die ope velde Uit die Engelse vertaling vry vertaal vir die Hallelujah-liedboek, 1951 (ook opgeneem in die FAK-sangbundels 1961 en later).

A.P. van der Colf (1978)

Quem vidistis, pastores; (Middeleeue)

Shepherds in the fields abiding

G.R. Woodward (1927-vertaling)

Les anges dans nos campagnes (Franse (of Vlaamse) Kerslied)
91 Wyl herders by hul kudde wag Uit die Engelse verwerking vry vertaal vir die Hallelujah-liedboek, 1951, deur E. Louwrens.

A.P. van der Colf (1978)

Als ich bei meinen Schafen wacht; Keulse Katolieke gesangeboek (1623); Engelse verwerking deur H.W. Foote (1936). Keulse Katolieke gesangeboek (1623)
92 Soos die herders juig ons, Heer I.L. de Villiers in medewerking met J.J.K. Kloppers (1978) Quem pastores / Quempas; 9de eeu.

As gemengde beurtsang in sowel Duits as Latyn word die lied met sy drie dele vir die eerste maal in 1555 afgedruk in 'n Silesiese gesangboekie van pastor Triller.

14de eeu; Silesiese gesangboekie te Breslau.
93 Weet jy nog hoe dit gebeur het I.L. de Villiers (1978) Wisst ihr noch, wie es geschehen H. Claudius (1887) C. Lahusen (20ste eeu)
94 Eens in die volheid van die tyd A.P. van der Colf (1978) Winchester Old (‘While shepherds whatched their flocks by night’), N. Tate (17de eeu). Est(e) se Psalmboek (1592), vermoedelik deur G. Kirby(e), as beryming vir Psalm 84 (“How pleasant is thy dwelling place”). In 1862 is Tate se woorde vir die eerste maal met Kirby se melodie gesing.
95 Ek kniel ook voor u voete, Heer I.L. de Villiers (1978) Ich steh an deiner Krippen hier;

P. Gerhardt (1653)

J.S. Bach (1736)
96 Stille nag, Heilige nag! G.B.A. Gerdener (1931)

I.L. de Villiers & A.P. van der Colf (1978)

Stille Nacht; J. Mohr (1818) F.X. Gruber (1818)
97 Die Woord – die Heer! – het mens geword G.G. Cillié (1951, 1961)

A.P. van der Colf (1978)

Coventry Carol; R. Croo (1534) Engelse melodie (1591)
98 U – die Woord – het mens geword G.J. van der Merwe (1978) In natali Domini (15de eeu). In Duits verwerk Da Christus geboren war (Wittenberg, 1560) Duits, 15de eeu, Gesangboek van die Boheemse Broeders (1544)
99 O Jesus, ons Heer,

U het ons verbly

G.G. Cillié (1951)

A.P. van der Colf (1978)

O Jesulein suss, o Jesulein mild; V. Thilo (1650) S. Scheidt (1650) / J. S. Bach (1736)
100 Kom, volk van God, kom laat ons juig Vertaal en verkort vir Afrikaanse Gesangboek (1944; Gesang 46:1-7).

G.J. van der Merwe (1978)

Ich dank dir schon durch deinen Sohn; P.L. van de Kasteele (1806) Boheme (1595) / M. Praetorius (1610)
101 Ons loof u, Jesus, hoogste Heer! A. Hugo (1978) Gelobet seist du, Jesu Christ; Martin Luther (1524) 15de eeu, Wittenberg (1524)
102 Loof die God van ons verlange! J. Baumbach (1934, gesangboek Cantate, van die Berlynse Sendinggenootskap; 'n paar strofes is opgeneem in die FAK-sangbundels 1961 en 1979).

I.L. de Villiers (1978)

Bewoording: Fröhlich sollt mein Herze springen deur P. Gerhardt (1653), soos opgeneem in die Praxis pietatis melica.


J.G. Ebeling se melodie van 1666 vir 'n ander gedig van Gerhardt; Warum sollt ich mich denn grämen.
103 O die goeie tyding, o die blye tyding Die melodie kom die eerste maal in Suid-Afrika voor in die bundel Kinderharp, die bewoording in die Nederlandse Hallelujah-gesangboek (1903) opgeneem as “O hoe heerlijk, hoe begeerlijk, is het Kersfeest voor de ziel”, 'n baie vrye verwerking.

G.B.A. Gerdener (1931)

A.P. van der Colf (1978)

O du fröhliche, o du selige; J.D. Falk & H. Holzschuher. 18de eeuse melodie van Sisiliaanse vissers ter ere van die heilige Nikolaas, soos gesing op 6 Desember, soos opgeteken deur die Duitse musikus, Herder. Vir die hedendaagse Siciliane haas onbekend, maar wel bekend in Venesië, waar die wysie op die fees van die Maagd Maria gesing word: “O Sanctissima, O Purissima”
104 Hoor die blye tyding I.L. de Villiers (1978) Alle Jahre wieder (onbekend, vermoedelik 19de eeu). 'n Verwerking hiervan, Alle Weihnacht wieder, deur Ilse Bauch, kom as uitgangspunt dien vir die Afrikaanse vertaling. Friedrich Silcher (19de eeu)
105 Vol vreugde sing die eng’leskaar A. Gie (1944)

I.L. de Villiers (1978)

Von Himmel hoch, ihr Englein kommt; Keulse Katolieke gesangeboek (1623, hoewel selfs op 1588 geskat) Keulse Katolieke gesangeboek (1623)
106 Dit is die dag deur God geskenk Een van die weinige Kersgesange wat in die Afrikaanse kerke tot 1944 gesing is. Daarna is die aantal strofes verkort vir die vertaling van die Afrikaanse Gesangboek (1944, Gesang 111) en A.P. van der Colf verkort die lied met nog 'n strofe minder. Vom Himmel hoch; C.F. Gellert (1757), later vertaal deur P.L. van de Kasteele (1806) Martin Luther (1539)
107 Vier bly van Gees die Christusfees! Afrikaanse Gesangeboek (1944, Gesang 113) vertaal vier van die strofes taamlik getrou.

A.P. van der Colf (1978).

C.F. Gellert (1757) gebruik dieselfde titel as P. Gerhardt (O Jesu Christ, dein Kripplein ist), maar net met ander lirieke. Dit is weer deur P.L. van de Kasteele en Ahasverus van den Berg in Nederlands vertaal. Melodie van J. Crüger gebruik by O Jesu Christ, dein Kripplein ist; P. Gerhardt (1653); vermoedelik is die inspirasie verkry uit ouer komposisies, veral uit die werke van J.H. Schein en die Geneefse Psalter van 1562.
108 Halleluja, prys die Heer Vertaling van Afrikaanse Gesangeboek (1944, Gesang 114) smelt Op Jezus’ geboorte en Engelenzang saam.

G. J. van der Merwe (1978) verkort albei liedere, maar behou die gedagtes.

H.A. Bruining se Op Jezus’ geboorte, asook A. Rutgers en R. Feith se Engelenzang. Melodie van Psalm 150 verskyn die eerste keer in die voltooide Geneefse Psalmboek van 1562.
109 Saam met sy Kerk wil ek bely J. Baumbach (1934, gesangboek Cantate, van die Berlynse Sendinggenootskap).

I. L. de Villiers (1978) kort teks in tot drie strofes. Die indeling van Gesang 109 by die Kersrubriek van 1978, berus alleen op die woord ‘krip’.

Nun freut euch, lieben Christen g’mein; Martin Luther (1523) 15de eeu, Neurenberg, 1923, gegrond en vereenvoudiging van 'n vroeë volksliedjie.
110 Die Heiland is gebore J. Baumbach (1934); ander vertalings opgeneem in die Hallelujah (1951) en FAK-sangbundel (1979).

I.l. de Villiers (1978)

In dulci jubilo (14de eeu) Voor-Reformatories (14de eeu; Wittenberg, 1533)
111 Neem nou maar, Heer, U kneg Totius verwerk Lukas 2:29-32, die lofsang van Simeon, in Afrikaans vir die Afrikaanse Gesangboek (1944, Gesang 110). Cantique de Simeon, ook Nunc dimittis; Calvyn (1539), later vervang deur beryming van Clement Marot. Nederlandse beryming opgeneem in die psalmboek van Dathenus (1566), met vernuwe vertaling in 1773. Psalmboek in Lyon (1547) en Genève (1551), soos opgeteken deur Louis Bourgeois.
112 Die Heersers op die troon kon weet A. Hugo vertaal Hostis Herodus impie; nagesien deur A.P. van der Colf (1978) A Solis ortus cardine wat in twee dele opgebreek is, die laaste deel genaamd Hostis Herodus impie; Caelius Sedulius (5de eeu) Die Geneefse Psalm 131 was onsingbaar; M.L. de Villers se komposisie (1921) is derhalwe ook aanvaar.
113 Hoe glansryk blink die Môrester I.L. de Villiers (1978) Wie schön leuchtet der Morgenstern; P. Nicolai (1599) Straatsburg, 1538 (ouer bron) / P. Nicolai (1599)

Die Halleluja (1972)

Die volgende liedere gedenk die geboorte van God, die Seun, in die Die Halleluja (1972, met bladmusiek):

Nr. Titel
29 O Christus, diepst' verlange
30 Dit is die dag, deur God geskenk
31 Weer dink ons aan die saalge nag
32 Vier bly van gees
33 Skoonste Gesangt met die Ewige Tyding
34 Hoor die blye eng'lelied
35 Die Heiland is gebore
36 Stille nag, heilige nag
37 Wie het die Woord van God geglo (St. Mary)
38 O, die vrolike, o die salige
39 Kom herwaarts, getroues (Adeste, Fideles)
40 Betlehems Ster, o wonderlig
41 Kom, kinders, kom juig nou met vrolik' geskal
42 By Betlehem in winterkou

Jeugsangbundel 1 (1984)

Die volgende liedere is opgeneem in die Jeugsangbundel 1 (1984, met bladmusiek):

Gesang # Naam Teks, verwerking of hersiening (Afrikaans) Oorspronklik Melodie
55 Hoor die blye eng’le lied A.P. van der Colf Teks: C. Wesley F. Mendelssohn
89 Al was ek nie daar nie A.P. van der Colf W.J. Kirkpatrick (Away in a manger)
90 Sing lof op die aarde A.P. van der Colf Strassburger Gesangbuch
91 In die stad van koning Dawid Pierre Malan H.J. Gauntlett
92 Geskenke met Kersfees A.P. van der Colf E. Hugo
93 'n Kindjie is gebore A.P. van der Colf W. Rein

Jeugsangbundel 2 (1993)

Die volgende liedere is opgeneem in die Jeugsangbundel 2 (1993, met bladmusiek):

Gesang # Naam Teks, verwerking of hersiening (Afrikaans) Oorspronklik Melodie
5 Die Heiland is gebore! Emma Badenhorst Oostenrykse volksmelodie 1881
13 Ere aan God! Bring Hom die eer! Tom Gouws Lowell Mason (1792–1872), in aansluiting by George F. Handel (1685–1759)
26 Jubel, o nasies Louwrens Strydom en Emma Badenhorst Israelse volksmelodie
37 Ons het gehoor die Hemelheer
42 Sing, Halleluja A.P. van der Colf
49 Want so lief het God die wêreld gehad Vgl. Johannes 3:16 en Spreuke 3:16 Onbekend (1ste deel); Dirk P. Myburg (2de deel)
55 In die nag by hulle weiding Louwrens Strydom Poolse Kersmelodie
61 'n Kindjie is gebore A.P. van der Colf Nun will der Lenz uns grüssen; W. Rein W. Rein

Sionsgesange (1947)

Nr. Inleiding
24 Daar het oor aardse, donk’re wolke, / 'n eewge Heilson opgegaan / Kom uit die duisternis, o volke, / en neem sy lig met vreugde aan. / Dié Son verdrywe met sy strale / die swarte skadu’s van die dood; / en sprei sy luister oor die dale / van sondenag en angs en nood.
25 Môrester vol glans en prag, / U verlig die wêreldnag. / Hoogste Goed, / send u gloed / in ons koud en droef gemoed!
26 O Heilryk’ Woord – Wie kan dit vat? / God het die wêreld liefgehad, / en het sy eenge Seun gegee, / om ons te red uit skuld en wee.
27 Hoe sal ek U, my Koning, / reg feestelik ontmoet, / hoe in my aardse woning / U waardigheid begroet?
28 O Heer van gindse heerlikheid, / U kom tot ons hier in die tyd. / Ja, U verlaat die hemeltroon, / om onder ons op aard’ te woon
29 Kom, luister: wat klink daar, / o so lieflik en skoon? / Dis 'n boodskap deur 'n engel, / dis 'n woord van Gods troon:
30 Sing, o Sion, wees verheug; / jeug van vreug, Jerusalem! / Kyk jou Koning kom na jou; / ja, Hy kom, die Vredevors.
31 Hoor, hoe bly die eng’leskare / God die Here hulde bring, / en van vrede hier op aarde / lieflik deur die nag heen sing. / Voeg jou stem, o aards’ gewemel, / by die jubel van die hemel;
32 O skone klanke wat ek hoor, / dit roer my hart, dit streel my oor. / Voorwaar, dit is 'n eng’lestoet; / hul sang bring ons 'n hemelgroet.
33 Die Heiland is gebore! / - So klink die engelstem; / en sang van hemelskare / ruis soet oor Betlehem.
34 Verhef, verhef jul hart en stem, / sing, juig in jubelkore! / 'n Blymaar kom van Betlehem: / die Heiland is gebore!
35 Soos eens voorspel voor eeue, / het daar 'n tere skeut / vanuit 'n stomp se wortels / heel lieflik opgespruit. / Dié het 'n blommetjie gebring uit dorre aarde, / - fraai, soos geen ander nie.
36 Stille nag, heilige nag; / eensaam hou Josef wag / met Maria, die moeder so teer / Heil’ge Kindjie! Ons kniel voor U neer / slaap in hemelse rus, / slaap in hemelse rus.
37 O die vrolike, o die salige vredebringende Kersfeestyd. / Ons was diep verlore; / Christus is gebore; / Juig nou, juig nou bly, o Christenheid!
38 O, watter grote liefdeblyk / gee God ons van sy troon! / Want Hy ontsluit die hemelryk, / om ons sy guns te toon, / om ons sy guns te toon.
39 Ons bring U daarvoor lof en eer, / dat U mens geword het, Heer / vanuit 'n jonkvrou wonderbaar; / dus sing en juig die eng’leskaar. / Halleluja!
40 Dit is die dag wat God ons skenk;/ laat elk sy liefde bly herdenk. / Sing, aard’ en hemel, wees verheug / en vier dié dag met grote vreug!
41 Gelowiges, kom nou, / vrolik triomferend; / o kom tog, kom almal na Betlehem! / Kyk, dáár’s die Heiland as 'n kind gebore! / O kom en bring aanbidding (x3) aan Christus, die Heer!
42 Kom herwaarts, o kinders, met vrolik’ geskal, / gaan almal met spoed nou na Betlehems stal! / Want daar het, ten blyk van Gods liefde en mag, / 'n heerlike wonder gebeur in die nag.
43 Betlehems ster, hoé straal u glans / aan die donk’re hemeltrans - / wyse manne kom van ver;  / u is hul gids, o lieflike ster! / u is hul gids, o lieflike ster!
44 Nog juig ons toe die saalge nag, / waarin 'n ster van nuwe prag, / en engele met nuwe vreug / hul saam oor Jesus koms verheug.
45 O Betlehem, gering en klein, / en tog so hoog geëer / Want hier het God as mens verskyn: / 'n Kindjie, swak en teer.

Buitekerklike verband

FAK-Sangbundel (1961)

Nr. Titel Digter Komponis
267 Susani wiegelied Onbekend Onbekend
268 Dogter van Sion H.G. (na die Bybel) Händel (uit die oratorium Judas Maccabäus)
269 Juig my hart Eerw. J. Baumbach J. Ebeling
270 Betlehems velde Theo W. Jandrell Volkswysie
271 Hef op jul hoofde! H.G. (na Psalms 24 en 98) Von Gluck
272 Oor Betl’hems stille velde P.H. Langenhoven Wysie 1450; deur

M. Prätorius vierstemmig bewerk in 1609

273 Verheug u in die Heer G.G. Cillié J.S. Bach
274 Herders op Betlehems ope velde G.G. Cillié Franse Kerslied
275 Hy verlaat sy Hemelwoning C.G.S. de Villiers H. Berlioz (uit: Die kinderdae van Christus)
276 Lief Kindjie klein G.G. Cillié Engelse Kerslied (Coventry Carol)
277 Soet klink die awendklokke P.-H. Johl Duitse Kerslied, verw.. D. de Villiers
278 Stille nag, heilige nag J. Mohr F. Gruber
279 Met middernag keer feestelik weer

(Dis Kersfees)

C.G.S. de Villiers D’Adam
280 O Jesuskind rein,

O Jesuskind soet

G.G. Cillié J.S. Bach

FAK-Sangbundel 2 (2016)

Nr. Titel Digter Komponis
174 Sonneblom uit Bethlehem Lize Beekman Lize Beekman
261 Kersliedjie P.K. de Villiers P.K. de Villiers
292 In Palestina’s velde Chris Lambrecht Tradisioneel/Chris Lambrecht 17 November 1984

(Oorspronklik 'n Hollandse lied wat opgeteken is by Tant Poppie Gous ongeveer 1973 in Excelsior, Vrystaat, wat dit by haar ma in die konsentrasiekamp tydens die Tweede Vryheidsoorlog gehoor het)

294 Kersliedjie D.J. Opperman Lourens Faul
298 Maria se loflied Lukas 1:47 Ellen van Eyk
301 O, nag der nagte suidelik Hennie Aucamp Niel van der Watt (1996)
309 Bethlehemster, o wonderlig Arabella K. Hankey / G.B.A. Gardener Komponis onbekend
310 Bring my die ou-ou tyding Arabella K. Hankey / Jacques Louw William H. Doane
337 Somerkersfees

(Welkom, o stille nag van vrede)

Koos du Plessis (v. 1 & 2); Jannie du Toit (v. 3) Koos du Plessis

Ander voorbeelde

Titel Sanger(es)/Sanggroep Album/Medium Uitreikdatum Skrywer
As dit Kersfees word Elizabeth Fourie Tjokkerjol 1999 Elizabeth Fourie
Kersfeestyd regoor die wêreld Kurt Darren, Nicholis Louw, Ray Dylan, Fredi Nest, Die Campbells, Amor Vittone, Pieter Koen, Hi-5, David Fourie, Shine 4, Jakkie Louw, Helene Bester, André Schwartz 60 Goue Kersfees Treffers 2006
Slaap my kind Kurt Darren 60 Goue Kersfees Treffers 2006
Jesus gaan verjaar Nicholis Louw 60 Goue Kersfees Treffers 2006
Krismis Liggies Dozi 60 Goue Kersfees Treffers 2006
Vet rooi omie Die Campbells 60 Goue Kersfees Treffers 2006
Gee my jou Fredi Nest 60 Goue Kersfees Treffers 2006
Weskus Krismis Wicus van der Merwe 60 Goue Kersfees Treffers 2006
Ons liefde is soos Kersfees Amor Vittone & Pieter Koen 60 Goue Kersfees Treffers 2006
Nou’s dit Kersfees Shine 4 60 Goue Kersfees Treffers 2006
Die Geskenk Hi-5 60 Goue Kersfees Treffers 2006
25 Desember Helene Bester 60 Goue Kersfees Treffers 2006
Kersfees In Afrika Chris Chameleon 30 November 2007
(Rooi Rose-CD, Oktober 2007)
Sneeuman Lianie May Kersfees met Lianie 13 Julie 2008 (Youtube) Johan Vorster
Geskenk uit Bethlehem Lianie May Kersfees met Lianie 13 Julie 2008 (Youtube) Sean Else & Johan Vorster
Velde van hoop Ronéll Erasmus Sing Kersliedere 6 Julie 2009
Kerswense vir ons kinders Ronéll Erasmus Sing Kersliedere 6 Julie 2009
Ek glo Ronéll Erasmus Sing Kersliedere 6 Julie 2009
Lig van die Here Ronéll Erasmus Sing Kersliedere 6 Julie 2009
Pinochio Se Dam Robbie Wessels Kersfees is groot 3 November 2009
Maria Rudi en Corlea Kersfees is groot 3 November 2009
Kersfees In Afrika Adam Tas Storm van Liefde 26 Augustus 2010
Ek wens elke dag was Kersfees Adam 2011
Josef en Maria Neil Büchner 05 November 2019 Neil Büchner
Reën vir Kersfees met Sam, Calla, Axene, Kobus Matthews, 1925 Band, Deon Terblanche & Shanai Vos 09 Desember 2019 MarulaBoom en vriende
Kersfeestyd Bok Radio met Loki Rothman Kersfeestyd 27 November 2020 Loki Rothman

Stemme: Le-Lue van der Sandt, Natisha van Zyl, Chanel Lotz, Johan Roos, Almarie du Preez

Tags:

Kersliedjies In Afrikaans Tradisionele kerkliedereKersliedjies In Afrikaans Buitekerklike verbandKersliedjies In Afrikaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MotorvoertuigMynbedryf van Suid-AfrikaMarsMondMorfologie (taalkunde)Franse RewolusieDriehoekHipoteseVoëlDistrik SesGedigVlagterminologieAssonansieKunsSpoorvervoer in Suid-AfrikaRookgewoonteSwaweldioksiedRina HugoHamburgerInsekPussy RiotRumatiekMuskeljaatkatNedersettingCorioliskragNiersteenSelfstandige naamwoordNeurenberg-verhoreFilistyneLeonardo da VinciBybelPampoentjiesKlein-KarooEkonomie van Suid-AfrikaErfenisdag (Suid-Afrika)VerantwoordelikheidWoestynMuishondKlinkerBynierRenteSeisoenSeevlakstygingSwartbewussynsbewegingPersoonlikheidSonkragHoofstadKlimaatDistillasieKonsentrasiekampSuikersiekteLongontstekingKlimaatveranderingCleopatra VIIE-posTafelbergJan van TonderSpelerposisies in rugbyOrthopteraGordelroosSomerStadFinansiële staatNatuurSportApartheidBreinMandalaLeeuAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeMiltAnale seksChemiese elementBeurtkragWoudLettergreep🡆 More